Reveal - Where are you?
| Artikel Indeks |
|---|
| Reveal - Where are you? |
| Resultate |
| Alle bladsye |
NAVORSING
(Lees die volledige opsomming hier)
Met die naderende voltooiing van Willow Creek se ambisieuse bouprojek in 2003, het die leierskap van Willow met ‘n strategiese proses begin om God se wil vir die toekoms te onderskei.
Drie vrae het hulle strategiese proses gestruktureer:
- Waar is ons?
- Wat sien ons?
- Hoe kom ons daar?
- huidige realiteit definieer,
- ‘n nuwe visie en
- aksieplan vir die toekoms ontwikkel.
- Greg Hawkins – uitvoerende pastor van Willow Creek Community Church sedert 1996,
- Cally Parkinson – aanvanklik direkteur kommunikasie by Willow en tans “brand manager” van REVEAL wat hulpmiddels vir gemeentes rondom dié navorsing ontwikkel, en
- Eric Arnson – voorheen by McKinsey & Company, en tans van ORIGINATE, ‘n navorsing en strategie konsultasie maatskappy.
Die doel was om die geestelike lewe (hart) van hulle lidmate beter te verstaan sodat Willow die lidmate beter kan help om geestelik te groei.
Een van die sentrale konsepte wat Eric in die navorsing gebruik het, was die idee van “predictiveness”.
Dit is ‘n meetinstrument wat in verbruikersnavorsing gebruik word om vas te stel: “the degree to which we can predict whether or not someone is likely to behave in a certain way or to try a new product.” ‘n Hoë korrelasie tussen houdings en gedrag is “predictiveness”, waaruit segmente (groepe mense met gemeenskaplike eienskappe) geëkstrapoleer kan word.
Met hierdie voorspelbare segmente as lens, kan dan gekyk word na wat mense van hulle gemeente verwag en wat hulle nodig het om geestelik te groei.
Willow se hoop was dat hulle daardeur geleenthede kan identifiseer vir nuwe gemeentelike inisiatiewe en bedieningsaktiwiteite wat ontwerp kan word om te dien as katalisators van groei op die geestelike reis.
Die leidende vraag was die vraag van God aan Adam: “Waar is jy?”
Die vraag is gebruik as lens om hulle “working definition of spiritual growth” te meet: “An increasing love for God and for other people” geformuleer uit Jesus se samevatting van die wet in Matteus 22:37-39.
Hiermee wou hulle verder beweeg as om groei net aan getalle te meet, bv. groei in erediens bywoning of inskakeling by ‘n kleingroep. Hulle wou die hart van hulle mense beter verstaan en ‘n manier kry om dít te meet.
Drie hipoteses het hulle navorsing gestruktureer:
- Daar is ‘n stygende baan van geestelike groei wat verbind is aan kerklike aktiwiteite.
- Die mees effektiewe evangelisasie instrument is ‘n geestelike gesprek.
- Geestelike verhoudings is ‘n kern drywer van geestelike groei.
Dit was ‘n omvattende navorsingsprojek oor ‘n tydperk van 3 jaar, wat die volgende ingesluit het:
- 6000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners in 2004.
- 300 vraelyste deur mense wat Willow Creek in 2004 verlaat het.
- 5000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners sowel as 6 ander (divers saamgestelde) gemeentes in die VSA in 2007.
- 120 in-diepte individuele onderhoude oor mense se geestelike lewe (2004 en 2007).
- Skrifstudie en meer as ‘n 100 boeke en artikels oor geestelike vorming en menslike ontwikkeling.
- Konsultasie met eksperte in die area van geestelike groei.
| < Vorige | Volgende > |
|---|



