Godsdiensaktueel
Jeugdag, ons kinders en die toekoms
Vandag vier ons Jeugdag en onwillekeurig dink ek aan Hector Pieterson, maar in ons land met sy bewoë geskiedenis ook aan Racheltjie de Beer, Nkosi Johnson en Japie Greyling. Sommige lesers mag dalk nie al die name ken nie, maar glo my, hulle verteenwoordig eintlik die duisende anonieme kinderhelde van ons land.
Jeugdae word regoor die wêreld gevier. Angola, China, Indië, Singapoer, Turkye en talle ander lande het elkeen hul eie datum waarop Jeugdag gevier word. Die VN se internasionale Jeugdag val op 12 Augustus.
Maar hoe wel is dit met ons eie kinders en jongmense op hierdie dag?
Helder antwoorde in komplekse situasies?
Na hierdie kernbeginsel het ons reeds voorheen verwys. In `n wêreld van groeiende kompleksiteit is dit `n kosbare geskenk. In `n land soos Suid-Afrika, kan ons nie daarsonder nie. Nie almal verstaan dit nie, maar ek voel al meer dat `n begrip vir kompleksiteit jou help om jou Suid-Afrikaanse paspoort met waardigheid te dra.
Verlede week het ek die voorreg gehad om Dr. Joel Hunter, een van president Barack Obama se persoonlike raadgewers, te ontmoet. Hunter is in eie woorde `n uitgesproke Evangeliese Christen (“Evangelical”) wat die sluitingseremonie by die Demokrate se nasionale konvensie in 2008 gelei het. Wie Amerika goed ken, sal weet dat dit opsigself al vir sommige `n paradoks verteenwoordig.
Enkele opmerkings uit die oggend se gesprek bly my by.
Lewe in `n seks-seer land
Die eerste opmerking was spesifiek na aanleiding van ons president se doen en late die afgelope tyd. “Jacob Zuma”, sê sy, “laat my as vrou geweldig bang, broos en onseker voel.”
Die tweede opmerking was: “Ek dink ons het ons innerlike kompas verloor. Dit gaan soos `n woer-woer tekere, omdat daar net te veel ‘magnetiese’ kragte daarop inwerk.”
Hierdie twee opmerkings het `n hele bondel vrae by my wakker gemaak.
- Wat is aan die gang wanneer Tiger Woods, ander sportsterre en bekendes, die voorblaaie van ons koerante met eentonige reëlmaat versier, maar dan nie om die eintlike rede waarvoor hulle bekend geword het nie?
- Wat doen jy wanneer die bewering gemaak word dat daar op hierdie oomblik waarskynlik meer mense as gevolg van mensehandel in slawerny is, as toe slawehandel dekades gelede op `n hoogtepunt was? Die verskil is net dat die meeste vroue en kinders wat slagoffers hiervan is, nie in fabrieke of op plase gaan werk nie. Ons weet wat gebeur.
- Hoe dink ons oor die VIGS-pandemie wat steeds soos `n somerveldbrand in die Kaapse fynbos maai?
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 1155
VRYLATING, GENADE EN GEREGTIGHEID
Diep en rou emosies is in die proses blootgelê. Intuïtiewelik voel `n mens aan dat hier veel meer op die spel is as maar net die presidensiële kwytskelding van twee politieke simbole. Dat dit nie `n eenvoudige saak is nie, blyk uit die verskeidenheid standpunte wat die rondte doen.
As Christen-gelowige is ek egter in die proses met heelwat vrae en konsepte gekonfronteer wat onlosmaaklik deel van my geloofstradisie is. Ek dink veral aan konsepte soos reg en geregtigheid, genade, vryspraak, vrylating en vergifnis. In Luk 4 lees ons dat Jesus gekom het om die “vrylating van gevangenes uit te roep… om die genadejaar van die Here aan te kondig.” Was dit `n blote metaforiese geestelike verwysing, of het dit implikasies vir hulle wat letterlik in die tronk sit?
Ons weet dat daar binne die Evangelie heelwat sogenaamde paradokse aangetref word. Gee jou lewe en jy sal dit terugkry. Ons lewe uit genade, maar terselfdertyd in gehoorsame uitlewing van die wet. So kan ons aangaan. Hoe egter konkreet gemaak met bogenoemde situasie? Wat die sage nog meer sensitief maak, is dat die vraag al meer gevra word, of De Kock inderdaad nie maar net die rookskerm vir Shaik se vrylating is nie? Word daarmee saam nie `n katnes van gebeure onder die mat ingevee nie? Dit hef egter nie eersgenoemde vrae op nie.
Mag ek met huiwering, te midde van die kompleksiteit, vir `n oomblik hardop oor die saak dink?




