Hoop is ‘n wenperd!
Ek het die laaste tyd soveel roerende stories van hoop gehoor. Telkens egter, het die humoristiese verhaal van Charles Allen, oor ‘n ánder bedelaar en soos “ver-Suid-Afrikaans” deur Izak de Villiers, by my opgekom.
Ek het die laaste tyd soveel roerende stories van hoop gehoor. Telkens egter, het die humoristiese verhaal van Charles Allen, oor ‘n ánder bedelaar en soos “ver-Suid-Afrikaans” deur Izak de Villiers, by my opgekom.
‘n Onlangse gesprek met Carel Anthonissen oor die doop, het egter telkens by my opgekom. Die doop herinner ons mos dat ons aan God behoort. Dat Hy ons gemaak het. En dat Hy met dieselfde “hande” waarmee Hy ons gemaak het, ons ook vashou, dra en versorg.
Toe sy aanhou skreeu, stop Jesus om met haar te praat. Hy noem haar niks. Nie “me” of enigiets nie. En sê dan volgens Mat 15:24 (OAV) bloot: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.” Hiermee impliseer Jesus eintlik dat daar nie plek vir haar in God se genade was nie. Sy was ‘n heiden. ‘n Kanaäniet.
Toe val sy voor sy voete neer. Sy weet Hy kan haar help. Jesus vervolg dan: “Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.”
Protesmusiek verwys na ‘n direkte reaksie – meestal op bepaalde historiese sosiopolitieke gebeure, en dit behoort nie noodwendig aan propoganda of agitasie gelykgestel te word nie.
Enzensberger, bekende Duitse digter en intellektueel, sê dat die daadwerklike impak van letterkunde - dit sluit (vir my) protesliedere in - wetenskaplik nie regtig toetsbaar is nie.
Senekal en Van der Berg haal Huntemann en Patri aan en sê dat die betrokkenheid van onder andere protesliedere, binne ‘n vierkant beweeg waarvan die hoeke bepaal word deur 1. Die outeur of kunstenaar, 2. Die teks of liedjie, 3. Die literêre of musikale publiek en 4. Die politieke status quo. Hierdie aspekte funksioneer saam as veranderlikes om die betrokkenheid of impak van ‘n bepaalde werk te bepaal.
Denishoff betwyfel of protesmusiek werklik sosiale verandering bring of sosiale impak het. Irwin Silber, redakteur van die Amerikaanse musiektydskrif “Sing Out!”, glo in verband met die musiek van die Viëtnam-era: “It is not the music that changes people ... there was a cultural change. And the music egged it on, but also became a reflection of it ... ”
Net só kan ‘n mens nie sonder meer sê dat Voëlvry ‘n impak op die politieke ontwikkelinge in ons land gehad het nie. Wel op die musiekbedryf.
En “Skiet die boer”? Of dit werklik tot praktiese resultate realiseer, bly moeilik toetsbaar. Die gaping tussen teks en publiek, of liedjie en luisteraar, kan eintlik net oorbrug word as die politieke status quo dit vra en die luisteraar die appél goedgunstelik ontvang. Ek dink die huidige politieke dampkring stuur genoeg suggesties uit wat afbreuk doen aan die uitvoering van so ‘n protesboodskap. Ons is immers al 17 jaar weg van wit onderdrukking! Juis dít behoort hierdie boodskap in te perk tot binne die grense van die teks! En waar dit wél gesing word, word dit waarskynlik gedoen as refleksie op wat in die geskiedenis van ons land gebeur het.
Tog sal ek verkies as dit nie (eintlik) meer gesing word nie, maar dan ter wille van groter sensitiwiteit en versoening ...