Christelike perspektief

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Moeilikheid of moontlikheid?

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Christelike perspektief

Die afgelope tyd se dramatiese gebeure in die internasionale finansiële wêreld het net weer kom onderstreep hoe broos ons wêreld is. Voeg hierby `n goeie dosis plaaslike politieke en sosio-maatskaplike onsekerheid en baie sou kon wonder waarheen ons oppad is.

Krisisse was nog altyd deel van ons lewe en sal ook in die toekoms wees. Die vraag is hoe `n mens in so `n wêreld leef?

Die bekende dirigent van die Bostonse simfonie orkes, Benjamin Zander, praat graag oor die moontlikhede wat elke dag om ons bestaan. Ten einde dit raak te sien, is dit belangrik dat ons vertrekpunte of verwysingsraamwerk reg sal wees. Zander sê dat dit nie help om oor en oor vir jouself te sê “hoe dit was” nie. Dit maak jou dikwels net kwaad, bitter en depressief. Dit help ook nie om te sê “hoe dit behoort te wees” nie. Dit veroorsaak stres, omdat jy meestal `n magteloosheid ervaar as jy na die werklikheid om jou kyk. Dit help meer dikwels om gewoon te sê: “Dit is hoe dit is”. Dit is geensins `n fatalistiese opmerking nie, maar `n nugtere aanvaarding dat al wat ons het opgesluit lê in vandag. Dit geld vir ons gesondheid, finansies, verhoudinge, ja, elke duimbreedte van ons bestaan. Dit is egter nie waar dit stop nie.  Môre se moontlikhede is ook opgesluit in vandag.

Die toekomskundige, John Naisbitt, sê tereg dat weinig van wat in die toekoms gaan gebeur, se wortels nie alreeds in vandag lê nie. So is Lehman Brothers se moeilikheid sekerlik nie eers `n week terug gebore nie. Die beginsel geld vir ons moeilikheid, maar ook vir die positiewe moontlikhede wat ontsluit kan word. Die vraag is of ons dit raaksien? Naisbitt verwys na Einstein se teorieë en sê dat Einstein min formules self uitgedink het, maar in staat was om op die regte bestaande formules te bou.  Al wat ons het, is dit wat ons vandag het. Die vraag is watter wortels ons gaan koester en watter plantjies ons gaan natmaak om môre soet vrugte te eet?

Gelowiges verstaan dat daar veral een groot werklikheid is, wat deel is van vandag. Dit is die Drie-Enige God self. Jesus Christus is inderdaad gister en vandag en tot in alle ewigheid dieselfde (Heb 13:8). Dit is hierdie God wat ons help om die moontlikhede midde in die moeilikheid raak te sien en te ontsluit. Hy is die stabiliteit, belofte en moontlikheid wat in vandag opgesluit lê. Meer en meer stemme gaan op wat sê dat ons versigtig moet wees om ons eie planne met alle mag te probeer realiseer. Dit ontneem ons doodeenvoudig die geleentheid om die Godgewe moontlikhede om ons raak te sien. God is deel van vandag se werklikheid. Dit is hoe dit is! Mag Hy ons help om nie net probleme op te los nie, maar veral die moontlikhede te ontgin

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Stukkende, seer mense

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Christelike perspektief

Dalk is een van die grootste probleme van ons dag die feit dat die mensdom sukkel om te verstaan dat ons almal deel is van `n baie stukkende wêreld.

Hierdie stukkendheid neem baie verskillende vorme aan.

Ek besef egter al meer dat die wêreld met die illusie leef dat daar `n kortpad uit hierdie gebrokenheid is. As ons net die regte knoppie druk, sal ons daarvan bevry word. En watter knoppies word daar nie gedruk nie? Seks, geld, drank, dwelms en magsmisbruik staan natuurlik voor in die koor. Jy sien, so klink die mite, jy kan jou pyn versmoor in driftige genietinge.

Ander dink dat jy dit met `n voorbeeldige lewe of hiper- godsdienstigheid kan systap. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo absoluut dat ons land sug na geloofsverdieping en `n nuwe terugkeer na God. Tog moet ons nie in die illusie verkeer dat dit al die fisiese, emosionele en sosiale gebrokenheid van ons dag in `n oogwink sal omkeer nie. Ons kinders se leed sal in ons lywe bly vassteek, armes en konflik sal daar altyd wees en siekte en dood sal nooit weggaan nie.

Die priester Henri Nouwen, wat `n suksesvolle akademiese loopbaan vaarwel geroep het om gestremde kinders te gaan versorg, het my gehelp om perspektief hierop te kry. Sy raad is kortliks: Moenie dink dat jy van gebrokenheid gaan wegkom deur daarvan weg te hardloop of dit te probeer ontken nie. Nee, leer om te aanvaar dat dit deel van die lewe is en dat gelowiges moeilik daarsonder groei.

Ek worstel self daarmee, maar moes telkens in my eie lewe ontdek dat God veel harder en duideliker deur my pyn met my gepraat het as deur my plesier.Terselfdertyd kan jy dié God leer ken wat in jou gebrokenheid altyd by jou is en aan jou die krag gee om te dra wat jy moet dra. Daar sal jy, soms tot jou verbasing, ontdek dat `n diep vreugde kan groei, midde in jou gebrokenheid. Verder moet ons weet dat juis hulle wat bewustelik met hul eie verwondheid saamleef, soveel beter in staat is om die wonde van die stukkende mense om hulle te verbind.

Intussen weet ek dat Christus met sy eie kruisdood en lyding baie naby aan die lyding van hierdie wêreld gekom het. Daarmee het Hy in die woorde van Philip Yancey “aan alle lydendes `n nuwe waardigheid kom gee”. 

Toe ek dus nou die middag deur die buurt draf en `n hawelose in `n vuilgoedblik sien krap, moes ek net `n oomblik by hom stop. Geld het ek nie by my gehad nie, maar sy glimlag na `n paar woorde se gesels en luister sal ek lank onthou.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Zimbabwe… die laaste uitweg

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Christelike perspektief

“In `n oorlog is die eerste wat sterf die waarheid”
Op hierdie stadium lyk dit nie of die mense van Zimbabwe Vrydag na die stembusse sal gaan om in `n opvolgverkiesing te stem nie. Wat wel seker is, is dat onsekerheid, spanning, geweld, onreg en lyding hoogty vier. Soveel stemme het die afgelope tyd opgegaan wat die krisis in daardie land in die sterkste moontlike taal veroordeel het dat `n mens wonder of daar menslik gesproke nog iets nuuts gesê kan word wat werklik gehoor sal word. Resente ervarings het ons op hierdie punt diep ontnugter en moedeloos gelaat. Dalk is dit daarom juis nou nodig om vanuit `n geloofsperspektief oor Zimbabwe te praat.

Nou die dag loop ek `n dame raak wat lank in Zimbabwe gewoon het. Haar man is in die sewentiger jare daar in `n motorongeluk dood, maar sy was nog jare lank die skriba van die NG gemeente op Masvingo. Zimbabwe het van haar `n baie groot prys gevra. Sy het haar man daar verloor en so ook al haar finansiële sekuriteit. Tog straal daar uit haar `n sagte blymoedigheid wat jou skaam laat.

Dit was egter `n opmerking van haar wat my weer diep laat dink het. “Ai ds, ons bid al soveel jare vir Zimbabwe. `n Mens wonder baie dae wanneer God ons gebede sal verhoor.”

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy