Ander temas

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Tien redes waarom ek die leesrooster gebruik: ‘n getuienis

Geskryf deur Johan van Rooyen on . Posted in Preekstudies - Ander temas

Onlangs sê ‘n vriend van my dat ‘n lidmaat kla daaroor dat hy sê hy gebruik die leesrooster.  Die preek moet mos onder leiding van die Gees in die prediker se hart gebore word?  Hy gebruik nog steeds die leesrooster – hy noem dit net nie so nie.  Maar dis jammer.

Dit het my laat dink.  En ek deel net ‘n paar van my los gedagtes.  (In Meimaand se Kruisgewys het Eddie Orsmond meer volledig en teologies daaroor geskryf):

  1. Ek is alleen in die gemeente.  Ek moet elke Sondag preek.  My ervaring en my hart en my verwysingsraamwerk is net so klein.  Die leesrooster  “gee my en die Gees”   net baie meer om mee te werk.  So, glo ek, word ek ook nie  net gevorm deur my behoeftes en verlangens nie maar deur die Woord en die ritmes en seisoene van die kerklike jaar  (en die groot dinge wat God-drie-enig  vir ons gedoen het)
  2. In my vier jaar op Cradock het ek - danksy die leesrooster  - al uit elke boek van die Bybel gepreek.   Sonder die leesrooster sou ek dit dalk  in tien jaar reggekry het.  En met moeite.  Of dalk nie.
  3. Ek vertoef deesdae by tekste wat ek voorheen sou vermy het.
  4. Dit voel vir my – en dit is dalk subjektief –  of ek my dmv die leesrooster  ONDER die Woord stel en nie OOR  die Woord nie.
  5. Ons weet die leesrooster bevestig ons eenheid met die kerk oor die wêreld en hier plaaslik omdat duisende  christene dieselfde teks lees en oordink.
  6. Ons weet ook mos dat dit ons meer vertroud maak met die Bybelse en kerklike seisoene en feeste. My kinders – en hopelik ‘n paar in die gemeente – herken die meeste christelike simbole en lydens- en advents-kalenders is nie meer vir hulle snaaks nie.  Ons gebruik die leesrooster nie slaafs nie – maar gereeld – in huisgodsdiens, wyksbyeenkomste  en kleingroepe.
  7. Ek wonder nooit meer wat om te lees by saalopeninge, oue-tehuis-bidure, prysuitdelings of wat ook al nie.  Een van die leesroostertekste is altyd relevant.  En die Psalm help my sommer om te weet wat om te bid ook.
  8. In ons gemeente leef ons nie “vanuit” die teks nie, ons leef  “na die teks” toe.  Maw ons plaas op die aankondigings wat volgende week se fokusteks is en dan lees ons dit saam die week, kom met vrae en lewer waardevolle insette.  Ons maak saam preek.
  9. Ek weet maande vooruit wat ‘n spesifieke Sondag se teks is… maar net om dit elke Maandag al te weet en Maandagoggend doelgerig te lees en voor te berei - is so bevredigend.
  10. Ek kan saam met ander kollegas oor dieselfde teks dink en opgewonde raak, stories en beelde en eksegese uitruil en ietsie voel van – ons is nie alleen nie!
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Wat help my om hoop vir die toekoms te herwin?

Geskryf deur Chris Jones on . Posted in Preekstudies - Ander temas

Ek vind hoop in oriëntasie op God.

Ek kan nie na die wêreld draai vir hoop nie. Dit lê in ‘n verhouding met Christus. Die woord oriëntering beteken ‘n gerigtheid na die ooste. Na die Oriënt. Na Jerusalem. Na die plek waar Jesus gekruisig is en opgestaan het.

Die Christelike tradisie het dit dan ook letterlik opgeneem. In Latyn beteken dit mense rig hulle na die oriens sol – die opkomende son (Dirkie Smit). Dis ook interessantheidshalwe hoekom katedrale – in Europa oa – op ‘n oos-wes-as gebou is. Die altaar/preekstoel is aan die oostekant. Gelowiges kyk dus na die ooste wanneer hulle aanbid. En van hieruit is hulle georiënteer.

‘n Mens sou ook kon praat van die Son van geregtigheid wat oor hulle/ons skyn, met gepaardgaande implikasies. Hoe Hy ons lewe verlig … En hierin lê hoop – my hoop!

En hierdie hoop kan ‘n mens nie vir jouself uitwerk soos met soveel moderne vorme van hoop nie. Nee, dis ‘n geskenk, ‘n genade-geskenk. Ons ontvang dit! Dit lê nie daar ver vorentoe of hoog bo iewers nie. Dis binne-in ons.

En só word ons weer God se hoop vir hierdie wêreld. Hierdie hoop plaas ons op nuwe roetes. Nuwe weë. Dit laat ons nuut dink en kyk. Dit laat ons ánders optree! En hierdie “genade-gedrewe sprietjies van hoop” wat oral uitslaan, help my om hoop vir die toekoms te herwin. 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Maandelikse fokus: Om ‘n predikant te wees in ‘n tyd soos hierdie

Geskryf deur Michiel Strauss on . Posted in Preekstudies - Ander temas

Dis nogal nie maklik om ‘n predikant in 2009 te wees nie. Minder eufemisties gesê: dis eintlik ‘n bietjie sleg om ‘n dominee te wees in ons dag, of hoe?
  • Daar word soveel uiteenlopende eise aan ons gestel. Ons hardloop so rond en ons aandag spring tussen al die verskillende goed waarmee ‘n predikant besig kan wees. Die magdom administratiewe take, erediensvoorbereiding, aanspraak op leierskap, bestuur van projekte, ensovoorts maak ons mal. Wat is ons taak? Waarvoor is ons geroep? James D. Smart druk dit só uit:

“What is ‘n minister? He is an evangelist. He is a preacher. He is a priest. He is a religious-administrator. He is a social reformer. He is a director of worth-while enterprises for the community. He is a species of amateur psychiatrist. He is an educator. He is an interpreter of life somewhat in the fashion of the poet. He is the voice of the community’s conscience. He is the custodian of the values of democratic civilization. He is a man of superior wisdom and virtue whose task each week is to show men and women how to live more wisely and virtuously. Is it any wonder that young ministers, and some not so young, find themselves dragged in a dozen different directions as they try to fulfill the claims of the ministry?”

  • Daarby voel ons ook nog toenemend oorbodig. Waar vakatures in gemeentes ontstaan, word dit dikwels nie weer gevul nie. Die rede hiervoor sou waarskynlik deur kerkrade as finansieel van aard genoem word, maar menige predikant beleef dit as dat die gemeente eintlik heel goed sonder hulle kan klaarkom.
  • Dit alles bring mee dat ons nie heeltemal seker is oor wat ons taak in die gemeente is nie. Wat is my werk? Waar pas ek as voltydse predikant in in die bediening in die gemeente? Natuurlik irriteer al die grappies oor predikante wat net op Sondae werk, meeste predikante, maar tog sal meeste erken dat hulleself nie altyd presies kan formuleer wat hulle taak eintlik is nie.

Ons het dus ons fokus verloor en daarmee saam ons vrymoedigheid. Daarom preek ons so half verskonend, so sonder enige oortuiging. Ons bediening getuig van ‘n stuk huiwering en selfs onsekerheid. Laat ek dit maar in soveel woorde sê: Ek is oortuig daarvan dat ons as predikante in 2009 te min van die belangrikheid van ons amp dink. Veels te min. Dit terwyl van ons waar is wat Andrew Purves skryf: Pastors are men and women who are called, dedicated, installed, and empowered to announce God’s forgiveness, declare God’s healing, proclaim God’s word, celebrate God’s sacramental presence, call forth and guide the living of the amended life, teach the truth of the Christian faith, and, in ministries of compassion, live in community with the people in their pastoral charge. Outside of their work, the church could not exist. (My beklemtoning)

Dís wie ons is! Mense wat deur God geroep en afgesonder is vir ‘n geweldige belangrike werk. Predikante is eintlik baie belangrik en sonder hulle werk sal die gemeente armer wees. Ons mág van ons amp iets dink, nie op ‘n triomfantalistiese en/of magshonger manier nie. Maar ons moet en mag weet en dit nooit vergeet nie dat God ons geroep het en afgesonder het om die goeie nuus van die Evangelie te bedien!

Dis interessant om in die Nuwe Testament te sien hoeveel keer die woord wat in Afrikaans met “vrymoedigheid” vertaal kan word, gebruik word as kenmerk van mense wat die Evangelie bedien het. Enkele voorbeelde: Handelinge 4: 13, 29 en 31; Handelinge 28: 31; 2 Korintiërs 3: 12; 2 Korintiërs 4: 7; Efesiërs 3: 12; Efesiërs 6: 19; Filippense 1: 20; 1 Tessalonisense 2: 2; Filemon: 8; Hebreërs 3: 6; Hebreërs 10: 35; Hebreërs 13: 6.

Vrymoedigheid is iets anders as voor-op-die-wa-wees. Dis anders as om in eie oë belangrik te wees, anders as om boelierig met mense om te gaan. Dit het wel alles te doen met ‘n bewus wees van Hom wat my geroep het en in Wie se Naam ek optree. My vrymoedigheid in die bediening is in die nederige dienskneggestalte van die gekruisigde en opgestane Here Jesus gesetel. Van Hom kan ek vertel en na Hom heenwys sonder ‘n tikkie onsekerheid of skaamte.

Wie hierdie vrymoedigheid in Hom ontdek, vind nuwe lus en vreugde in die bediening. Dit kan dan selfs lekker wees om ‘n predikant te wees, selfs in 2009!

Michiel Strauss

Aangehaalde Werke
The Rebirth of Ministry. A Study of the Biblical Character of the Church’s Ministry. James D. Smart; The Westminster Press, Philadelphia.
Pastoral Theology in the Classical Tradition. Andrew Purves; Westminster John Knox Press, Louisville 2001.

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vryheid en grense: Gelowig nagedink...

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Preekstudies - Ander temas

VRYHEID EN GRENSE: GELOWIG NAGEDINK OOR MORELE VORMING

 “...Liefde het grense. Dit kies nooit kant vir dinge wat verkeerd is nie. Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het...” (gedeelte uit 1 Kor 13, Die Boodskap).

Die mens is deur God bedoel om vry te wees. Maar met die gawe van vryhied kom die verantwoordelikheid van keuses maak. Omdat jy vry is moet jy kies. En die gevolge van jou doen en late dra iets hiervan, lees ons in een van die skeppingsverhale in die Bybel. Vryheid, sou mens kon sê, is ’n ander woord vir verantwoordelikheid. Hoe vryer ons is, hoe groter dus ons verantwoordelikheid.

’n Huis het mure nodig, soos vryheid grense ...

Slegs die mens kan werklik vry wees, danksy sy  bewussyn van geskape wees, sy geestelike dimensie. Maar ons verwesenlik meesal nie hierdie vryheid nie. Ons ervaar ons as te gebonde aan die wette van die natuur, en laat ons beheer deur oorerflikheid en omgewingsfaktore, en word gerig deur instinkte en hormone, geïnternaliseerde waardes en norme, sosiale of groepsdruk, en ideologiese en godsdienstige magte.

Vryheid gaan dus saam met grense. Huise, strukture wat ons self bou, beperk ons daarin dat ons nie sommer vryelik kan rondbeweeg nie. Daar is mure, en daar is deure. Maar sonder mure en dak sou ons so besig gewees het om te oorleef teen bitter koue en bloedige warm weer, diere en diewe, dat daar nie tyd en krag sou wees om te leef, te laat leef, te skep en te ontwikkel nie. Jy kan ook net ’n tuiste skep in ’n huis solank die huis staande bly.

As ons aan vryheid dink, moet ons aan vryheid binne die raamwerk van strukture dink; vryheid is nie vry van strukture en prosesse nie. Die verandering van strukture word prosesse genoem.  Daar is breedweg drie soorte strukture:

  • Dit is fisiese strukture en prosesse soos bome, berge en dale, sterrestelsels, die draai van die aarde en die menslike liggaam. 
  • Dan is daar sosiale strukture soos kultuurpatrone, politieke bewegings, sportliggame, kerke, moskees en sinagoges. 
  • Daar is ook geestestrukture soos denkpatrone, filosofieë, ideologieë en religieë.

Geeneen van hierdie strukture is absoluut nie, maar is voortdurend onderhewig aan prosesse van verandering.

Vryheid is ’n geskenk van God, maar moet verwesenlik en beskerm word.
 
Christengelowiges kan as God se mense vry binne strukture leef. Maar sommige strukture is meer bevorderlik vir vryheid as ander. Ons verantwoordelikheid is om gesonde waarnemingsvermoë te gebruik wanneer ons situasies ontleed; en om ons Godgegewe verstand te gebruik om uit te redeneer watter struktuur die paslikste vir die situasie is. Goddelike inspirasie is nodig, sowel as wilskrag. En liefde, veral wanneer dit kom by die saamwerk van al die mense wat by die situasie betrokke is. Mense wat mekaar as medemense erken.

’n Huis se vensters is gewoonlik deursigtig, laat lig deur, en herinner die inwoner dat sy/hy deel van ’n groter geheel is.

Hoe groter ons vryheid is, hoe groter is ons verantwoordelikheid. Laat ons nie mekaar se ruimte bedreig nie. Hierdie verantwoordelikheid vra na ander luister, is Geesgerig, dit veronderstel harde werk. Dit lei tot morele vorming.

Pieter van Niekerk

Bronne:

Du Toit, D A. 1984. Menseregte. Tafelberg: Kaapstad.
Nürnberger, K. 1980. Teologiese Etiek. Universiteit van Suid-Afrika

 

 

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Die Dood is dood...

Geskryf deur Andre Agenbag on . Posted in Preekstudies - Ander temas

Die Dood is dood...

Paassondag: 12 April

Uitttreksels uit Andre Achenbach se Tweede gedagtes vir die fokusteks vir Opstandingsondag

Waar Goeie Vrydag Jesus se begrafnis was, is Opstandingsondag Die Dood se begrafnis!

John Donne: “Death be not Proud”


John Donne het onder inspirasie van 1 Kor 15:55 sy beroemde “Death be not Proud” geskryf:

DEATH be not proud, though some have called thee
Mighty and dreadfull, for, thou art not so,
For, those, whom thou think'st, thou dost overthrow,
Die not, poore death, nor yet canst thou kill me.
From rest and sleepe, which but thy pictures bee,
Much pleasure, then from thee, much more must flow,
And soonest our best men with thee doe goe,
Rest of their bones, and soules deliverie.
Thou art slave to Fate, Chance, kings, and desperate men,
And dost with poyson, warre, and sicknesse dwell,
And poppie, or charmes can make us sleepe as well,
And better then thy stroake; why swell'st thou then;
One short sleepe past, wee wake eternally,
And death shall be no more; death, thou shalt die.

Edna Aphek: “Death is Dead” (2001)

Whenever a baby is born
Death cries and wails
For he is afraid that this child will kill him.
The baby is hungry.
He is crying.
Death drowns in milk.
Death has no air.
Death is dead.

– Edna Aphek
Jerusalem, Israel
November 25, 2001

Hier volg my kru en vinnige vertaling:

Die Dood is dood

Wanneer ‘n baba gebore word
huil en kla Die Dood
want hy is bang dat hierdie baba hom sal doodmaak.
Die baba is honger.
Hy huil.
Die Dood verdrink in melk.
Die Dood het nie lug nie.
Die Dood is dood.

Thomas Blackburn

Thomas Blackburn het die volgende gedig geskryf en uiteindelik het Bach dit gebruik in sy Kantate No. 129.

Awake, thou wintry earth
Fling off, fling off thy sadness.
Fair vernal flowers laugh forth,
Laugh forth your ancient gladness.

A new and love tale,
Across the land is spread,
It floats o'er hill and dale,
To say that death is dead.

Ds Stefan Louw (Gebed tydens ‘n meditasie, 2004)


“Here, laat die dood die sin wees waaruit ek my broosheid put, laat dit die hals wees wat my lewe versier met nederigheid, met vrede, met diensbaarheid, met hoop. Laat dit die laaste woord wees wat elke dag die lewe nuut opbreek, laat my weerloosheid terugval in U Vaderhand, laat die stort oor die rand slegs die vryval wees en dan die sprei van die vlerke, die vlug, die oorgee aan U my Vader van wie my Gees kom en na terugkeer. U die lewensGees, die bron van alle Goeie dinge.
Ek wil Hom nie vrees nie Heer, ek wil Hom verstaan en op die regte tyd ontmoet soos iemand by ‘n deur staan en klop, nie as iemand nie, maar juis as niks, as bloot ‘n oomblik van nietigheid, as bloot ‘n ingang, ‘n donker ingang met U stem wat anderkant klink. Amen.”

Stefan is vermoor in sy huis in September, 2006. Hierdie is ‘n gebed wat hy neergeskryf het as deel van ‘n meditasie in 2004:

André Agenbag

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy