Godsdiensaktueel

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Dankbaarheid is die hart se geheue – Die Burger, 14 Julie 2010 – Godsdiens Aktueel

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

Cicero het al meer as tweeduisend jaar gelede gesê dat dankbaarheid die moeder van alle deugde is. Tog sukkel ons almal soms daarmee. Daarom bly een van die aangrypendste verhale in die Bybel vir my die een in die Lukas Evangelie, waar vertel word van die tien melaatse manne wat deur Jesus genees is en hoe net een, `n Samaritaan, dan omdraai om vir Jesus dankie te sê. Dankbaarheid is die geheue van die hart, het JB Massieu op `n keer gesê, maar ons vergeet vinnig. Vandag wil ek egter dankie sê. Die Wêreldbeker het gekom en gegaan. Die doemprofete is verkeerd bewys, die wêreld het opnuut kennis geneem van ons broos landjie se vermoë om elke keer weer op te staan en almal te verras. Suid-Afrika het haar arms vir die wêreld oopgemaak en die wêreld se sinisme het in verwondering verander. Die stories wat ons hoor is oorweldigend en maak jou trots en dankbaar om in Suid-Afrika te woon. `n Kollega vertel dat `n taxibestuurder nou die dag by `n stopstraat oorleun en vir sy vrou sê: “Ai Mevrou, dit is so lekker om so met mekaar te kan praat. Kan dit nie maar na die World Cup so aangaan nie?” “Jul grootste bate in Kaapstad,” het die buitelanders gesê, “is die berg, Kaappunt en die wonderlike mense!” Daar is oneindig meer sulke ervarings om te deel. Die vraag is egter: Was dit alles toeval? Was ons sogenaamde planete maar net vir `n slag in `n ry? Is ons regtig ouliker as wat ons meestal dink? Selfvoldaanheid stuur nogal maklik op `n ramp af. Dit wys die geskiedenis. Daarom wil ek vandag net dankie sê. Ek wil dankie sê aan `n Skepper God en Vader wat voortgaan om ons te verras. Deur sy skepsels gaan hy met sy skeppingswerk voort hier onder ons. Ek wil dankie sê aan Jesus Christus wat sy onverdiende genade uitstort op ons en sy spreekwoordelike reën laat val op die goeies en die slegtes. Ja, Hy seën soms veel meer as net diegene wat ons dink seën verdien. Ja, God het meer kinders vir wie Hy lief is, as wat ons besef. Ek wil dankie sê vir die Heilige Gees wat in en deur ons werk en die wêreld laat besef het dat daar iets in ons is wat anders is. Dankie liewe Heer, dat ek op hierdie tyd in Suid-Afrika mag woon. Dankie vir die ingenieurs, bestuurders, tegnici, die vrywilligers, polisie, die gewone werkers en al die ander wat met lang ure en baie sweet die stadions, die lughawens en infrastruktuur daar gestel het en wat die wêreld se asem weggeslaan het. Dankie vir die hoop wat dit laat groei het dat dit nie die laaste keer hoef te wees nie, maar dat dit weer en weer kan gebeur. Dankie vir `n oomblik van welwillendheid en vrede in `n wêreld vol konflik en vooroordele. Dankie Heer vir dit wat ons nie eers altyd besef uit U hand kom nie. Maar nou bid ek vir nederigheid en afhanklikheid onder ons mense. U ken die uitdagings van ons dag. Daar is berigte oor vreemdelingehaat en sommige kritiese doemproefete kan seker nie wag om voort te gaan met hul afbrekende kritiek nie. U ken hulle wat wil verdeel en teer op konflik. Bewaar ons Heer in hierdie dae. Mag dankbare harte ons dring om voort te gaan om met geloof, hoop en liefde, U kinders te wees in die wonderlike land waarin ons mag woon.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Jeugdag, ons kinders en die toekoms

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

In `n donker wêreld is daar `n lig wat kinders kan aansteek wat grootmense soms lank reeds verloor het.

Vandag vier ons Jeugdag en onwillekeurig dink ek aan Hector Pieterson, maar in ons land met sy bewoë geskiedenis ook aan Racheltjie de Beer,  Nkosi Johnson en Japie Greyling. Sommige lesers mag dalk nie al die name ken nie, maar glo my, hulle verteenwoordig eintlik die duisende anonieme kinderhelde van ons land.

Jeugdae word regoor die wêreld gevier. Angola, China, Indië, Singapoer, Turkye en talle ander lande het elkeen hul eie datum waarop Jeugdag gevier word. Die VN se internasionale Jeugdag val op 12 Augustus. 

Maar hoe wel is dit met ons eie kinders en jongmense op hierdie dag?

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Helder antwoorde in komplekse situasies?

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

Die Evangelie van Jesus Christus hanteer dikwels oënskynlike teenstrydighede, of te wel paradokse.

Na hierdie kernbeginsel het ons reeds voorheen verwys. In `n wêreld van groeiende kompleksiteit is dit `n kosbare geskenk. In `n land soos Suid-Afrika, kan ons nie daarsonder nie. Nie almal verstaan dit nie, maar ek voel al meer dat `n begrip vir kompleksiteit jou help om jou Suid-Afrikaanse paspoort met waardigheid te dra.

Verlede week het ek die voorreg gehad om Dr. Joel Hunter, een van president Barack Obama se persoonlike raadgewers, te ontmoet. Hunter is in eie woorde `n uitgesproke Evangeliese Christen (“Evangelical”) wat die sluitingseremonie by die Demokrate se nasionale konvensie in 2008 gelei het. Wie Amerika goed ken, sal weet dat dit opsigself al vir sommige `n paradoks verteenwoordig.

Enkele opmerkings uit die oggend se gesprek bly my by.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Lewe in `n seks-seer land

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

Twee onlangse opmerkings van vroue het my kop aan die dink gesit. Albei is kennisse, wie se aanvoeling ek nogal vertrou.

Die eerste opmerking was spesifiek na aanleiding van ons president se doen en late die afgelope tyd. “Jacob Zuma”, sê sy, “laat my as vrou geweldig bang, broos en onseker voel.”

Die tweede opmerking was: “Ek dink ons het ons innerlike kompas verloor. Dit gaan soos `n woer-woer tekere, omdat daar net te veel ‘magnetiese’ kragte daarop inwerk.”

Hierdie twee opmerkings het `n hele bondel vrae by my wakker gemaak.

  • Wat is aan die gang wanneer Tiger Woods, ander sportsterre en bekendes, die voorblaaie van ons koerante met eentonige reëlmaat versier, maar dan nie om die eintlike rede waarvoor hulle bekend geword het nie?
  • Wat doen jy wanneer die bewering gemaak word dat daar op hierdie oomblik waarskynlik meer mense as gevolg van mensehandel in slawerny is, as toe slawehandel dekades gelede op `n hoogtepunt was?  Die verskil is net dat die meeste vroue en kinders wat slagoffers hiervan is, nie  in fabrieke of op plase gaan werk nie. Ons weet wat gebeur.
  •  Hoe dink ons oor die VIGS-pandemie wat steeds soos `n somerveldbrand in die Kaapse fynbos maai?
    AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VRYLATING, GENADE EN GEREGTIGHEID

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

Die prominensie wat die moontlike vrylating van Eugene de Kock en Shabir Shaik die afgelope tyd in die media verkry het, is verstaanbaar.

Diep en rou emosies is in die proses blootgelê. Intuïtiewelik voel `n mens aan dat hier veel meer op die spel is as maar net die presidensiële kwytskelding van twee politieke simbole. Dat dit nie `n eenvoudige saak is nie, blyk uit die verskeidenheid standpunte wat die rondte doen.

As Christen-gelowige is ek egter in die proses met heelwat vrae en konsepte gekonfronteer wat onlosmaaklik deel van my geloofstradisie is. Ek dink veral aan konsepte soos reg en geregtigheid, genade, vryspraak, vrylating en vergifnis. In Luk 4 lees ons dat Jesus gekom het om die “vrylating van gevangenes uit te roep… om die genadejaar van die Here aan te kondig.” Was dit `n blote metaforiese geestelike  verwysing, of het dit implikasies vir hulle wat letterlik in die tronk sit? 

Ons weet dat daar binne die Evangelie heelwat sogenaamde paradokse aangetref word. Gee jou lewe en jy sal dit terugkry. Ons lewe uit genade, maar terselfdertyd in gehoorsame uitlewing van die wet. So kan ons aangaan. Hoe egter konkreet gemaak met bogenoemde situasie? Wat die sage nog meer sensitief maak, is dat die vraag al meer gevra word, of De Kock inderdaad nie maar net die rookskerm vir Shaik se vrylating is nie? Word daarmee saam nie `n katnes van gebeure onder die mat ingevee nie? Dit hef egter nie eersgenoemde vrae op nie.

Mag ek met huiwering, te midde van die kompleksiteit, vir `n oomblik hardop oor die saak dink?

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy