Leierskap

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Hoop wat ons taai maak om aan te hou

Geskryf deur Frederick Marais on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ingrid Penzhorn (‘n jong dokter) skryf vandag (09/08/2012) in Die Burger in reaksie op prof Jonathan Jansen se rubriek: ”Jonge dokter onthou wie jy is” (DB van 7 Augustus 2012): ” Jammer prof Jansen ek gooi tou op”.  Dinge het eenvoudig vir haar te veel geword om aan te gaan.  Sy het hoop verloor. Ek lees haar artikel en kan een honderd persent verstaan waarom sy moedeloos is.  Sy het haar bedankingsbrief by die kliniek se bestuurder ingedien. ‘n Week of so gelede bel ‘n onderwyseres my, met dieselfde moedelose emosie in haar stem. 'n Dag later drink ek koffie met 'n entrepeneur vriend wat moedeloos is met personeel wat steel. Hy is moedeloos besteel. Ons kan nie langer hierdie stemme van moedeloosheid ignoreer nie.

Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.

“My span kan nie meer nie" , sê sy oor die foon. "Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie.  Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig.  My span is besig om te vou", sluit sy af.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Omgekeerde mentorskap

Geskryf deur Frederick Marais on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Omgekeeerde mentorskap kan energie ontsluit waarna baie gemeentes op soek is ...


Ek het die afgelope tyd met ‘n aantal jonger predikante en studente te doen gehad. Die naweek was die eerste kamp van die Semianrium op Stellenbosch ‘n 30tal teologiese studente van die VG en NG kerke gewees. Ek het soveel by hulle geleer dat ek wonder of ek kan voortgaan in my bediening sonder om gereeld te leer by mense wat jonger as ek is.

Hier is ‘n klompie dinge wat ek van myself en die lewe geleer het in die proses:
1.    Omgekeerde mentorskap kan nie gebeur as ek myself sien as die kenner by wie die jonger generasie moet leer nie. As ek bewustelik die skuif maak om nuuskierig te wees oor wat ek by ‘n jonger generasie kan leer is dit asof dit ‘n ruimte open waar daar  ‘n vloei van nuwe idees kan plaasvind wat nie kan gebeur as ek dink ek moet die leraars wees en hulle die leerders nie.
2.    Hulle vra dikwels vrae wat my dwing om ‘n ander en meestal bevrydende prespektief te ontwikkel. Neem maar bv die gesprekke oor Belhar by die sinodes. Dit is die jonger mense wat ons gehelp het om te verstaan dat Belhar ‘n gawe is vir die toekoms en nie net ‘n kritiese stem uit die verlede nie. My generasie sal nie daardie prespektief kan ontwikkel nie. Ek is redelik seker dat ons nie sonder hierdie perspektief enige vordering sou kon maak nie. My generasie was vasgeloop in die gesprek en het die nuwe perspektief nodig gehad om vorentoe te kan gaan.
3.    Die jonger generasie kry dinge reg wat vorige generasie nie kan of wou doen nie. Ons praat bv al lank oor ‘n geintegreerde familie bediening. Ek sien die afgelope 3 jaar deurbrake hiervan by gemeentes wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, en by elkeen van die gemeentes is daar leiers uit die jonger generasie wat praktyke ontwikkel wat ons nooit sou waag of so kon regkry nie.
4.    Ek is deel van ‘n generasie wat eintlik “belydenismoeg” is. Ons moes nog worstel deur die laaste belydenispreke en het ‘n afkeur aan belydenisskrifte as ‘n stok waarmee mense geslaan word om binne die kraal te bly. Vir ons is gesprekke oor gereformeerde identiteit geforseerde gesprekke wat nêrens gaan as na die verlede waarvan ons wil wegkom nie.  Ek was die afgelope tyd gereeld deel van gesprekke waar jonger mense met vrymoedigheid praat oor hulle gereformeerde identiteit en hoe hulle positief daarmee identifiseer. Ek luister na hulle in verwondering en weet ek moet doodstil bly en luister en leer, want hulle gaan my leer om weer met my eie tradisie te konnekteer op ‘n manier wat ek self met die best wil in die wêreld nie kan nie.
5.    Ek leer by die jonger generasie wat dit beteken om ‘n inklusiewe gemeenskap te wees. Daar is by hulle ‘n ongeforseerde konneksie met mense buite die geloofsgemeenskap wat ek bewonder. My generasie wil eers weet of iets reg of verkeerd is voordat ons mense kan aanvaar. Dink maar aan die gesprekke die afgelope week oor die sanggroep  Die Antwoord en die gesprek die naweek met Ben du Toit een van die ouers van die groep. Sy onvoorwaardelike aanvaarding en liefde vir sy kinders gryp die verbeelding aan van ‘n hoe ons as ‘n inklusiewe gemeenskap kan funksioneer.
6.    Dit laat my wonder, wat sal gebeur as ons in die gesprek die manier waarop ons gay en lesbiese mense aanvaar en insluit in ons gemeentes en kerk vir die jonger generasie kan gee mag ons dalk verder kom…of die doop...

Is omgekeerde mentorskap nie die energie waarna daar in baie gemeentes gesoek word nie?

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Is die dominee die kaptein of die afrigter?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek dink daar is ‘n rolverwarring by baie predikante. Ons sien onsself as die kaptein op die veld wat die gemeente moet lei. Ons Kerkrade dink ook so en hulle meet ons toenemend aan ons prestasies as kapteins. Byna soos met sportlui voel Kerkrade daar moet ‘n prestasie-klosule ingebou word en sommer direk gekoppel word aan die vergoeding van die leraar. Hoewel min Kerkrade dit sal doen, is daar baie wat heimlik hoop hulle kan dit doen.

Op die oog af klink dit nie te dronk nie, maar as jy so ‘n bietjie daaroor dink is dit nie moeilik om tot die besef te kom dat die soort denke ons nie gaan help nie. Die probleem is nie in die eerste plek die noodsaak van verantwoordbaarheid nie. Ek dink dit is noodsaaklik en dit is jammer dat soveel predikante bang is vir verantwoordbaarheid- maar hieroor later. Die probleem le meer in die “prestasie” gedagte maar eintlik in die verstaan van die rol van die Leraar, en die probleem kom van twee kante af.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Ekerk leiernuusbrief

Geskryf deur Coen Slabber on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Geloof in die Morawiërs se agterplaas.

ekerk se Leier Nuusbrief vir Maart 2011 het my geboei.  Lees gerus en teken in asb julle belangstel.

Ek kyk om my — almal hardloop. Waarheen?

Ek het besluit om hierdie nuusbrief met 'n eenvoudige gediggie te begin. Ek kon nie uitvind wie die skrywer is nie, maar hy/sy het 'n groot waarheid hier beet.

Slow Me Down

Slow me down, Lord, I'm going too fast;
I can't see my brother as he goes past.
I miss a lot of good things day by day.
Including the blessings you send my way.
Slow me down, Lord, so I can see
More of the things that are good for me;
A lot less of me so there'll be more of You.
Let more of heaven come shining on through.
Let me help a brother when the going's rough;
When folks work together, it ain't so tough.
Slow me down, Lord, so that I can talk
with more of your children... slow me down to a walk.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Is Roeping 'n bestemming of 'n leefstyl?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek dink vanaand terug aan 'n aantal gesprekke wat ek die afgelope tyd gehad het met vriende wat nadink oor hulle roeping. In baie van die gesprekke het dit te make met 'n aanvanklike roeping en dan 'n lewensreis wat daarop volg waarin die ideale van die roeping nie realiseer soos aanvanklik gedroom nie. In 'n gesprek hieroor het ek skielik soos vir die eerste self besef dat Roeping natuurlik nooit bedoel is as 'n bestemming nie maar as 'n reis.

Ek dink ekself is dalk verlei deur die populêre leierskapsdenke van die tyd wat ons aanmoedig om doelgedrewe te leef. Ek is in strategiese denke geleer dat die doel so spesifiek as moontlik moet wees en sommer nog meetbaar ook. Hoe sterker die fokus is, hoe beter is die kans dat jy daar kan uitkom- is die pragmatiese filosofie van die soort denke. 'n Mens is eintlik verstom hoe kragtig hierdie soort denke ons tyd gevorm het- wel toegegee seker beslis die verbeelding wereld van die Boomer generasie waarvan ek deel is.

Baie gemeentes het ook min of meer so gedink-kom ons kry lekker gefokusde doelwitte en dan jaag ons dit na in ons poging om die gemeente weer 'n bietjie lewe te gee. Min daarvan realiseer

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

modafinilCialischeap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacyCialis