Druk
PDF

The Cambridge Companion to Orthodox Christian Theology

Geskryf deur Mary B. Cunningham and Elizabeth Theokritoff (eds) on . Posted in Boeke - Goeie boeke om te lees

cambridge companion_orthodox christian theologySeries: Cambridge Companions to Religion
Edited by Mary B. Cunningham and Elizabeth Theokritoff
ISBN-13: 9780521683388
Published December 2008
US $29.99

Resensie deur Coenie Burger(sien Engelse webblad-beskrying onderaan)

Dit is nou al lank dat ek soek na `n enkelbandboek wat vir `n mens `n goeie, verantwoordelike en wye oriëntering op die Ortodokse Kerke en Tradisie bied. Met hierdie uitstekende publikasie van Cambridge University Press meen ek het ons so `n boek gekry. 

Hierdie stewige boek bevat 19 artikels en `n hele paar kaarte en diagramme en slaag daarin om `n baie goeie breë beeld van die Ortodokse Kerk te gee. (sien titels van artikels in die Engelse weergawe hieronder). In die eerste hoofstuk vertel die outeurs die boeiende verhaal van die Ortodokse Kerk, van sy groei en sy ontplooiing in verskillende tradisies en van sy probleme. Wat ook besonder interessant is, is die laaste fase van groei wat saamhang met die lewe van uitgeweke gelowiges in verskillende Westerse lande.  

Die hoofstukke is verdeel in twee groot afdelings. Die eerste afdeling handel oor Dogma en Tradisie en bevat artikels oor die groot dogmas van die kerk. Daar is oa artikels oor die Skrif, God as Triniteit, die Skepper en die skepping, die mens as beeld van God, Christus en ons verlossing, die kerk, die eskatologie en natuurlike oor ikone.  Dit tweede afdeling is amper nog insiggewender en boeiender. Dit handel oor eietydse ortodokse teologie. Daar is eerstens artikels oor hoe die kerkvaders aan die ortodokse teologie sy beslag gegee het en oor die herlewing van patristiese studies. Dan is daar artikels oor resente ontwikkelings in die Russiese en Griekse Kerk onderskeidelik (ook een oor die kerk in Antiochië) asook `n artikel oor die impak wat die totalitêre sisteem in Rusland op die Russiese teologie gehad het. In die laaste hoofstuk word gekyk na die uitdagings en (interessante) probleme waarvoor die Ortodokse Kerke in die Weste te staan kom en hoe daar gesoek word na sinvolle en konstruktiewe antwoorde. Daar word ook in besonder gekyk na die Ortodokse kerk se bydrae tot die ekumeniese beweging – wat tegelyk goeie, maar ook baie problematiese kante het

Met die lees van die boek het die Ortodokse Kerk uiteindelik vir my meer van `n gesig begin kry.  Dit was ook lekker om `n bietjie meer te hoor van die lewens en standpunte van `n klomp teoloë van wie ek nie veel meer  as net die name geken het nie – mense soos Bulgakov, Lossky, Florovsky, Schmemann, Meyendorff, John Zizioiulas en Kallistos Ware. Ek het ook agtergekom dat een van hulle teoloë Nicolas Afanasiev `n baie belangrike boek oor die kerk geskryf het (wat ek graag sal wil probeer kry en lees!) wat nuwere denke oor die kerk in beide die Katolieke en Protestantse tradisies ingrypend beïnvloed het. 

Ek hoop daar is `n hele paar mense wat hierdie boek gaan kry en lees.  Op `n snaakse manier is dit `n baie troosvolle en hoopvolle boek om te lees.  Dit verbreed `n mens se visie op die kerk en op die pad wat die Here soms met sy kerk loop.  Dit maak jou rustiger en geduldiger oor die probleme en kompleksiteite van kerk-wees.  Deel van die troos het ook sekerlik te doen met die verrassende manier waarop die lyding van die kerk onder die totalitêre sisteme van die vorige eeu, nie die kerk doodgemaak het nie, maar juis tot nuwe lewe gelei het! 

Wat maar weer net sê: goed en lekker is nie altyd goed nie en sleg is nie altyd net sleg nie… As ons dit net kan glo en onthou sal dit dalk met ons ook beter gaan!
Orthodox Christian theology is often presented as the direct inheritor of the doctrine and tradition of the early Church. But continuity with the past is only part of the truth; it would be false to conclude that the eastern section of the Christian Church is in any way static. Orthodoxy, building on its patristic foundations, has blossomed in the modern period. This volume focuses on the way Orthodox theological tradition is understood and lived today. It explores the Orthodox understanding of what theology is: an expression of the Church’s life of prayer, both corporate and personal, from which it can never be separated. Besides discussing aspects of doctrine, the book portrays the main figures, themes and developments that have shaped Orthodox thought. There is particular focus on the Russian and Greek traditions, as well as the dynamic but less well-known Antiochian tradition and the Orthodox presence in the West.
• All contributors are Orthodox from various traditions and countries giving a sense of both the diversity and the coherence of the Church • Includes chapters on the contemporary theological scene in Greece, Russia and Antioch – introducing traditions little known to the English-speaking public • The chapter on Arab Christian tradition presents a perspective on Christian-Muslim relations new to most Christians in the West
Contents
Part I. Doctrine and Tradition: 1. Who are the Orthodox Christians? A historical introduction Mary Cunningham and Elizabeth Theokritoff; 2. Scripture and tradition in the Church Theodore G. Stylianopoulos; 3. Biblical interpretation in worship Archimandrite Ephrem Lash; 4. God in Trinity Boris Bobrinskoy; 5. Creator and creation Elizabeth Theokritoff; 6. Christ and salvation Peter Bouteneff; 7. Eschatology Bishop Hilarion Alfeyev; 8. The Church Matthew Steenberg; 9. Theology of the icon Mariamna Fortounatto and Mary Cunningham; 10. The human person as image and likeness of God Nonna Verna Harrison; 11. The spiritual way John Chryssavgis; Part II. Contemporary Orthodox Theology: Its Formation and Character: 12. Church Fathers and the shaping of orthodox theology Augustine Casiday; 13. The patristic revival and its protagonists Andrew Louth; 14. The Russian religious revival and its theological legacy Michael Plekon; 15. Some key themes and figures in Greek theological thought Athanasios N. Papathanasiou; 16. Personhood and its exponents in twentieth-century orthodox theology Aristotle Papanikolaou; 17. The witness of the church in a pluralistic world: theological renaissance in the Church of Antioch Nicolas Abou Mrad; 18. Russian theology after totalitarianism Leonid Kishkovsky; 19. Orthodox Christianity in the West: the ecumenical challenge John Jillions.

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar