Foto Gallerye - Adventkranse
Simboliek van Advent
Waarom Simboliek?

Matt 13 : 10 – 16

Die dissipels het vir Jesus kom vra: “ Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

Hy het hulle geantwoord: .  .  .  .   Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse:  omdat hulle kyk maar nie sien, en hoor maar nie luister en verstaan nie .  .  .  .”

Simbole help ons wanneer woorde nie kan nie.

Met die gebruik van simboliek, gebruik ons die bronne van die kerktradisie en maak dit eietyds.

Dit is die “kunstenaar” in elkeen van ons wat dan iets kan skep of ‘n simbool in iets sien van wat God aan die doen is in die wêreld, in die kerk en in ons lewens.

Advent

Advent is nie net gerig op die eerste koms van Jesus nie, maar ook  op die wederkoms van Jesus!  Dit is ‘n tyd van verwagting, afwagting en voorbereiding op die wederkoms van Christus. Die gereed maak van die bruid van Jesus vir die Hemelse Bruidegom.

Advent wil ons ook leer om geduldig te wag op die Here, terwyl om te wag geassosieer word met ‘n vermorsing van tyd in ons gejaagde, moderne samelewing.

Wingerdkrans

Johannes 15 : 1 – 17

“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.  .  .  .  .
Julle moet in My bly en Ek in julle.  ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.  .  .  .  .
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief.  Julle moet in my liefde bly.  As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my vader uitvoer en in sy liefde bly.  “ Dit  sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle volkome kan wees.  Dit is my opdrag:  Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.  .  .  .  .

Simboliek in aansluiting met die tradisie van Advent

Ons kan net hierdie liefde uitleef en Jesus se opdrag uitvoer indien ons vas aan Hom is, en naby aan Hom lewe.

Hy is gebore uit liefde vir ons.

Hy het ons hierdie liefdesopdrag kom gee.

Hy sal weer kom om die wat vir Hom lief is te kom haal.

  • wingerdkrans:  Jesus, sonder begin of einde!
  • hart:  Elkeen wat aan Jesus behoort.
  • pers lint:  Jesus is Koning, ook van my lewe.
  • pienk lint: Jesus se blydskap in ons.
    • Om blydskap te ervaar, beteken om te deel in die gevolge van die verlossing wat Jesus Christus gebring het.  Blydskap is die gevolg van ‘n geloof in Jesus Christus.  Dis ‘n voortgaande lewe in die wingerdstok, Jesus Christus.  Dit is om die nuwe lewe opwindend te ervaar.
  • blommetjies: om vrug te dra 
    • ‘n Sigbare teken en bewys van ware navolgerskap
  • wit banier:  Jesaja 40 : 9 – 11
    • ‘n Oproep om die verlossingsboodskap uit te jubel en in afwagting met die oog op die wederkoms te leef
  • dun pienk lint:  Hooglied 2:4
    • He has taken me to the banquet hall, and his banner over me is love – die bruid van Jesus met die wederkoms van Hom, maar tot dan is dit Sy liefde waaruit ons lewe.
Advent boom
  • 4 kranse van wilgertakke:  4 Sondae voor Kersfees
  • 3 kranse met pers lint en kerse :  purper – ‘n koninklike kleur –  vir koning JESUS.
  • 1 krans  met pink lint en kerse:  rooskleurig – simbool van  vreugde!
  • groot wit kers :  Christus-kers, word op Kersdag aangesteek
  • wilgertakke:  “a person who is led and fed by the Holy Spirit.” - Jesaja 44:4 en 5, Esegiël 17:5 en 6 - simbool van die EEN wat deur die Heilige Gees gelei en gevoed word.
  • Die gevoel van afwagting word versterk deur die linte wat al meer en digter raak – nader aan die wit kers.
  • Kersboom effek van die kranse:  simbool van die boom van die lewe in die tuin.
  • Die boom herinner ons aan die skepping en aan die koms van Christus om die skepping te verlos – Rom 9:19 en 20.

Maranata :  kom, Here Jesus! 

 

Display Num 
 
 Rating
 
Rate this category

Rating: 0 / 0 vote

Only registered and logged in user can rate this category

 Kommentaar
 
Lewer kommentaar

Only registered and logged in user can submit a comment

 Statistics
 
Kategorie
Number of published images in category: 5
Number of unpublished images in category: 0
Category viewed: 1624 x
Most viewed images in this category
adventskrans
adventskrans
Image Detail   480 x
adventskrans1
adventskrans1
Image Detail   459 x
Advent02_web
Advent02_web
Image Detail   442 x
Last added images in category
Advent01_web
Advent01_web
Image Detail   05. 08. 2009
Advent02_web
Advent02_web
Image Detail   05. 08. 2009
adventskrans
adventskrans
Image Detail   05. 08. 2009

 

 

Alle kommentaar