PSD pos Communitas (GKS)
PSD pos Communitas (GKS)
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode Wes- & Suid-Kaap) stel ‘n 50% PSD-pos in die Diensgroep: Gemeentebegeleiding (Communitas) met opdrag dienslewering aan die Gemeenteontwikkeling & Kerklike Samewerking Taakspan (GKS), bekend. Die pos funksioneer binne die Communitas diensgroep met die spesifieke opdrag om dienste te lewer binne die terrein van die Taakspan vir die ontwikkeling van Nuwe Geloofsgemeenskappe (GKS).
Die sleutel funksies van hierdie pos is onder andere:
- Die ontwikkeling van opleidingsmateriaal vir die opleiding van leiers van Nuwe Geloofsgemeenskappe.
- Opleiding van fasiliteerders vir die begeleiding van prosesse in die ontwikkeling van Nuwe Geloofsgemeenskappe.
- Begeleiding en ondersteuning van leiers en gemeentes wat betrokke is by die ontwikkeling van Nuwe Geloofsgemeenskappe.
Dit is ‘n 50% termynpos vir 3 jaar (onderhandelbaar).
Gelegitimeerdes van die NG Kerk met bewese relevante ondervinding is welkom om aansoek te doen.
Aansoeke kan gepos word na: Posbus 3322, Matieland, 7602 / E-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Gebruik asseblief die verwysing: GKS AANSOEK
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2012
Navrae: Frederick Marais (Communitas: Diensspan Bestuurder) @ (021) 808-3265 / Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
| < Vorige | Volgende > |
|---|




