Algemeen

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Christus as seën

Geskryf deur Gerrie van Deventer on . Posted in Preekstudies - Algemeen

Mag Jesus Christus self teenwoordig wees in jou lewe

en mag die wyse waarop Hy Homself openbaar het,

as volg seën bring in jou lewe...

  • mag Hy - as Immanuel – altyd God by jou wees;
  • mag Hy - as Jesus – jou verlos en vry maak;
  • mag Hy - as Vredevors – aan jou ware rus en vrede gee;
  • mag Hy - as Herder – jou versorg en na groen weivelde lei;
  • mag Hy - as Brood van die lewe – jou diepste honger stil;
  • mag Hy - as Lig vir die wêreld – jou lewenspad verlig;
  • mag Hy - as die Woord – jou iets van God se genade laat insien;
  • mag Hy - as Seun van God – jou van die Vader se liefde leer, en
  • mag Hy - as Gewer van die Gees – jou, deur die Gees, help om passievol te leef en lief te hê
  • Mag jy in Christus ‘n geseënde Christus-fees-tyd beleef.

    (Gerrie van Deventer – by Kerssangdiens 27 Nov 2011)

    Motivering:

    Miskien sou mens o.g.v. 2 Petrus 1:3-4 en Johannes 1:1-16 kon sê dat God in Christus Sy grootste seën gegee het, en dat ‘n mens in die Jesus-pakkie “al die kosbaarste en allergrootste gawes ontvang het” . Hierbo het ek sommer net iets daarvan in Sy selfopenbaring probeer saamvat.

    AddThis Social Bookmark Button
    Druk
    PDF

    Flip Theron - Woordkunstenaar

    Geskryf deur Chris Jones on . Posted in Preekstudies - Algemeen

    Terugblik: Prof Flip Theron

    Daar is heelwat onthou-gesprekke met prof Flip. Ons het mekaar op nuwe maniere leer ken die afgelope drie jaar - as bure, as vriende. Ons het maklik oor die lewe, sommer die alledaagse dinge, met mekaar gepraat. Oor die mooi en die voorregte van die lewe, veral as hy van sy gebruiklike tennismiddae teruggekeer het en ons paaie het gekruis. Oor ons gedeelde liefde vir George en die Wildernis-omgewing, waar ons albei grootgeword het. Soms ook oor ons kinders, meer dikwels oor rugby, en as dit moes, ook oor die teologie en sy ongemak met sekere nuwe tendense.

    Prof Flip was ‘n man van woorde. ‘n Woordkunstenaar. Hy kon met woorde die helderste "teologiese prentjies" teken. Die laaste tyd het een van sy vele uitdrukkings in die klas destyds, herhaaldelik by my opgekom: "Menere, as God Hom openbaar is dit of verruklik of verskriklik!" Ek het Woensdagmiddag net voor hy sou sterf, in die hospitaal weer daaraan gedink ...

    Ek het sy humor geniet: Iemand het hom eendag gevra of ‘n mens ‘n preek vir dieselfde gehoor ‘n tweede en derde keer kan preek, waarop hy ja gesê het, maar net as dit moet. Op ‘n volgende vraag of ‘n mens nie bang moet wees dat die gemeente dit sal herken nie, het hy geantwoord: My vrees sal nie wees dat hulle dit herken nie, maar dat hulle dit nié sal herken nie!"

    Hy het nie geskroom om te wys waarvoor hy staan nie. Soms het hy vriende gemaak, ander kere "vyande", maar hy was altyd bereid om met uiterste integriteit sy teologiese hart te ontbloot!

    AddThis Social Bookmark Button
    Druk
    PDF

    Prof Danie du Toit: Terugblik

    Geskryf deur Chris Jones on . Posted in Preekstudies - Algemeen

    Dit het my lank geneem om by prof Danie uit te kom. Miskien tel twee dekades se siekebesoek in ‘n gemeente meer teen ‘n mens as wat jy dink. Ek sukkel, noudat dit nie meer van my “verwag” word nie, om by siek mense uit te kom!

    Die ontmoeting was ontstellend - om iemand met soveel lewensenergie, so sterk op sy dag, só weerloos te sien sit. Iemand met so ‘n helder stem so moeisaam te hoor fluister. Ek moes ‘n paar maal veg teen die trane.  

    Maar ek moes gaan groet. Dankie sê. Sê, ek en baie ander is lief vir hom en ons bid vir hom. Ek moes dit lank van te vore, toe hy nog sterker was, gedoen het.

