PASE – HEMELVAART 2013
God het Jesus uit die dood opgewek en ons met Hom! Hierdie week fokus ons op Jesus se Hemelvaart. Ons Nuwe Lewe word ‘uit die hemel’ met Jesus se Hemelvaart ‘hemels’ bevestig. Dis jammer dat gelowiges hierdie verlossingsdaad van God omtrent heeltemal vergeet het.
ONS LUISTER
Handelinge 1:1-11 Psalm 47 of Psalm 93; Efesiërs 1:15-23; Lukas 24:44-53 Fokus: Ons Here se Hemelvaart in Lukas se storie in Hand 1:1-11. Luister asseblief ook na die ander God-verhale vir ons vir die week. Lukas se tweede verhaal skuif die fokus van die Jesus-verhaal [Die Evangelie van Lukas] na die Opgewekte Jesus-verhaal wat in en deur die Gees in ons leef en werk [Handelinge]. Van nou af werk God sy verlossing in en deur ons, Sy Bruid [die verhale uit Openbaring in Pase-tyd]. Dit is oorweldigend om net daaraan te mag dink. Is dit regtig ook vir jou ‘amazing’? Hoe doen God dit in en deur ons?









Ons gemeentes hier in Mosselbaai (NG Mosselbaai en VGK Mosselbaai) het voorheen al lekker as ‘n span saamgewerk, dienste saam aangepak, by basaars wedersyds stalletjies gehad en ondersteun. Maar ai, dan val mens gou weer uit die span uit en oefen afsonderlik op eie velde.