Druk
PDF

NOG ’N TIENERMA VERTEL VAN HAAR ERVARINGS MET HAAR ONTLUIKENDE TIENERDOGTER

Geskryf deur Alta Marais on . Posted in Positiewe Ouerskap - Kommunikasie

Ek vra verskoning dat die blog deur so 'n lang "winterslaap" is, maar ons is weer aan die gang. Baie dankie Jampie, vir jou gereelde deelname, jou waardevolle insette en dat jy POSPAR daar in die noorde aan die gang hou.

Amanda bely dat haar dogter se emosionele reaksies en onbillike aantygings haar soms onkant vang. Hulle gesin het saam besluit om te spaar om oorsee te gaan. Almal is baie opgewonde daaroor. Toe gebeur dit dat 'n groep maats Gerda nooi om saam met hulle te gaan vakansie hou - elkeen sou verantwoordelik wees vir eie kostes, nogal 'n aansienlike bedrag. Toe sy daaraan herinner word dat hulle spaar om oorsee te gaan, het sy uitgevaar dat hulle as gesin nooit lekker goed saam doen nie en dat sy in elk geval nie weet of sy nog hoegenaamd wil oorsee gaan nie. Dit is toe dat Ma haar POSPAR benadering oorboord gooi en haar laat verlei om ingesleep te word in 'n emosionele redenasie wat tot niks goeds gelei het nie.

By 'n ander geleentheid wou sy haar stukkende skoolskoen se sool vasplak. Amanda wou behulpsaam wees en het aangebied dat Pa dit kon doen. Gerda vervies haar toe en sê sy weet hy sal dit nie doen nie, want hy het mos nooit tyd nie en verwag Ma dat sy maar met die stukkende skoen moet loop? Ma voel seergemaak. Sy trap weer in die slagyster deur deel te neem aan 'n emosionele gesprek en sê dat Gerda onbillik is. Gerda het haar opgeruk, die skoen neergegooi en weggeloop.

Na dié twee insidente het Amanda gaan sit en besin en ook weer die insetsel : "Help, ek dink ek het 'n tiener" op die blog gelees. Sy het haarself in haar kind se skoene geplaas en beleef hoe haar kind "te midde van 'n sikloon, sonder 'n kompas, voortploeter op haar ontwikkelingspad." Meteens is sy met groot deernis vervul.

Amanda het na Gerda gegaan en gesê dat sy jammer is dat sy skerp reageer het en het aan die hand gedoen dat hulle later, as Gerda kalm is, oor die insidente kan gesels. Twee dae later het Gerda kom sê dat sy jammer is oor haar optrede en toe kon ma en dogter 'n sinvolle gesprek voer.

Amanda het uit die situasie geleer dat sy nie dit wat haar verwarde kind kwytraak, persoonlik moet opneem nie. Tweedens weet sy nou dit nie wys is om te reageer terwyl Gerda (en syself) in 'n erg emosioneel toestand is nie, maar dat dit veel beter is om eers te wag tot Gerda weer kalm is en in staat is om logies te dink. Sy het ook tot die gevolgtrekking gekom dat Gerda nou nóg meer kwaliteit tyd nodig het as voorheen.

Hulle gesin probeer ook om deur middel van die waardes waarop hulle saam besluit het, ankers  daar te stel waaraan almal van hulle gedurende hierdie, soms stormagtige, tyd kan vashou. Hier volg hulle waardes:

  • Ons gesin gebruik woorde wat opbou.
  • Ons is lief vir mekaar.
  • Ons het respek vir mekaar.
  • Ons maak tyd vir mekaar.
  • Ons is bedagsaam teenoor mekaar.
AddThis Social Bookmark Button


Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris



priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy