Hoop wat ons taai maak om aan te hou
Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.
“My span kan nie meer nie" , sê sy oor die foon. "Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie. Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig. My span is besig om te vou", sluit sy af.




