Tradisies

Teologie

Dissiplines

Kontinente

Sistematiese en Praktiese Teologie

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Co-mission-ing: Worship of the Missional Church

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Those familiar to missional church conversations are used to the fairly common practice of rooting mission in the trinitarian character of Christian theology.  As my doktorvater, Gary Simpson, frequently says,  “No Trinity, No Mission” (the title of his article in the Summer 1998 volume of Word & World).

For those less familiar to the background of this conversation, the retrieval of an integral relationship between Trinity and Mission in today’s missional ecclesiology goes back to the groundbreaking International Missionary Council at Willingen, Germany in 1952 where a trinitarian emphasis on missio Dei became the theological warrant for mission.  Behind this conference stands the impressive figure of Karl Barth who - against the liberal theological impulses of his day rooted in the individual as autonomous subject - influenced theological discussion with a return to a primary focus on the action of God.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Wat is jou plan vir ons, dominee?

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan 'n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om 'n kursus in "Congregational Revitalization" aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes.  Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met 'n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te "revitalize".

Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe 'n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en 'n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste "strategies, events, programs, and projects".  Nadat ek toe vir die soveelste keer na 'n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in 'n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie.  Ek vra toe 'n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van 'n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met 'n lieflike grasperk rondom 'n groot, groen boom op die voorgrond.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Tussen Akademie en Gemeente

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar.  Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis.  Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het meestal nie 'n idee waarvan jy praat nie!  Dan kom die gesukkel gewoonlik om te glo jy het enigiets betekenisvol om neer te skryf vir ander om te lees.  En toe kom die skok van terug beweeg van die akademie na 'n gemeente.  Wel, dit is nou as ek nie eers praat oor die ontwrigtings en aanpassings van 'n gesinsbesluit om langer in die VSA aan te bly nadat ons al vliegtuigkaartjies terug gehad het SA toe nie.  Nietemin, so eindig ek op in 'n 300-400 lidmaattal gemeente van die Presbyterian Church (PCUSA) in 'n plattelandse area in Noordwes Pennsylvania.

Nou leer ek van vooraf hoe om 'n predikant te wees en worstel veral met die reusagtige gaping tussen akademie en gemeente.  Ek wil graag oor die volgende klompie weke my blog gebruik om te probeer nadink oor sommige van my ervaringe tussen akademie en gemeente.  Ek hoop dit sal ander kan inspireer om deel te word van die gesprek.  Hier is sommige van die vrae wat prominent in my gedagtes rondwoel na vier maande se terugwees in 'n gemeente met 'n Ph.D. agter my naam (en waaroor ek hier wil nadink en skryf):  

  • Hoe lyk die postuur, gewoontes, en gebruike van 'n gemeentepredikant wat deel word van 'n gemeente se reis om voortdurend God te ontdek as teenwoordig en aktief in die gemeenskap (breer as net die gemeente)?; 
  • Wat is die verband tussen die predikant se teologie/idees en die teologiese kultuur van die gemeente?; 
  • Hoe neem 'n missionale proses van geloofsonderskeiding vorm aan in 'n gemeentekultuur wat gedomineer word deur paradigmas wat oenskynlik lynreg daarteen werk?; 
  • Hoe funksioneer die Bybel, die Tafel, die Doopvont, en Gebed in die predikant se leierskapsbenadering?; 
  • Hoe beoefen die predikant leierskap om 'n predikant-afhanklike gemeentekultuur te swaai na 'n kultuur van groter bemagtiging en eienaarskap?  

En daar is meer... maar dit is meer as genoeg vir eers...

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Ons Godsbeeld tussen Vrydag en Sondag

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Wanneer ek verder nadink oor die ongemaklike stilte tussen Vrydag en Sondag (sien http://www.communitas.co.za/index.php/blogs/300-tussen-in/1920-tussen-vrydag-en-sondag) kom daar vir my veral drie relevante temas na vore. Ek wil suggereer dat die manier waarop gemeentes mense begelei in tye wanneer die ervaring van ‘n bedreigende ander so prominent is (soos wat tans vir baie mense die geval is rondom misdaad, geweld, plaasmoorde, korrupsie, en Malema) tot ‘n groot mate afhang van die onderliggende beelde van God, mens, en wereld. Hoe lyk ons gemeentes se teologie, antropologie en wereldbeskouing in sulke tye van angstigheid?

Dalk begin dit op ‘n heel fundamentele vlak met hoe ons mekaar begelei om oor God te dink wanneer ons vanuit die ongemaklike stilte tussen Vrydag en Sondag terugkyk op Vrydag (ek wil oor die ander twee temas – mensbeeld en wereldbeskouing - nadink in twee volgende blog bydraes). Janet Soskice, in haar boek oor “The Kindness of God” (Oxford University Press, 2007), het my weer herinner aan Julian van Norwich (1342-1416) se beeld van God toe sy op 8 Mei 1373 op haar siekbed gedink het sy nader die uur van haar dood (soos opgeteken in haar “The Revelation of Divine Love”). Soskice vertel die storie soos volg: “The parish priest was sent for to give her the last rites, and Julian, accepting the inevitability of death, asked those tending her if she might be propped sitting up with her eyes fixed heavenward, ‘where I trusted that I by God’s mercy was going.’ On arrival, the priest had a different idea. Holding a crucifix before her face, he said, ‘I have brought the image of your saviour; look at it and take comfort from it.’ Julian tells us that she privately thought that what she had been doing, looking up, was ‘good enough.’ But she complied with his request, not least because she reckoned she could look straight ahead longer than she could look up, and lowered her gaze to look straight upon the crucifix. There then began a revelation of divine love, a single vision that came to her in sixteen ‘showings.’”

Julian se sestien “showings” vloei almal vanuit die eerste een waarin sy ‘n grafiese beskrywing gee van Christus se geskende en bebloede gesig. Sy gee haar lesers geen kans om die grusame werklikheid van Christus se kruisiging te ontkom met ‘n soort van vergeesteliking waarmee die blote liggaamlikheid van God se Inkarnasie vermy kan word nie. Soskice skryf na aanleiding hiervan, “Julian came to see this first showing with its sustained vision of Christ on the cross as pointing to a profound theological truth: our way to God is only through the Word made flesh. She will look nowhere else than to the Incarnate Lord. Prompted later in the showings to look away from the Cross and up to heaven to the Father, she makes an inward reply, ‘No, I cannot, for you are my heaven.’” Die belangrikste implikasie vir Soskice is dat “the Word Incarnate in embracing embodied life blesses its contingent and fragile nature.” Dit beteken veral dat ons nie ‘n bedreigende ander kan vermy met ‘n ontvlugting na ‘n geestelike heenkome weg van die vlees en bloed worstelinge van ons alledaagse bestaan saam met ander nie. So ‘n versoeking sal gereeld in gemeentes opduik wanneer mense probeer oplossings soek vir traumatiese ervaringe in die aangesig van ‘n bedreigende ander. Dit wil vir my voorkom of ‘n sterk reaksie van baie gelowiges op facebook en in koerante se briewekolomme die afgelope tyd juis hierdie soort versugting is na ‘n vergeesteliking wat soveel as moontlik van die morsigheid van ‘n publieke en politieke lewe saam met ander kan vermy. Kan dit wees dat gemeentes in sulke tye juis hierteen moet waak, en dat ‘n sterk fokus op die Gekruisigde ons juis kan help om die roeping van die liggaam van Christus te verstaan as die beliggaming van God se liefde midde-in die soort van situasies wat ons as bedreigend ervaar en wens dat dit nie bestaan nie? En as dit so is, hoe moet ons klink wanneer ons praat oor tye van angstigheid en oor diegene van wie ons die ervaring het dat hulle die bedreigende ander is? Meer nog, hoe lyk ons gemeentes se praktyke van so ‘n publieke beliggaming – veral in die bou van beter verhoudinge met die bedreigende ander?

Die bedreiging wat verandering en verlies inhou – wat Julian die “heavyness and irkehede of our fleshly living” noem – is nie vreemd aan God se plan van liefde (wat nooit ‘n sentimentele of geromantiseerde liefde is nie) of ‘n hindernis op die pad van ons geestelike vordering nie (asof dit nie bedoel was om ‘n kruisweg te wees nie), maar eerder die baie spesifieke geleentheid vir die beliggaming van God se selfgewende liefde. Soskice skryf, “…the Incarnation cannot be simply a rescue operation once things have gone wrong… The impatient otherwordliness of Augustinianism, for which the flesh is a drag and a distraction on the soul’s journey to the uncreated, is brought firmly down to earth. Why should we desire to flee our physical nature if God has chosen to become our kind?”

‘n Kern vraag is of ons as gemeentes in sulke tye God voorhou as ‘n versekering vir mense se ontvlugting uit die morsigheid van ons alledaagse bestaan na ‘n geestelike hemel waar net ‘n geromantiseerde ander saam met ons kan voortleef, en of ons God se Inkarnasie ernstig kan neem as basis vir ‘n hernude opneem van ons roeping om God se liefde te beliggaam in die bou van beter verhoudinge met ander. Inspireer ‘n beeld van God as die Gekruisigde Christus ons dalk tot ‘n ander opsie as veg of vlug?

Indien so, dan is die relevansie van die Belhar Belydenis duidelik as ons getuienis “dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in ’n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring; dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in ’n land wat op Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig; dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie byvoorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is” (derde artikel).
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Tussen Vrydag en Sondag

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Dis asof ek vanoggend (Paassondag) net nie gereed was vir die gelui van die Paasklokke en die sing van die halleluja kore nie.  Ek kan net nie wegkom van die ongemaklike stilte tussen Vrydag en Sondag nie.

Ek kan nou sien dat dit 'n stilte is wat al van voor Saterdag aankom.  Tekens daarvan het al na vore gekom tydens my worsteling met Johannes 13 se voetewas episode vir Donderdagaand se "Maudy Thursday" preek (by ons Episcopal gemeente hier in Saint Paul, Minnesota).  As 'n mens eers besluit het daar is 'n baie dieper ongemak in hierdie teks as net 'n sedelessie van Jesus oor hoe ons ander se voete moet was, kan selfs "ongemak" nie reg laat geskied aan 'n beskrywing van die afgryslike bedreiging tydens hierdie episode nie.  As Jesus al sy dissipels se voete gewas het (vers 5), dan het dit die een (Judas) ingesluit in wie se gedagtes die duiwel dit alreeds geplaas het om Jesus te verraai (vers 2).  Jesus was voete midde-in 'n werklikheid van ontkenning, verraad, selfmoord, en dood.  As ons ander se voete was, bevind ons altyd onsself in 'n posisie van blootstelling teenoor 'n werklik bedreigende ander wie ons nie kan beheer nie.  Voete-was geskied in die aangesig van die kwaad wat dreig om te vernietig.  Dit maak voete-was 'n skandalige gawe aan 'n bedreigende ander, eerder as 'n sentimentele gawe aan 'n geromantiseerde ander.

En hierdie ongemaklike nuus oor die bedreigende realiteit van ons lewe lei maar nog net die stilte van Paasnaweek in.  Vir ons het dit in alle erns begin met die stroping van die liturgiese ruimte aan die einde van Donderdagaand se erediens voordat ons in stilte die kerkgebou verlaat.  Vir die eerste keer in my lewe kon ek die impak hiervan op 'n besonderse wyse ervaar toe ek die liturgiese verantwoordelikheid moes neem om die kruis te bedek met 'n swart kleed.  As selfs die identiteitgewende simbool van die kruis gedoof word, is die ervaring van 'n naakte gestrooptheid in die aangesig van die kwaad op sy ergste.  Kan 'n mens die dissipels verkwalik dat Vrydag se gebeure hulle in 'n angsbevange groepie agter geslote deure verander het (Joh. 20:19)?

En toe kom Saterdag...  Die doodse stilte iewers tussen Johannes 19 en 20.  Met die nuus dat Eugene Terreblache op sy plaas vermoor is.  En die sprankeltjie van hoop dat dit nie meer te lank is nie voordat Maria Magdalena se stem die begin van goeie nuus gaan aankondig verdwyn eensklaps.  Skielik besef ek hierdie Saterdag gaan langer duur as wat ek gedink het, want eenvoudige voorskrifte, oor hoe om die opgestane Here te herken te midde van omstandighede baie dieper as net 'n frustrerende ongemak met wat ervaar word as 'n toenemende bedreiging van die ander, bestaan beslis nie.  Die simboliese impak van Terreblanche (selfs vir diegene wat polities met hom verskil het of dit waarmee hy geassosieer is verwerp) en Malema (selfs vir diegene wat die kompleksiteit van die "vryheidslied" debat erken of aanvaar daar was geen noodwendige verbintenis met die moord op Terreblanche nie) gaan waarskynlik vir baie lank 'n realiteit skep (om nie eens te praat van die werklike impak op diegene wat naby familie en vriende moes afstaan a.g.v. misdaad en geweld nie!) waarbinne gemeentes gaan moet worstel met die alledaagse betekenis, relevansie en impak van hulle Paassondag getuienis.

In die ongemaklike stilte van Saterdag wat net nie wil weggaan nie, wonder ek maar hoe gemeentes hierdie situasie gaan hanteer?  En wat dit van my gaan vra wanneer ons as gesin  weer oor 'n paar maande huis toe keer en hopelik iewers gaan tuis kom in 'n Suid-Afrikaanse gemeente?  Ek sal graag wil hoor hoe ander hieroor dink, en terselfdertyd in 'n volgende bydrae begin om self verder hieroor na te dink n.a.v. 'n boek wat ek in hierdie tyd lees oor "the kindness of God" (geskryf deur Janet Soskice, teoloog in Cambridge, Engeland).

AddThis Social Bookmark Button

canada drugs
canadian pharmacy for animals normally viagra pharmacy tests
cialis 20mg

viagra


east canadian pharmacy ease

phys buy phentermine root

fukuda http://tramadolbuy.info/ dahlheim
canadian pharmacy
ambien

виагра действие door where to buy viagra constipation
provigil online