Missionale Safari
Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari
Kyk gerus na Jurgens Hendriks se vertelling van die verhaal van 2010 se Missional Safari in Zimbebwe en Namibie op You Tube missional safari
“A church that pitches its tents without constantly looking out for new horizons, which does not continually strike camp, is being untrue to its calling … We must play down our longing for certainty, accept what is risky, live by improvisation and experiment.” Hans Kung – The Church

Soveel gedagtes rondom hierdie moment in die geskiedenis van Israel word los gelaat. Ons leef self in ‘n opwindende tyd in ‘n opwindende land. Ons vind ook dat daar almeer dele van hierdie landskap van ons is wat ons nog nie werklik deurgrond het nie. Ons het ook baie seëninge om uit te deel.
Wie is die Gobabs in ons lewens?
Ons kan leer by mense van ander kultuur- en etniese groepe. Die een groep kan by die ander leer hoe bv. apartheid hulle menswees geraak het, hulle psige ingedring het, hulle verstaan van medelandgenote steeds raak. Ons het nog glad nie genoeg geluister hoe mense geraak is deur die vergrype van die verlede nie. Ons verstaan nie werklik die woede wat daar steeds is en ook selfs opnuut losgelaat word nie. Ons het hierdie kennis nodig om saam die pad vorentoe te loop.
Kortom:Boomer-gemeentes is in die moeilikheid as hulle nie kan leer om oor te gee aan die X-generasie nie!
Hy groet my hartlik en warm in sy gebroke Engels. Dadelik voel ek sommer ʼn warmte en liefde oor generasie-, kultuur- en taalgrense aan. Sy motor is nie ver nie. ‘n Skoda, soos die meeste ander motors in Tsjeggië (‘n plaaslike produk). Hy vra uit oor die reis en kort voor lank gesels ons oor kerk, geloof en geskiedenis.
Hy begin praat oor Morawië en my brein begin konneksies maak – Genadendal, sending, John Wesley, Engeland, Duitsland. Ons ry nou in Morawië, ʼn geografiese streek in die ooste van Tsjeggië, wat in die agste eeu na Christus ontstaan het.
Gedurende die 14de eeu ontstaan ʼn kerk genaamd Unitas Fratrum (Broeders van Eenheid) as ʼn teenreaksie op die praktyke van die Rooms Katolieke Kerk (RKK). Hulle fokus baie sterk op eenheid, sending, piëteit en musiek. John Huss wat die groep begin het, wou sien dat aanbidding in die plaaslike taal plaasvind, die aflaatstelsel afgeskaf word, priesters toegelaat word om te trou, ‘n ander siening van die nagmaal gehuldig word en afstand gedoen word van die gedagte aan ‘n vagevuur. Hulle opstand teenoor die RKK kom ʼn honderdjaar voor dié van Martin Luther. John Huss betaal met sy lewe vir sy oortuigings toe hy deur die RKK op ʼn brandstapel tereggestel is.