Druk
PDF

UNYAMEKO 2011

Geskryf deur Jackie Swart on . Posted in Nuus - Nuusberig

UNYAMEKO 2011: Konferensie oor Armoede en Armoedeverligting

Die Gekombineerde Kommissie vir Diakonaat (GKD) reël ’n konferensie oor armoede en armoedeverligting op 15 en 16 Maart 2011. Benewens uitstaande sprekers uit die kerk, akademie, besigheidswêreld en politieke omgewing, sal daar ook ongeveer 20 werkswinkels en uitstallings wees – met heelwat praktiese hulp aan gemeentes ten doel.

 

UNYAMEKO 2011

’N KONFERENSIE WAT SOEK NA SISTEMIESE EN PRAKTIESE ANTWOORDE

VIR ARMOEDE IN SUIDELIKE AFRIKA

  • Is jy saam bekommerd oor armoede wat soos ’n reuse tsunami oor ons spoel?
  • Glo jy dat die kerk en in die besonder die Evangelie van Christus vir ons bepaalde antwoorde het?
  • Verstaan jy ook dat ons nie net die simptome kan dokter nie?
  • Wil jy ook saam dink oor hoe daar prakties op voetsoolvlak ’n verskil gemaak kan word?
  • Glo jy ook dat die kerk moet hande vat en netwerke bou?

Dan is dié konferensie vir jou: 15 en 16 Maart 2011: Bellville Stellenberg Gemeente

  • Kom luister na sprekers uit die kerk, akademie, besigheidswêreld en politiek
  • Ook 20 Werkswinkels en uitstallings,
  • Praktiese hulp aan gemeentes; werkverskaffing; skuld; dwelms en alkohol; armoede en denke; bedieningsgeleenthede; BADISA-programme; voorskoolse sorg; voedselsekuriteit en veel meer...
  • Koste R250.00 p.p.— (finansiële bystand beskikbaar, op aanvraag)
  • Vroeë inskrywing voor 15 Februarie 2011 @ R200 p.p.
  • Beperkte sitplekke - Sluitingsdatum: 10 Maart 2011

Op wie is dit gemik?

  • Kerkleiers; gemeenskapsleiers; sakelui
  • Persone werksaam in gemeentes; gemeenskapswerkers; maatskaplike werkers;
  • Bedieningskommissies (Diens van Barmhartigheid)
  • Enige persoon wat glo hy of sy kan en moet ’n verskil maak.

NAVRAE: Jackie Swart by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 021 957 7113.

(Gesamentlike projek van NGK/VGK en GKD)

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.

Alle kommentaar