Follow Me - What's next for you?
| Artikel Indeks |
|---|
| Follow Me - What's next for you? |
| Katalisators van geestelike groei |
| Waaroor gaan dit in die drie bewegings? |
| Alle bladsye |
Follow Me. What’s Next for you? is die opvolg van Reveal – Where are you? deur dieselfde skrywers, Greg Hawkins en Cally Parkinson. (Lees die volledige opsomming hier) 
Dit bevat navorsing van 200 gemeentes, en 80 000 mense, en brei uit oor die katalisators van geestelike groei, wat mense van gemeentes en leiers verwag, die 2 hindernisse (op die voorblad sê hulle 6, maar dit verskil van dít wat die hoofstuk self daaroor sê!) wat mense laat stagneer in hulle geestelike groei en die 3 veranderinge wat Willow tans in hulle bediening maak.
In ‘n volgende fase is 500 gemeentes en 157 000 mense betrek, waaroor daar seker nog ‘n boek in die vooruitsig gestel word.
VOORSKOU
Johannes 12:26a struktureer dié refleksie oor die navorsing: “As iemand My wil dien (my dissipel wil wees), moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees.”
Dit kan opgesom word in twee woorde: VOLG MY, die titel van die boek.
Na ‘n voorwoord van John Ortberg word In ses hoofstukke die volgende insette gemaak:
Hoofstuk 1: Follow the Leader – fokus op wat mense van die kerk en sy leiers verwag;
Gelowiges verwag transformasie en wil die vertroue hê dat die kerk en sy leiers hulle daarmee sal help.
Een van die sleutel verwagtings van gelowiges wat uit die navorsing gekom het, was: “Challenge me to grow and take the next step in my spiritual life.” Reveal/Follow Me werk met die “vision gap” tussen 1) waar mense nou is (werklikheid) en 2) waar hulle graag wil wees (visie) op voetspoor van Peter Senge (Fifth Discipline) se navorsing. Sy tese is dat die gaping tussen werklikheid en visie ‘n “creative tension” veroorsaak wat as sodanig die energie voorsien om die gaping te oorbrug. Dit is soos ‘n rubberband wat jou vorentoe trek.
Vir verandering om te gebeur, moet die kerk ‘n werkbare plan voorsien om die gaping te oorbrug.
En dit is die hooffokus van die Follow Me refleksie as opvolg van Reveal:
- om te verstaan hoe werklike mense prakties te werk gaan om die geestelike gapings in hulle lewens te oorbrug, sodat die kerk werkbare planne daarvoor kan voorsien.
Die kerk moet dus die gapings in geestelike groei identifiseer en spesifieke stappe aanbied sodat mense die gapings in hulle geestelike groei kan oorbrug. Uiteraard wil hulle nie ‘n honderd stappe gee nie, maar net die eerste 3 of 4 om ‘n beweging te begin om die gaping te oorbrug.
Leiers moet dus die rol van geestelike breiers inneem om mense te help met die werklikheid (waar is ek?) en die visie (waar wil ek wees?) om hulle eie gapings te kan identifiseer.
| < Vorige |
|---|



