Druk
PDF

Die tsoenami’s … en ons doop

Geskryf deur Chris Jones on . Posted in Preekstudies - Aktuele kommentaar

Ek wou na aanleiding van die verwoestende tsoenami wat Japan getref het, iets oor God en rampe probeer skryf het. Ek het egter besef ek is nie gereed (eintlik opgewasse) om sinvol oor die teodisee-vraagstuk te skryf nie.

‘n Onlangse gesprek met Carel Anthonissen oor die doop, het egter telkens by my opgekom. Die doop herinner ons mos dat ons aan God behoort. Dat Hy ons gemaak het. En dat Hy met dieselfde “hande” waarmee Hy ons gemaak het, ons ook vashou, dra en versorg.

Die doop herinner ons ook daaraan dat God met sy sorgende hande diep in ons lewe ‘n vlam van liefde, deernis, goedheid en heiligheid ontsteek. ‘n Vlam wat nooit uitgewis kan word nie. Is dít nie wat dit beteken om ‘n beelddraer van God te wees nie? Dat ons mag weet daar brand só ‘n vlam diep binne in ons nie? En dat hierdie vlam daagliks deur Hom brandend gehou en aangeblaas word nie?

‘n Vlam waaroor ons elkeen beskik, kragtens ons geskapenheid, maar ook die herstellende genadewerk van Christus. En dat hierdie liefde, deernis, goedheid en heiligheid meer fundamenteel is as al die kwaad, onheil en “tsoenami’s” waarmee ons te doen kry. Dat dit gewoon dieper lê as dit.

Natuurlik is dít soms moeilik om te sien, selfs te glo. Veral wanneer ‘n mens daagliks met jou eie foute en tekortkominge gekonfronteer word. Ook met die boosheid van die lewe en met die rampe in die skepping. Sulke tye voel dit vir jou asof hierdie vlammetjie flou brand – selfs uitgewis is? Jy weet soms nie wat om te bid nie.

Maar dikwels word hierdie vonk, hierdie vlam juis voelbaar, sigbaar in die onrus van die lewe. Soms is daar diep binne in jou bloot ‘n verlange hierna. ‘n Versugting. ‘n Roering. Maar dis meesal genoeg.

Want Paulus sê wanneer ons nie weet wat om te bid nie, tree die Heilige Gees vir ons in met onuitspreeklike versugtinge. Die Gees roep deur ons gees voortdurend na iets beter!

Ons moet soms net geduldig wag op God. En dan, op onverwagse maniere, verras Hy ons. Deur die goedheid van ‘n medemens. Deur die sprankel van die natuur op ‘n gegewe môre, ondanks verwoestende tsoenami’s. Deur die aanraking van ‘n vreemdeling … En dán, dán besef ons ons word gedra, ondanks onsself en wat ook al met ons gebeur. Dít is wat die doop vir my beteken!

AddThis Social Bookmark Button


Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris



priligy online

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
modafinilambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy