Menswaardigheid

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Zuma ontken die vrug van medemenslike Christene

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

President Zuma se respek en waardigheid kwyn nog verder met sy onlangse uitlatings oor Christene. Hy toon geen insig in die heersende sosio-ekonomiese tydgees nie. Sy begrip vir die snel veranderende na-moderne leefwyse is beperk. Dit is waar dat die eerste kerk en later ook ander kerke in Suid-Afrika apartheid bybels regverdig het. Dié groot onreg het meeste kerke bely en is hulle pens en pootjies by die heling van ons land betrokke. Die impak wat industrialisasie, meganisasie en informasie het, word deur Zuma uit die oog verloor. Die rol van die myne destyds,die rekenaartegnologie vandag, die klimaatveranderings, droogtes, wêreldgebeure en verstedeliking het ‘n groot sosiaal-maatskaplike omwenteling veroorsaak. Christene, gemeentes, kerke se dienende aard het verreikkende en verrykende gevolge in hierdie veranderde omstandighede.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

'n Mensgerigte ekonomie broodnodig vir Suid-Afrika

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

"Musemgo a nga langutiwi nonweni." Tsonga-spreekwoord - (Jy kyk nie in die mond van die melkman nie.).

Suid-Afrikaners, woon in 'n land met 'n dominante Westerse kultuur, ons  is as 't ware vasgespin in vry-liberale ekonomiese drade. En dis 'n bittere ironie. Die wonder van ons nuwe demokrasie word ondermyn deur wêreldwye ekonomiese kragte wat ook ons ekonomie tot nadeel van die massas beïnvloed.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vyf redes waarom ek dink armoede konferensies werk nie

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

Ek baseer my mening op grond van 'n die BADISA-armoedekonferensie wat in Kraaifontein in 2005 gehou was en ander groepbesprekings, my dekade lange betrokkenheid by arm gemeenskappe en doktorale navorsing wat op geloof en armoede gefokus het.

1. "Die armes het julle altyd by julle" – Jesus

Tydens een van die colloquium sessies wat die Kraaifontein konferensie vooraf gegaan het, was 'n bekende professor in ekonomie en 'n sakeman-predikant van die sprekers. Die voorheen benadeelde predikant het aandele in 'n wynkelder en maak die opmerking "Die armes het julle altyd by julle". Na die vergadering ry die professor in 'n ou-geroeste bakkie en die predikant in 'n nuwe Duitse spogmotor. Iets is fout as daar steeds in teologiese kringe toegelaat word dat Jesus se woorde uit konteks aangehaal en misbruik word. Die welvaart en sukses geloofspore lê diep, die regstellende aksie trek skeef en die soustrein snel voort.

AddThis Social Bookmark Button
Attachments:
FileBeskrywingFile sizeLaas gewysig
Download this file (Kraaifontein Commitment.doc)Kraaifontein Commitment.doc 54 Kb05/09/11 16:28
Druk
PDF

Respek - 1ste RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

Geskryf deur Donald Katts on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

1. Tema: Respek  (Skriflesing:  Eks. 20:1-17 )

Vraag1. Hoe sou jy respek definieer.

Respek is een van daardie afrikaanse woorde wat ‘n mens amper nie in een sin kan verduidelik nie. Dit voel vir my ‘n mens moet amper ‘n opstel skryf net om die betekenis sowel as om die verwante karaktertrekke daaromtrent te verduidelik. En wat dit nog moeiliker maak is die feit dat die woordjie respek, nie in die bybel voor kom nie. Die Bybel gebruik ‘n klomp woorde wat verwanttrekke toon en benadruk ‘n soort lewensstyl om die inhoudelike van die woord raak op te som.

Woorde en aksies soos, eerbetoon, ontsag hê, voorrang en voorkeur gee, hoog ag en waardig ag, help verduidelik wat respek is en beteken.  Om respek te hê, sluit ook aksies in soos  - te respekteer, te luister na, nie te onderbreek wanneer iemand praat of  nie onderlangs te praat terwyl ‘n spreker op sy voete is nie, nie ander se besittings skade aan te doen, of ander leed aan te doen nie, ook nie die ander se ondergang te bewerk nie, en kan onderdanig wees of om onderdanigheid te handhaaf ook onder die aksies wat respek uitdruk, ingesluit word.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Reaksie van Communitas vriende op Eugene Terre'Blanche se moord

Geskryf deur Frederick on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

Eugene Terre'Blanche is op Stil Saterdag, soos Chris Hani 17 jaar tevore vermoor. Vir baie van ons het Opstandingsondag aangebreek met die aanhoor van hierdie ontstellende nuus. Hier volg die kommentaar van Communitas vriende op Facebook ( die Kommentaar is nie in enige volgorde nie) Lees ook gerus Jannie Swart se bydrae hieroor Tussen Vrydag en Saterdag Voeg gerus jou kommentaar hierby sodat ons mekaar kan bemoedig.

Eugene Terre'Blanche oor Paasnaweek vermoor, soos Chris Hani 17 jaar tevore. Op menslike vlak is dit ewe tragies. Op politieke vlak verskil dit egter hemelsbreed van mekaar. Terre'Blanche het nie meer enige beduidende politieke rol gespeel nie. Neels Jackson

Die spiraal van wanhoop, polarisasie en onderdrukte agressie in ons land sal slegs gebreek word deur gelowiges wat doelbewus beign om die waardes van die Koninkryk te lééf al kos dit hulle alles. Dis wat Jesus gedoen het. Dis die prys wat ons ook te betaal het as ons die kruis wil opneem en Hom volg.Pieter steyn

Met Eugene dood en Malema singend, is ons grootste vyand nie ander of mekaar nie, maar ons eie irrasionele gedagtes. Probeer om nie te oorveralgemeen nie, weet ons is een nasie wat wil streef na vrede en gelykheid.Hennie Pienaar

Paanaweek is anders as enige ander naweek, ook al gebeur ontstellende dinge soos nou. Toe Jesus aan die kruis uitgeroep het: "My God, my God, waarom het U my verlaat?" het Hy al ons benoudheid, al die krete om geregtigheid van alle eeue namens ons uitgeroep. Toe Hy die Sondag uit sy graf die vroegoggend binnestap, het ...Hy ons opgetrek uit alle donker + ons voete op die vaste rots van 'n oopbrekende hoop geanker.Johan van der Merwe

Dinge lyk bietjie anders van die kant, veral as dit 3 km van jou af gebeur.....Of dit nou oor geld was of oor Malema se uitsprake, 'n boer is vermoor, toevallig een wat baie sterk voel oor die AfrikanerMarius Combrink

Alhoewel ek dit kan verstaan, is daar vandag op menigte ander plek ander mense ook vermoor, waarskynlik binne 3 km van waar ek is, en niemand gee om nie. Dit gaan defnitief nie die koerant se voorblad haal nie.

Of dit nou 'n boer is, iemand wat sterk voel oor die Afrikaner of 'n swart bedelaar van Zimbabwe in die strate van Soweto wat sterk voel oor oorlewing, 'n politiese figuur of onskuldige mense in 'n woongebied, iemand wat vir die ANC stem of vir die DA; moord is verkeerd.

Ons gaan alleenlik vooruit beweeg as ons alle moord, alle misdaad, alle ongeregtigheid veroordeel op dieselfde vlak. Dit gebeur nie in die media nie en dit is (myns insiens) deel van die probleem.... Hanno Langenhoven


Die bedelaar verkoop ongelukkig nie koerante of ideologiee nie; die moord van Eugene Terblanche gaan ongelukkig beide baat.

Persoonlik dink ek nie hierdie hartseer gebeurtenis kon op 'n veel slegter tyd in ons politiese klimaat gebeur het nie. Hanno Langenhoven

Dis is vreeslik. ´n Mens hoef dit nie eens te wees met ET se standpunte nie, maar hy was ´n prototipe ´Boer´ wat op die verkeerde plek op die verkeerde oomblik daar was.Marcel Bas

Ek betreur die wreedaardige moord op 'n Afrikanerleier, taalgenoot, strydgenoot en vriend Eugene Terre'Blanche en bsekou dit as 'n politieke moord aangestig deur Julius Malema, die jeugleier van die ANC. Andre Alkema

 

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar