Kwaliteit tyd

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Kwaliteit Tyd lesse van die Obamas

Geskryf deur Alta Marais on . Posted in Positiewe Ouerskap - Kwaliteit tyd

Ons gesels hierdie keer oor die planne wat ‘n baie besige gesin maak:

In die Oktober 2009 uitgawe van die "Reader's Digest" kry ons ‘n kykie in die gesinslewe van die Amerikaanse president en sy gesin. As dit by kinders kom, verskil hulle nie so baie van die meeste van ons nie: Hulle is ook werkende ouers met ‘n besige skedule en hulle kinders het dieselfde basiese behoeftes as ons s'n - selfs al woon hulle in die Wit Huis.

Dit blyk dat om kwaliteit tyd saam met hulle kinders deur te bring, vir hulle ‘n hoë prioriteit is.

  • Hulle baljaar saam met hulle kinders op rollerskaatse.
  • Sasha, die jongste, "snuggle" op haar pa se skoot terwyl hulle na haar sussie se sokkerwedstryd kyk. Sokker, kan jy glo! Dit is net dapper ouers wat hulle dogter toelaat om sokker te speel. Pa Obama kan wel nie by alle wedstryde wees nie, maar hulle ma maak ‘n punt daarvan om beskikbaar te wees.
  • Op die eerste skooldag word soentjies en drukkies links en regs uitgedeel.
  • Ma Michelle beplan rituele vir die kinders wanneer hulle pa (wat amper as ‘n naweekouer beskryf kan word), weens werksverpligtinge heel dikwels nie tuis is nie. Hulle hou byvoorbeeld "snuggle time". Gedurende dié tyd kuier ma en dogters heerlik in die bed en gesels ‘n hond uit ‘n bos.
  • Die President is nogtans nie onbetrokke nie. Hy het al sewe Harry Potter boeke hardop vir sy dogter Malia voorgelees. Al die saamlees het tot gevolg dat die kinders nou ywerige lesers is.
  • Hulle probeer om die meeste van die tyd saans saam eet. Blykbaar is dit makliker vandat hulle in die Wit Huis woon, want Pa se kantoor is in die onderste verdieping van hulle "huis". Hulle het ook ‘n vaste tyd om in die bed te wees. Eenvoudige, herhalende rituele soos hierdie, wat te make het met eet- en slaaptyd, laat kinders veilig voel, selfs al rebelleer hulle soms daarteen.
  • Hulle ouma speel ‘n belangrike rol in hulle lewens en vandat hulle in die Wit Huis woon is sy amper soos ‘n derde ouer. Haar portefeulje is naskoolse afsprake, tuiswerk, musiek oefen en ander buitemuurse aktiwiteite.
  • Toe die Michelle Obama die Wit Huis se binnenshuise versiering laat doen het, was een van haar kriteria dat dit moontlik moes wees om van die rusbankkussings ‘n fort te bou. In hulle gesin is dit ‘n heerlike aktiwiteit vir ‘n reëndag.

Het dit u ook getref dat nie een van die aktiwiteite geld kos nie?

Vir meer inligting oor die Obama familie kyk hier

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Maak tyd vir kwaliteit tyd

Geskryf deur Alta Marais on . Posted in Positiewe Ouerskap - Kwaliteit tyd

Ons kan deelnemende ouerskap vergelyk met ‘n pad wat tot ‘n eindbestemming lei waar goeie verhoudings en positiewe waardes gevestig is. Elke POSPAR ouer stap met die pad. Langs die pad gee POSPAR noukeurige aanwysings wat gevolg kan word om veilig by die eindbestemming aan te kom. Daar is egter ‘n vangplek: Die pad het ‘n stewige basis of fondament nodig, anders ontstaan daar slaggate wat vordering belemmer of selfs onmoontlik maak. Ouers wat op pad is met deelnemende ouerskap is self vir die instandhouding van die basis verantwoordelik. Hulle doen dit deur kwaliteit aandag aan hulle kinders te gee - kwaliteit tyd ís die fondament van deelnemende ouerskap.

Die waarheid is dat ouers gewoonlik nie tyd het daarvoor nie. Hulle moet dit skep, maar hoe?

  • Eerstens is dit nodig dat ouers hulle lewens sal vereenvoudig en
  • tweedens is dit nodig om te beplan of begroot vir tyd vir aktiwiteite met kinders (oor hierdie een gesels volgende keer).

‘n Eenvoudige(r) leefwyse (ek sukkel daarmee en dit sal my help om saam met u daaroor te besin)

Gordon Mc Donald gebruik in sy boek, ‘n Tyd vir orde, die volgende slagspreuk: "Pasop vir die leegheid van ‘n besige leefwyse". Willem Nicol sê in sy boek, Rykdom in eenvoud: "Daar is verskeie sake in ons oorvol lewe wat ons nie sal doodmaak as ons minder aandag daaraan gee nie."

Hoewel dit net ‘n ouer self is wat sal kan vasstel wat die sake is "wat nie sal doodmaak" as hy of sy minder aandag daaraan gee nie, kan ons mekaar aan die dink sit oor moontlikhede. Ek noem daarom voorbeelde van hoe ouers daarin geslaag het om hulle lewens te vereenvoudig om tyd te maak vir kwaliteit tyd met kinders:

Pieter vertel hoe hy sy spogtuin met ‘n inheemse tuin vervang het. Die tuin het nie net ‘n kwart van die aandag nodig wat die vorige tuin geverg het nie, dit benodig ook feitlik geen besproeiing nie. Tot sy verbasing stel sy kinders ook baie meer belang in sy nuwe tuin, raak opgewonde oor elke nuwe blommetjie en soek oral na inheemse plantjies. In die verlede was die baie aandag wat hy aan die tuin gegee het tot nadeel van sy verhouding met sy kinders, nou bring hulle daar kwaliteit tyd deur.

Anida vertel dat sy haar huishouding vereenvoudig het om meer tyd vir haar kinders te maak deur op te hou om ure lank te stryk. Sy probeer om klere te koop wat nie te sleg lyk as dit nie gestryk word nie en het opgehou om te wonder : "Wat sal die mense sê?" Klere word nou net netjies opgevou en weggepak. Sy stryk ook nie meer lakens en slope nie, want sy weet van niemand wat iets oorgekom het as hulle op ongestrykte lakens slaap nie.

Jeanne kon nooit nee sê nie en het aan tien verskillende organisasies behoort, almal voortreflike sake. Sy het dit verminder tot twee en het nou meer tyd vir haar gesin.

Liewe ouers, help asseblief met nog voorbeelde!

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Kwaliteit-tyd

Geskryf deur Alta Marais on . Posted in Positiewe Ouerskap - Kwaliteit tyd

Iemand wou onlangs weet wat kwaliteit-tyd eintlik is en of dit maar net nog ‘n mode uitdrukking is. Ek reageer graag daarop, want kwaliteit-tyd is een van die hoekstene van positiewe ouerskap.

Kwaliteit-tyd is:

Tyd wat ‘n ouer alleen saam met ‘n kind deurbring en ‘n positiewe verhouding met hom of haar bou terwyl die ouer geheel en al op die kind fokus en op wat hulle saam doen.

Kwaliteit tyd is ‘n kind se geboortereg en nie maar net iets wat ouers doen omdat hulle gaaf is en tyd daarvoor het nie. Iemand het onlangs gesê: "As ‘n mens kinders het, spel jy liefde t-y-d."

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar