Gemeenskapsopleiding - Vredelust blootstellingsnaweke
Vredelust blootstellingsnaweke - Gemeenskapsopleiding
Vir die laaste klompie jare nooi Vredelust Gemeente in Bellville gemeentes van oor die land om gratis in die Kaap te kom kuier om saam te kom praat oor hoe om gemeenskappe kan help verander, veral waar daar ‘n armoede-kultuur is. Vanjaar beoog ons twee sulke naweke waarvan die eerste een plaasvind op 27-29 Mei. Ons verskaf verblyf, julle moet net tot by ons kom.
Dis vir ons baie belangrik dat die regte dinge op die regte manier gedoen moet word, veral wanneer dit kom by die armes, want dit gebeur maklik dat ons goeie bedoeling met hulpverlening eintlik meer probleme skep as oplos omdat daar baie gevalle is “when helping hurts.”. Ons spandeer dus die Vrydag om teoretiese en praktiese insette te lewer oor volhoubare werk onder armes en te praat oor effektiewe vennootskappe [Kenners soos Dr Johannes Erasmus en Xola Skosana tree oa op]; die Saterdag vertrek ons met ‘n paar honderd mense van Vredelust na Khayelitsha vir ‘n praktiese dag se uitreik; Sondagoggend word die diens by Vredelust bygewoon en “debrief” rondom middagete gedoen.
Hier is ‘n aanhaling uit ‘n skrywer van ‘n deelnemer: “Ek was verlede jaar Augustus vir die blootstelings naweek om te leer hoe julle werk en ons was diep geraak en het so baie geleer. Ons het al reeds ‘n klomp stappe by ons geneem en dinge begin verander en bly commited in die proses van verandering.”
Vir verdere inligting, navrae en besprekings, kontak:
Sonja Basson (021 950 4443 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien)
Leon Oosthuizen (021 950 4441 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien)
| < Vorige | Volgende > |
|---|