    Ek wou sommer net dankie sê vir die besondere manier waarop hy sy lewenshuis gebou het. Met soveel oorgawe, trou, toewyding, geloofwaardigheid, integriteit, opregtheid en humor. Dat sy lewe in die teken van Ps 127 gestaan het: As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou tevergeefs.

    Dit was vir my interessant hoe die Here oor jare heen deur hom geskep het – ook in my lewe.
    Ek wou dankie sê dat hy nooit té beïndruk met die wêreld geraak het en deur sy eie belange meegesleur is nie, maar op God gefokus gebly het. Dat hy nooit sy suksesse vir homself geneem het nie.

    In hierdie mooi dorp Stellenbosch, met sy pragtige berge, sy diep grond en baie bome, sy vars lug en kleurryke mense – en natuurlik oor verre grense heen - sal die ruim huis van herinnering wat prof Danie agterlaat, vir nog lank gevul en uitgebou word.

    Van hier het hy hom weggegee vir die teologie en kerk. ‘n Besondere loopbaan wat hy in nederigheid aan God gewy het. ‘n Persoon wat die vertroue van vele mense geniet het. ‘n Getroue vriend, van veral soveel jongmense. ‘n Boom wat sy vrugte op sy tyd gegee het. Ek en vele ander was bevoorreg om teologies-eties deur hom “op die pad gesit te word”.  Aan God die eer!

    Chris Jones
    2010-04-07

     

     

    AddThis Social Bookmark Button
    Druk
    PDF

    Preekstudies: Wat beplan ons?

    on . Posted in Preekstudies - Algemeen

    Welkom!

    Ek hoop dat dit wat ons beplan, vir jou van groot waarde gaan wees.   

    Uit ‘n onlangse gesprek met Eddie Orsmond en Johan Botha, die eindredakteurs van die Preekstudies met liturgiese voorstelle, gebaseer op die leesrooster vir lidmate, (daar word jaarliks ongeveer 1 000 van hierdie bundels gebruik) het dit duidelik geword dat die preekstudies in opsigte versterk kan word.      

    Omrede preke tussen 8 en tot soveel as 20 maande voor dit gepreek word, geskryf word, ontbreek dit (normaalweg) aan aktualiteit. As ons dít sê, doen ons egter geensins afbreuk aan baie goeie eksegese, hermeneutiek asook sinvolle preekvoorstelle in hierdie bundel nie.  

    §          Ons wil tog poog om die tersaaklike weeklikse teksgedeelte te lees, nie soseer met die oog op die prediking nie – alhoewel dit uiteraard belangrik is – maar eerder met die oog op die gemeente. Wat dink ons wil dit op “daardie oomblik” vir die gemeente sê.

    §          Ons wil met die teksgedeelte voor ons vra: Wat is huidig in die wêreld/in ons land aan die gebeur? Wat is dit wat ons veral in gebed na God toe wil bring? Ons wil die Bybel dus lees met die koerant oop langs ons. Die prediking moenie net die deurgee van “teoretiese” inligting wees nie – dit moet aktuele kommunikasie wees! 

    Ons is besig om ‘n paneel van 8 persone uit die NG Kerk familie te identifiseer om ‘n klompie kort (hoogstens 2 bladsye) aktuele aantekeninge oor die spesifieke teksgedeelte van elke week te skryf.       

    Hulle opdrag is: As jý die spesifieke tersaaklike teks moet preek met dit wat in die wêreld rondom jou gebeur, hoe sal jy die bestaande preekstudie aanpas. Hoe sal jy vanuit die teksgedeelte kommentaar op die gebeure van die dag lewer.     

    Die bedoeling is nie dat hulle weer van voor af eksegese daaroor doen nie. Dit moet ook nie teenoor die bestaande preekstudie staan nie, alhoewel hulle met verduideliking tog “ander lyne”’ sou kon optel. En as hulle liturgies kreatiewe voorstelle sou kon maak nav hul kommentaar, sal dit uiteraard ‘n groot bonus wees!      

    Sodra ons die groep van 8 gefinaliseer het, sal ons hul name bekendmaak.     

    Ons beplan om Maandag 11 Augustus hiermee af te skop. Die inligting sal daarvandaan elke Maandag (middaguur) beskikbaar wees.      

    As jy voorstelle of gedagtes hieroor het – veral dalk later ‘n mooi gedagte of verhaal wat hierdie kommentaar verder kan versterk, reageer asseblief. Dit kan vir ons almal van groot waarde wees.   

    Dan gesels ons weer! 

    Groete 

    Chris Jones (ns Eddie Orsmond, Johan Botha en Coenie Burger)

    AddThis Social Bookmark Button
    

    priligy online

    modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy