Druk
PDF

Kersfees-kortfilm vir Kersdag

Geskryf deur Nico Simpson on . Posted in Nuus - Nuusberig

maranathaHier is 'n Kersfees-kortfilm wat jy op Kersdag kan gebruik. Dit is GRATIS aflaaibaar hier of hier.

Dit is 'n 2:30 minuut clip wat fokus op Maranatha as ons almal se diep sug na God wat (weer) moet kom. Stille nag in die agtergrond. Maranatha ‘n Aramese woord waarmee die eerste gelowiges mekaar gegroet het: “Kom, Here!” Dit is ‘n diep sug, ‘n verlange, na ‘n beter wêreld. ‘n Tyd wanneer armes goeie nuus ontvang, gevangenes vrygelaat word, blindes weer kan sien, onderdruktes vry kom en Jesus Here is.

Ook ons ken hierdie verlange; Ook ons soek rus in gejaagdheid; Ook ons wil êrens tuiskom; Ook ons wag vir vrede midde in geweld; Ook ons soek ‘n plek om te behoort; Ook ons hoop op genesing te midde van pandemies; Ook ons sien uit na vrylating; Ook ons sug: “Kom, Here, kom gou!”

AddThis Social Bookmark Button

Kommentaar

 
#Stille NagWebmeester Communitas2011-12-21 11:04
'n Pragtige weergawe van Stille Nag wat meer oor die inhoud gaan, as oor die sopraan se besondere stem ... hoewel dít jou ook sal bybly!
Reply| Reply with quote | Quote
 

This content has been locked. You can no longer post any comment.

Alle kommentaar