Onder wie se tafel stoot Gereformeerdes hulle voete in?
Christo Benade vra aan die aan die einde van verlede jaar die volgende vraag: Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om 'n missionêre kerk te wees? Sy agument is dat ons gerefomeerde tradisie ontstaan het in ‘n tyd van die Christendom en dat ons daarom willens en wetens, of einde willens en onwetens ‘n Christendom DNA in ons dra en dat di tons daarvan weerhou om missionaal te wees.
Ek dink Christo maak ‘n waardevolle waarneming. Ons moet eenvoudig eerlik wees oor die Christendom erflating waarmee ons leef en dit eerlik in die oe kyk dat dit ons in hierdie era van ‘n post-christedom kniehalter. Te veel van ons verwag nog dat die gemeenskap regop sal staan as die kerk verbykom, of meer nog dat die vernuwing eintlik daaroor gaan dat die kerk weer die sentrale posisie(mags) moet inneem in die samelewing. Vir ‘n groot deel van ons kerk is dit byna onmoontlik om iets anders te verbeel as ‘n Christendom toekoms. Dit is voorwaar in ons DNA.
Ek dink egter daar is ook ‘n ander kant van die saak. Die gereformeerde tradisie het ontstaan in die Noord-Europese kultuur van vaste strukture en die beliggaming van die gereformeerde visie het binne hierdie kultuur haar eerste baba-treetjies gegee. Indien dieselfde visie in Suid-Europe, of Afrika, of Suid-Amerika die eerste keer geinkulturaliseer sou word, sou ons vandag verseker met ‘n ander gereformeerde gemeenskap gesit het.
Ek skryf hierdie waarnemings terwyl ek Antjie Krog se Begging to be Black (lees 'n opsomming van die boek hier) (lees 'n opsomming van die boek hier)lees, en my verlustig aan hoe sy die Berlynse kultuur kontrasteer met die turbulensie van die post-apartheid kultuur in Suid-Afrika. Aan die een kant is sy onverwags tuis in die ge-ordendheid van die Duitse kultuur, terwyl sy aan die ander kant haar onlosmaaklik deel voel van Suider-Afrika se choas. Christo, die vraag is:Hoeveel van wie ons is, is gevorm deur die evangelie, of as jy wil deur die gereformeerde verstaan van die evangelie, of sommer net deur ‘n christelike verstaan van die lewe. En hoevel van wie ons is is gevorm deur die Noord-Europeses kultuur van die Nederlande en Duitsland, met ‘n duidelike ge-ordende uitkyk op die lewe.
Ek voeg ‘n eie staaltjie by die van Krog. Twee jaar gelede is ek en kollegas by ‘n konferensiesentrum van die PKN in Hydepark naby Zeist in Nederland. Ek bied ‘n kursus aan en meeste van my SA kollegas woon die kursus by saam met Nederlandse kollegas. Eeen woon ‘n ander kursus by. Die etes is netjies gereel, elke kursusgroep sit aan hulle eie tafel. Een SA’er is egter lus om met ‘n ander groep te eet en gaan sit aan hulle tafel. Met middagkoffie kom een van die Nederlandse kollegas en verklaar: Daar is spanning aan de Hydepark deze week! Na ‘n lang verduideliking begryp ek dat omdat een van die SA’ers by ‘n “verkeerde” tafel gaan sit het, het dit die Nederlanders onverhoeds betrap en het dit ‘n domino effek van onsekerheid regdeur die eetsaal van verwarde Nederlanders wat-nie-weet-presies-waar-hulle-moet-gaan-aansit-nie, veroorsaak. Toe ek die SA groep nader roep en betig- bars hulle onbedaard uit van die lag- en vergroot so my moeilikheid. Ek vertel die verhaal gereeld om die verskille in kulture te verduidelik en vind dat sommige Nederlandse kollegas dit nie as ‘n grap sien nie maar nog ‘n keer wil verduidelik waarom elke cursis tog maar aan die regte tafel moet sit.
Ek dink die vraag is onder wie se tafel stoot die gereformeerde tradisie haar voete in!! Wat dra ons in ons gemeentes oor, die DNA van die Noord-Europese ge-inkulturaliseerde evangelie, of het ons al ons voete onder die tafel van Afrika ingestoot? Ek dink ons is besig daarmee, soms vinniger as wat ons besef is dit eintlik met ons aan die gebeur, ons moet dalk net meer bewustelik daaroor wees. Dit is eintlik die punt van die Gosple and our culture beweging wata uit die toelogie van Newbigin ontstaan het.
Jy kan natuurlik nie 'n gemeente wees sonder om jou voete onder die heersende kultuur se tafels in te stoot nie. Die wat dit ontken val dikwels die meeste ten prooi van daardie kultuur.
| Volgende > |
|---|




