Fout
  • Fout met die laai van toevoer-data.

PADLANGS MET GEMEENTES - blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Oor vrede en Angola

Geskryf deur Jurgens Hendriks on . Posted in Padlangs met gemeentes - Transformasie

Ek was pas 10 dae in Angola met as mede-pelgrims ʼn argitek, ingenieur, landmeter, werktuigkundige, tolk en twee dominees, Ons het 8804 kilometer gery. By Kikuni in Noord-Oos Angola het ons saam met van die dosente en die IERA kerk se leiers ʼn kweekskool op die allermooiste plek help beplan. Die vorige kweekskool is in die oorlog eers as ʼn weermag kamp gebruik en toe verwoes. Tipies Afrika kom vra hulle my die Saterdagaand teen 8 nm om die volgende oggend te preek. Ek preek toe oor VREDE met Luk 2:14 en Joh 14:25-27 as teksverse.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Fresh Expresions Mixed Economy

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gemeentes

Bishop Graham Cray, Archbishops' Missioner and team leader of Fresh Expressions

The mixed economy is not intended as a device to allow two separate things to happen at the same time. It requires a partnership where traditional churches and fresh expressions of church pray for one another, support one another, and learn from one another. In this respect it is time to stop just talking mixed economy and time to start acting mixed economy across our nations.

We do not truly act mixed economy unless we act ecumenically as well. The denominations are not competitors but partners in mission. Their shared task is to engage the whole of society, in their part of the country, with Christ and his kingdom.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Mohamed Bouazizi se dood het miljoene gered

Geskryf deur Christo Benade on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gemeentes

Wat kan die kerk leer van die Moslems in Egipte?

Mohamed Bouazizi se naam sal nooit in die geskiedenis van die kerk opgeteken word nie. Tog het hy deur sy lewe te gee, hoop en bevryding gebring vir miljoene mense. Bouazizi was ‘n jong man(26), met ʼn universiteitsgraad wat vrugte verkoop het om te oorleef. Hy het gewoon in ‘n klein dorpie, Sidi Bouzid in Tunisië. Die armoede en die strukturele onderdrukking wat hy ervaar het, het hom gedring om sy lewe op te offer as simbool van die onreg wat plaasvind. Op 4 Januarie 2011 sterf hy nadat hy homself aan die brand gesteek het.

Sy daad inspireer ʼn generasie jong mense wat al lankal geweet het iets is verkeerd. Sy daad begin ʼn beweging soos die wêreld nog nie gesien het nie. Verskeie ontleders poog om die Jasmyn revolusie, wat begin het in Tunisië en oorgespoel het na Egipte, Libië en ander Midde Oosterse lande, te vergelyk met die revolusies in 1848 (Frankryk en Duitsland) en 1989 (Tiananmen Plein, Pole, Oos-Duitsland ens.).  Die slotsom waartoe hulle kom is - jy kan nie.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Is die dominee die kaptein of die afrigter?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek dink daar is ‘n rolverwarring by baie predikante. Ons sien onsself as die kaptein op die veld wat die gemeente moet lei. Ons Kerkrade dink ook so en hulle meet ons toenemend aan ons prestasies as kapteins. Byna soos met sportlui voel Kerkrade daar moet ‘n prestasie-klosule ingebou word en sommer direk gekoppel word aan die vergoeding van die leraar. Hoewel min Kerkrade dit sal doen, is daar baie wat heimlik hoop hulle kan dit doen.

Op die oog af klink dit nie te dronk nie, maar as jy so ‘n bietjie daaroor dink is dit nie moeilik om tot die besef te kom dat die soort denke ons nie gaan help nie. Die probleem is nie in die eerste plek die noodsaak van verantwoordbaarheid nie. Ek dink dit is noodsaaklik en dit is jammer dat soveel predikante bang is vir verantwoordbaarheid- maar hieroor later. Die probleem le meer in die “prestasie” gedagte maar eintlik in die verstaan van die rol van die Leraar, en die probleem kom van twee kante af.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Op reis saam met Gobabs

Geskryf deur Marietjie Hanekom Buhr on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gestuurdheid

Die Israeliete is gereed om die reis aan te pak na na die beloofde land en dan vra Moses vir sy swaer, Gobab die Midianiet, om saam met hulle te trek. (Num. 10:29 – 32) Gobab verkies om na sy land terug te keer.  Moses hou vol. Hy verskaf twee redes:  Ten eerste wil hulle die seëninge wat hulle van die Here gaan ontvang met Gobab deel en tweedens het hulle hom eintlik nodig, want hy ken dele van die woestyn wat hulle nie ken nie.

Soveel gedagtes rondom hierdie moment in die geskiedenis van Israel word los gelaat. Ons leef self in ‘n opwindende tyd in ‘n opwindende land. Ons vind ook dat daar almeer dele van hierdie landskap van ons is wat ons nog nie werklik deurgrond het nie. Ons het ook baie seëninge om uit te deel.

Wie is die Gobabs in ons lewens?

Ons kan leer by mense van ander kultuur- en etniese groepe. Die een groep kan by die ander leer hoe bv. apartheid hulle menswees geraak het, hulle psige ingedring het, hulle verstaan van medelandgenote steeds raak.  Ons het nog glad nie genoeg geluister hoe mense geraak is deur die vergrype van die verlede nie. Ons verstaan nie werklik die woede wat daar steeds is en ook selfs opnuut losgelaat word nie. Ons het hierdie kennis nodig om saam die pad vorentoe te loop.

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
modafinilambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy