Aanhalings

Godsdiensaktueel

Dagboek

Perspektief

NUUSPERSPEKTIEF- blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Sondag 18 Julie

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Aanhalings

In `n oorlog oor idees is mense gewoonlik die slagoffers - Anon
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Saterdag 17 Junie Vyf kante van gebed

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Geestelike dagboek

Vandag, op hierdie heerlike sonnige helder wintersdag in die Kaap, sommer iets eenvoudigs oor gebed.

Baie, baie boeke is al oor gebed en die verskillende kante en dimensies van gebed geskryf, maar in my stiltetyd vanoggend het veral vyf dinge weer vir my duidelik geword.

  1. Die eerste. Gebed, ware gebed is altyd `n ontmoeting met God. Dit is veel meer as woorde en `n gepaste manier van doen. Dit is daardie een heilige oomblik waar jy besef dat jy waarlik deur die genadige werking van die Heilige Gees, God regtig ontmoet en waarlik bewustelike kontak met Hom het.
  2. Tweedens. Gebed is altyd `n vorm van oorgawe. Dit is `n oomblik waar jy jouself weer oorgee aan die wil van God. Dit is `n ruimte waar jy jou verlange na absolute gehoorsaamheid aan God bekend maak en vra dat Hy jou daarmee sal help.
  3. Derdens. Daarom is gebed veel meer as praat. Dit is ook `n ruimte waar jy fyn luister, tot jy God hoor praat! Dit is `n stil ruimte waar dinge vir jou duidelik word, jy opdragte ontvang en nuwe rigting vir jou lewe ontdek.
  4. Vierdens. Dit is `n ruimte waar jy vra, maar veral dinge vir ander mense vra. Dit is `n plek waar jy intree en vir `n oomblik van jouself af wegkyk. Dit beteken nie dat jy nie jou eie seer en verlange voor God mag bring nie, maar partykeer word jou eie laste net soveel ligter wanneer jy getrou die laste van ander mense voor God bring.
  5. Vyfdens. Gebed is `n eenvoudige manier om dankie te sê. Dit is `n manier om dankie te sê vir klein en groot dinge. Dit is `n manier om God se goedheid in herinnering te roep en te onthou… en dit bring `n eie vrede en vreugde. Dit maak die hart warm.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vrydag 16 Julie

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Aanhalings

Violence can only be concealed by a lie, and the lie can only be maintained by violence. - Aleksandr Solzhenitsyn
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Dankbaarheid is die hart se geheue – Die Burger, 14 Julie 2010 – Godsdiens Aktueel

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Godsdiensaktueel

Cicero het al meer as tweeduisend jaar gelede gesê dat dankbaarheid die moeder van alle deugde is. Tog sukkel ons almal soms daarmee. Daarom bly een van die aangrypendste verhale in die Bybel vir my die een in die Lukas Evangelie, waar vertel word van die tien melaatse manne wat deur Jesus genees is en hoe net een, `n Samaritaan, dan omdraai om vir Jesus dankie te sê. Dankbaarheid is die geheue van die hart, het JB Massieu op `n keer gesê, maar ons vergeet vinnig. Vandag wil ek egter dankie sê. Die Wêreldbeker het gekom en gegaan. Die doemprofete is verkeerd bewys, die wêreld het opnuut kennis geneem van ons broos landjie se vermoë om elke keer weer op te staan en almal te verras. Suid-Afrika het haar arms vir die wêreld oopgemaak en die wêreld se sinisme het in verwondering verander. Die stories wat ons hoor is oorweldigend en maak jou trots en dankbaar om in Suid-Afrika te woon. `n Kollega vertel dat `n taxibestuurder nou die dag by `n stopstraat oorleun en vir sy vrou sê: “Ai Mevrou, dit is so lekker om so met mekaar te kan praat. Kan dit nie maar na die World Cup so aangaan nie?” “Jul grootste bate in Kaapstad,” het die buitelanders gesê, “is die berg, Kaappunt en die wonderlike mense!” Daar is oneindig meer sulke ervarings om te deel. Die vraag is egter: Was dit alles toeval? Was ons sogenaamde planete maar net vir `n slag in `n ry? Is ons regtig ouliker as wat ons meestal dink? Selfvoldaanheid stuur nogal maklik op `n ramp af. Dit wys die geskiedenis. Daarom wil ek vandag net dankie sê. Ek wil dankie sê aan `n Skepper God en Vader wat voortgaan om ons te verras. Deur sy skepsels gaan hy met sy skeppingswerk voort hier onder ons. Ek wil dankie sê aan Jesus Christus wat sy onverdiende genade uitstort op ons en sy spreekwoordelike reën laat val op die goeies en die slegtes. Ja, Hy seën soms veel meer as net diegene wat ons dink seën verdien. Ja, God het meer kinders vir wie Hy lief is, as wat ons besef. Ek wil dankie sê vir die Heilige Gees wat in en deur ons werk en die wêreld laat besef het dat daar iets in ons is wat anders is. Dankie liewe Heer, dat ek op hierdie tyd in Suid-Afrika mag woon. Dankie vir die ingenieurs, bestuurders, tegnici, die vrywilligers, polisie, die gewone werkers en al die ander wat met lang ure en baie sweet die stadions, die lughawens en infrastruktuur daar gestel het en wat die wêreld se asem weggeslaan het. Dankie vir die hoop wat dit laat groei het dat dit nie die laaste keer hoef te wees nie, maar dat dit weer en weer kan gebeur. Dankie vir `n oomblik van welwillendheid en vrede in `n wêreld vol konflik en vooroordele. Dankie Heer vir dit wat ons nie eers altyd besef uit U hand kom nie. Maar nou bid ek vir nederigheid en afhanklikheid onder ons mense. U ken die uitdagings van ons dag. Daar is berigte oor vreemdelingehaat en sommige kritiese doemproefete kan seker nie wag om voort te gaan met hul afbrekende kritiek nie. U ken hulle wat wil verdeel en teer op konflik. Bewaar ons Heer in hierdie dae. Mag dankbare harte ons dring om voort te gaan om met geloof, hoop en liefde, U kinders te wees in die wonderlike land waarin ons mag woon.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Saterdag 10 Julie Sokker en vreemdelinge

Geskryf deur Braam Hanekom on . Posted in Nuusperspektief - Geestelike dagboek

Vanoggend se koerant het ons met teenstrydige opskrifte begroet.

Aan die een kant was daar die vreugde en euforie van die wêreldbeker eindstryd wat wag. SA het haar arms vir die wêreld oopgemaak en alle aanduidings is dat dit `n reuse sukses was. Die stories wat na ons toe kom is oorweldigend en maak jou trots en dankbaar om in SA te woon. `n kollega vertel dat `n taxibestuurder nou die dag by `n stopstraat oorleun na hulle kant en vir sy vrou sê: “Ai mevrou, dit is so lekker om so met mekaar te kan praat. Kan dit nie maar na die world cup so aangaan nie?” Daar is veel meer sulke ervarings om te deel.

Terselfdertyd is daar die hardnekkige gerugte dat xenofobiese haat gaan losbars net na FIFA vetrek het. “Ons is moeg vir die skurke en dwelmsmokkelaars en mense wat ons werk vat”, word gesê. Terselfdertyd sien jy die vroue en kinders wat weerloos gelaat word te midde van soveel agendas en menslike oordele dat jy nie meer weet watter kant toe nie.

As alles klaar gesê is kom daar `n paar gedagtes by my op. Ek dink aan Christus se oproep om die vreemdelinge in ons midde te verwelkom. Mag ons almal ook na die sokker, met `n gees van welwillendheid, liefde, aanvaarding en begrip na alle vreemdelinge kyk. Mag ons aan ander doen soos ons graag aan onsself gedoen wil hê. Mag die skurke uitgewys en aan die kaak gestel word, veral hulle wat hierdie broos situasie vir eie gewin wil uitbuit. Mag God ons steeds groter liefde en fyn onderskeidingsvermoë (aanvoeling) in hierdie dae gee. Gaan lees gerus weer Fil 1: 9,10. Mag Paulus se droom en gebed vir die Filippense ook vir ons in die dae waar word.

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy