MTh Praktiese Teologie - Geestelike Vorming en Missionale Leierskap


MTh Praktiese Teologie: Modulêre opsie (50776888) 2012
(Met spesiale fokus op Geestelike Vorming en Missionale Leierskap)
(English below)
Dissiplinegroep Praktiese Teologie & Missiologie en
Ekklesia: Ekumeniese Sentrum vir Leierskapontwikkeling en gemeentestudies
Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch
Ons bied graag 'n modulêre MTh in Praktiese Teologie aan vir 2012-2013. In hierdie kursus kan studente kies tussen 'n fokus op Missionale Leierskap en Bediening, óf op Geestelike Vorming vir Missionale Leierskap. Elke fokusarea behels voorafleeswerk, kontaksessies en spesifieke take wat die bou van kapasiteite bevorder. Die fokus en inhoud van die verskillende modules word onderlê deur navorsing wat onderneem word in gemeentes betrokke by die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes in Suider-Afrika (SAVGG).
In die fokus op Missionale Leierskap en Bediening bied die kursus aan predikante en gemeenteleiers 'n leergemeenskap waarbinne hulle missionale leierskapsvaardighede en bedieningskapasiteit uitgebou word.
Die fokus op Geestelike Vorming sal die deelnemers se spiritualiteit verdiep en hulle kapasiteit gebou word om geloofsvorming en geestelike begeleiding vanuit ‘n missionale perspektief te kan doen.
Die volgende onderwerpe word oa gedek in die MTh-program:
- Gemeentebediening en geestelike vorming
- Herbesinning van ons geloof en geestelike dissipline met betrekking to die leer van die Drie-Eenheid
- Pastorale sorg as geestelike begeleiding en dissipelskap
- Leierskap in die gemeente (in samewerking met Universiteit Stellenbosch: Bestuurskool)
- Historiese en kontemporêre praktyke in geestelike begeleiding en geloofsvorming
- Missionale spiritualiteit vir die bou van Koninkryksgemeenskappe
- Intergrasie van ‘n missionale bediening in die praktyk van die gemeente
Die dosente is fakulteitslede van die Fakulteit Teologie en geakkrediteerde navorsingsgenote met bewese praktyk ervaring in missionale leierskap en geestelike begeleiding. Onder die aanbieders van die kursuses tel proff Dirkie Smit, Marius Ungerer, drr JF Marais, Ian Nell, Xolile Simon, Nico Simpson, Jim Harris, Lawrence Kaufmann, Christo Thesnaar, Coenie Burger, Dion Forster, Breda Ludick, Bruce Theron, Willem Nicol, dii Trevor Hudson, Gys van Schoor, Rod Botsis, D Mouton en Fred Hendricks.
Daar is ruimte vir 'n inname van 10 tot 15 kandidate in elke opsie. Die jaargroepe is gewoonlik 'n samestelling van ‘n ryke ekumeniese diversiteit. Die kursus word gestruktureer in ses kontakweke (modules) oor twee jaar. Elk van die modules fokus op 'n spesifieke kern-missionale en spiritualiteits areas. Studente berei vir elkeen kontakweek voor deur middel van voorgeskrewe leeswerk, en die toepassing van ‘n spesfieke leierskapsuitdaging in die gemeente.
Hierdie is 'n Modulêre Meestersprogram van 180 krediete.
- Ses eksamens (vier in Praktiese Teologie en twee in Sistematiese Teologie & NT/OT of Missiologie) oor ongeveer ses boeke (700-800 bladsye) vir elke eksamen.
- Twintig krediete per eksamen = 120 krediete (Die eksamens is in sinergie met die kontakweke.)
- Mini-tesis = 60 krediete
- Totaal = 180 krediete
Aansoeke: Aansoekvorms kan by www.sun.ac.za afgelaai word. Aansoeke moet by die Fakulteitsekretaris, mnr Shirle Cornelissen Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien (tel 021-8089312) ingelewer word.
Sluitingsdatum: 15Januarie 2012.
Alle aansoeke is onderworpe aan die toelatingsvereistes van die US/Fakulteit Teologie vir 'n MTh.
Kontak asseblief die volgende persone vir verdere inligting oor die kursus:
Dr Frederick Marais (Kursus-koördineerder) Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 021-8083265
Dr Dion Forster (Kursus-koördineerder) Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 021-9071300
Dr Coenie Burger (Direkteur: Ekklesia) Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 021-8083624 or
Drr Ian Nell en Christo Thesnaar (Praktiese Teologie) Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien 021-8089094
| < Vorige | Volgende > |
|---|




