Druk
PDF

Wat is geloof?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Bronne - Die boeke wat ons lees

Ek wonder die laaste tyd baie oor hierdie vraag. Ek het dit altyd verstaan as 'n geloof in God, soos Hy Homself aan ons in die Skrif geopenbaar het, veral in Jesus. Ek het altyd gedink dit impliseer dat jy ook aanvaar dat Jesus uit die maagd Maria gebore is, dat Hy aan die kruis vir ons sonde gesterf het, dat Hy opgestaan het op die derde dag, dat Hy hemel toe gevaar het, dat Hy eendag weer sal kom. Ek het ewe naïef geglo dat, as jy in God glo, dié belydenis oor Jesus nie vir jou 'n probleem hoef te wees nie. Ons weet dat 'n gewone mens nie uit 'n maagd gebore kan word of uit die dood kan opstaan nie, maar dit, het ek altyd gedink, is die punt: Jesus was nie 'n gewone mens nie. Hy is God, en daarom tel ons aardse reëls en wetmatighede nie as ons oor Hom dink nie.

Deesdae word dié tradisionele, naïewe soort geloof ernstig uitgedaag deur mense wat vrydenkend met die Bybel omgaan. Hulle beskuldig mense wat soos ek glo, dat ons nie ruimte vir ander het nie, dat ons ander moet toelaat om te glo soos hulle wil, dat dogma in elk geval 'n verouderde manier is van omgaan met die geloof. Hulle sal sê hulle het vrede met hoe ek glo, en ek moet hulle toelaat om ander moontlikhede van spiritualiteit te ontgin. Hulle sien die Bybel as 'n boek oor mense se worsteling om oor God te dink (waarmee ek saamstem), maar is minder gemaklik met 'n standpunt dat die Bybel ook die gesagvolle spreke van God is. Die Bybel is 'n geestelike boek naas talle ander godsdienste se geestelike boeke, en hulle sal ook sonder skroom ander godsdienste se insigte in die godheid omhels. Hulle is veral baie verontwaardig as jy hulle uitvra oor hoe hulle meen hulle geloofsbeskouings rym met wat in ons belydenisskrifte staan. Want die kerk se belydenisskrifte is verouderde dokumente van die geloof van mense uit die Reformasie-era.

lees verder op Jaco se blog

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar