Mode! Mode! Mode!
13-15 jariges in ons land spandeer 'n gemiddeld van R318.09 van hul eie geld op klere elke maand. En hiermee saam beweer ma's dat húlle 80% van die kinders in hierdie ouderdomsgroep se klere koop. Dít bevestig net hoeveel geld in huishoudings maandeliks aan klere op tieners spandeer word!
Hoekom is "brands" of handelsmerke so belangrik? Wel, tieners bevind hulself in daardie stadium van hul lewe waar hulle hul eie identiteit begin uitkerf. Nou eksperimenteer hulle met handelsmerke. Hulle probeer ontdek wat hierdie handelsmerke te offer het. Hoe dit hulle laat voel. En is dit wat handelsmerke "belowe", waar?
Dis eintlik 'n baie wispelturige mark. Dit verander na gelang van hoe die media dit aanbied, asook deur die invloed van vriende en ander effe ouer tieners. Hierdie ouderdomsgroep, soos ons weet, word sterk gedryf deur die kudde mentaliteit. Hulle het 'n sterk behoefte aan behoort, goed voel, in-wees en goed lyk. Hulle wil graag die regte "image" uitdra. Ook wil hulle graag hiermee die indruk skep dat hulle (ouers) ryk is en goeie styl het.
Hierom, so word beweer, is daar 'n toenemde versoek onder jongmense tot handelsmerk-items rakende klere en skoene. Die helfte van 7-9 jariges in SA vra reeds vir handelsmerk-klere, terwyl 80% 13-15 jariges dit doen.
Die handelsmerk-klere wat die meeste (die twee weke voor die studie gedoen is) deur 13-15 jariges gedra is, is sport- en lewenstylklere, naamlik: Billabong, Nike, Adidas, Puma, Reebok, Quiksilver, Red en Roxy.
Daar is eintlik soveel geleenthede om van die kerk se kant 'n "Lewenslange Lewenstyl" by hierdie jongmense te ontwikkel ...
| < Vorige | Volgende > |
|---|





Kommentaar
HOE lyk die "geleenthede v/d kerk" om 'n "lewenslange lewenstyl" te "ontwikkel"? WAT sou dit wees? Wees asb meer SPESIFIEK oor waarvan daar so in die lug gepraat word.
Dankie vir die hulp.
RSS feed for comments to this post