Verantwoordelikheid

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal - 6de RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Verantwoordelikheid

6. Verantwoordelikheid en die ontwikkeling van potensiaal

 Wat is die verband tussen verantwoordelikheid en die ontwikkeling van jou potensiaal?

Weet jy, die Here het ons na Sy beeld geskape, dus, baie goed, uniek, vol potensiaal en ryk aan vermoëns! Gelowiges noem dit talente wat die Here aan ons skenk. Hierdie geskenke moenie toegedraai bly nie,  maar  oopgemaak word. Dis nie wit olifante nie,. Wanneer ‘n mens hulle gebruik,  voeg jy waarde toe aan die samelewing – en word jy terselfdertyd medemenslik verryk.. Seker die grootste geskenk wat ek en jy gekry het,  is ons brein - dis ’n bron van  ongelooflike skeppingsvermoë.

 Hoor ek reg, ons het die verantwoordelikheid om die gawes, wat jy geskenke noem,  ten volle te ontgin...?

Jip, as ons hulle verwaarloos, dan verloor ons dit wat ons spesiaal en kosbaar maak. Ons is waardig. Ons is wesens in wie God ’n vertroue stel, en vir wie God met verantwoordelikheid beklee.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Sondagaktueel - RSG

Geskryf deur Chris Jones on . Posted in Lewenswaardes - Verantwoordelikheid

Sondag Aktueel ~ RSG

 1(A): Waar, wanneer en deur wie word morele waardes gevestig?

Die aanleer van persoonlike waardes werk die beste wanneer ouers van so vroeg as moontlik, en natuurlik voortdurend, hulle kinders met waardes help, hulle daaroor inlig, en goeie voorbeelde hieroor vir hulle stel.

 As ouers dit nie doen nie, word kinders groot met die oortuiging dat waardes nie belangrik is nie. Kinders gaan waarskynlik, soos wat hulle groter word, hulle eie stel waardes ontwikkel. Maar hulle gáán waardes ontwikkel, want hulle ouers het vir hulle gewys dat dit ‘n belangrike deel van enige mens se mondering is.

 Jy vra waar waardes aangeleer moet word? Die aankweek van waardes móét binne die mure van die ouerhuis begin – nie in die skool of kerk nie. Ouers het in elk geval ‘n goeie ses jaar voorsprong bo die skool.

Ongelukkig tree sommige ouers, wat waardes betref, soos hoofkontrakteurs op wat ‘n klomp werk aan subkontrakteurs uitgee. Ouers verwag van subkontrakteurs soos die skool, die kerk, die geestelike leier en die sportafrigter om hul kind se waardesisteem te bou. Maar dít werk gewoonlik nie baie goed nie. Natuurlik kan hierdie subkontrakteurs ‘n belangrike ondersteunende bydrae lewer, maar waardes word primêr deur jou as ouer vasgelê.

Ons “voorbeeld” is baie belangrik. Nie net wat ouers betref nie, maar ook breër beskou. Ons soek rolmodelle in ons samelewing. Mense wat waardes modelleer of beliggaam. Jy weet, ons kan eintlik nie waardes afdwing op mense nie. Ons beskik dus nie oor afdwingende mag nie. Ons mag lê egter in ons voorbeeld.

Ralph Waldo Emerson sê dit so mooi: “Wie julle ís, moet so hard praat dat dit nie nodig is om te hoor wat julle sê nie!”

(1b): Hoe lyk gesonde waardes?

 Gesonde waardes is voordelig vir die persoon wat dit beoefen sowel as vir die persoon teenoor wie dit beoefen word. Dit verbeter die welstand van ander of dit voorkom leed – of doen beide. Gesonde waardes het die vermoë om te vermenigvuldig, selfs al word dit weggegee. Hoe hulpvaardiger kinders bv is, hoe meer komplimente ontvang hulle en hoe makliker gaan hulle daarmee voort. Dit ontwikkel en neem toe soos wat dit beoefen word. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar.

Só baie in die wêreld vandag het te doen met die vraag, Wat kan ek hieruit kry? Gesonde waardes, daarteenoor, gaan oor wie jy is en wat jy gee. Dit is wie ons is en wat ons gee, eerder as wat ons besit – waarmee ons ry, waar ons bly en wat ons kry – wat ons diepste karakter bepaal.

Vraag 2: Hoekom is waardes so belangrik? Is daar ‘n voorbeeld uit die geskiedenis waar dit regtig ‘n gemeenskap verander het?

Waardes genees! Verder sê Richard en Linda Eyre in ‘n boek van hulle dat waardes, veral kinders, se geluk verseker. Dit gee sin en betekenis. Dit maak mense suksesvol, sê Rick Warren. Maar die heel belangrikste – dit genees!

Jy vra na ‘n voorbeeld uit die geskiedenis. Daar is ‘n fantastiese verhaal. En in Suid-Afrika kan ons baie hieruit leer!  

Dit handel oor die Ierse gemeenskap in die vroeë 19de eeu in New York.  

Tienduisende Ierse immigrante het as ‘n verlore gemeenskap in hierdie Amerikaanse stad gebly. Arm en ongeletterd. En verder het hulle hulself vernietig met hul drinkgewoontes - hulle het by onwettige bedrywighede betrokke geraak. Misdaad, veral geweldsmisdaad, het baie van hulle se lewe gekenmerk.  

Tog, binne één generasie, het die seuns van kriminele, goeie polisiemanne geword, en die dogters van ongeletterde vroue het hulle as onderwyseresse bekwaam.  

William Stern skryf dat dít nié teweeggebring is deur werkskepping en maatskaplike strukture en stelsels nie - alhoewel die belangrikheid hiervan vir ons eie konteks nie ontken kan word nie - maar deur ‘n revolusie in waardes!  

Die held van hierdie verhaal was John Joseph Hughes - die eerste Katolieke aartsbiskop van New York. Hy het Katolieke skole begin waar kinders nie net geleer is om te lees, te skryf en somme te maak nie, maar waar ‘n geloofsgebaseerde waardesisteem, wat respek vir onderwysers en mede-studente bevorder, ingestel is. Ouers moes vergaderings met onderwysers bywoon, met herstelwerk in die skole help en selfs skole help opruim wanneer dit nodig was.   

Daar is erg op hierdie Ierse gemeenskap neergesien. Hulle was geëtiketteer as dom. ‘n Klomp mense het in een huis gewoon. Daar was baie siektes en sterftes as gevolg van die swak omstandighede waaronder hulle geleef het.  

Tienduisende Ierse vroue was vasgevang in prostitusie in 1850 in New York. Duisende kinders het op straat rondgeloop - in bendes. Ongeveer die helfte van die mense wat in die 1840’s en 1850’s in hegtenis geneem is, was Iere. 

Hughes het wel die skuld geplaas op die Britse onderdrukking in Ierland, maar het nie daarby vasgesteek nie. Hy het aanbeweeg deur gemeentes te stig met priesters wat die Evangeliese waarhede na hierdie Iere geneem het.  

Hy het ‘n waardesisteem gevestig wat die klem op persoonlike verantwoordelikheid laat val het. Ook is reinheid en respek baie sterk gepropageer.  

Hughes was gekant teen “hand-outs” wat nie ook op morele herstel gefokus het nie. Die resultaat? Teen 1880, kom ons sê een generasie later, het geweldsmisdaad onder die Iere met 50% gedaal. Driekwart van die stad se polisiemag het uit Iere bestaan.  

Amper twee-derdes van alle Ierse vroue en omtrent ‘n derde van die mans, het geen alkohol meer gebruik nie. In 1890 was ongeveer 30% onderwysers Ierse vroue en die geletterdheid onder hierdie mense het opgeskiet tot 90%.  

Morele waardes is ‘n kragtige instrument in die transformasie van die mens se siel! Van sy lewenskwaliteit.  

Jack Bloom skryf soos volg hieroor in ‘n rubriek van hom: “Die ontwikkeling van die interne polisieman van die gewete, is baie meer effektief as om die polisiemag te verdubbel of te verdriedubbel”.

Chris Jones

 

 

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Maak heel ons vensters!

Geskryf deur Jeanette de Klerk-Luttig on . Posted in Lewenswaardes - Verantwoordelikheid

In die debat oor waardes is daar ongelukkig  een stem wat selde gehoor word, die stem van kinders en tieners en daar is dikwels ‘n  blinde kol  vir hul verrassend- skerp bydrae.

Ope brief aan die Minister van Onderwys, skoolhoofde en onderwysers:

Geagte Minister,  skoolhoofde en onderwysers

Ons weet dat dit onredelik is om van onderwysers te verwag om alles wat in die samelewing skeefloop reg te stel.  Ons weet ook dat skole nie die enigste plekke is waar waardes gevestig word nie en dat onderwysers nie die enigste persone is wat daarvoor verantwoordelik gehou kan word nie, maar julle speel ‘n baie belangrike rol.  Die kernwaardes wat ons dink in skole gevestig behoort te word, is,  omgee/medemenslikheid, eerlikheid/integriteit selfdissipline/ werksetiek,  respek en verantwoordelikheid.

Omgee. Ons wil graag beleef dat daar by die skool mense is wat vir ons omgee,  wat weet wie ons is en ons op ons name kan groet. Ons wil van geweet wees, al is ons nie die eerstespan se rugbykaptein of die slimste in die klas nie.  Ons weet dat julle vir ons omgee of nie uit die manier waarop julle ons behandel en manier waarop julle vir ons klasgee.  Julle gee om, wanneer julle ons as individue ken en ondersteun,  in ons belangstel en werk wat ons nie verstaan nie weer ‘n keer verduidelik, wanneer julle klasse interessant probeer maak, na ons luister en regverdig optree.  Me die minister, dit is vir onderwysers onmoontlik om verhoudings te bou en werklik om te gee, wanneer klasse te groot en die administratiewe werkslading van onderwysers te swaar is.

Maak asseblief ook die stukkende vensters, teels en krane reg, verf vuil mure en dakke en plant struike, want dit sê ook dat julle omgee.  "In die toilette sal ek krane sit en dit sal nie stink  of morsig wees nie" (Shameon Damin). Wanneer goed vuil en stukkend bly dan voel dit vir ons asof niemand omgee nie en dan gee ons ook later nie meer om nie.

Eerlikheid/ Integriteit

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

En toe sê Skip haar met ‘n SMS af. (Moet die Kerk en Rapport saamwoon)

Geskryf deur Christo Benadé on . Posted in Lewenswaardes - Verantwoordelikheid

Die een probleem van buite Suid-Afrika bly, is dat jy die kerknuus in ‘n baie gedistilleerde (verwronge?) vorm kry. Gewoonlik word kerknuus verskraal tot ‘n opskrif in Rapport of dalk, vir die ingewydes, ‘n opskrif in die Kerkbode.

In "NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat" (Rapport, 28/11/2009), word die "finale" besluit aan ons oorgedra. Die opskrif spook met my waar ek besig is met máándelange pastorale gesprekke met pare wat saambly en tog besig is om meer erns met die Here maak. Hulle worstel met die verhouding tussen hulle en God en saamwoon. In my spreekkamer worstel, huil en lag ons saam oor die realiteite van hulle lewens. Hulle begin God se wil ontdek, hulle sien God se hart vir die huwelik, die vrou se behoefte aan commitment, die man se liefde vir sy meisie.

Tog hang "Die evangelie volgens Rapport" swaar oor ons gesprek.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

5. RSG- Oordenkings Skrifl. Luk.10:30 - 37

Geskryf deur Donald Katts on . Posted in Lewenswaardes - Verantwoordelikheid

Ons immorele landskap laatmens baie  dink oor hoe en waar ons moet begin regmaak, veral oor wat gedoen kan word. Die Noord Amerikaanse etikus, Stanley Hauerwas stel voor dat ons stories vertel. Hy meen ons het stories nodig om te verstaan wie ons is, waartoe ons geroep word, juis omdat stories volgens hom koherensie aan ons lewe gee, dit die plan van ons lewe organiseer. Hy is oortuig dat stories die potensiaal het om ons te transformeer. En die storie waarvan Hauerwas praat, is die storie van die Bybel. MAW – die storie van God se handeling met Israel, in Jesus en met die Kerk.

Hy meen ons karakter as Christene word daardeur gevorm. Daarom is dit nie eers snaaks dat Jesus se preekstyl soms die van storievertel was nie. Ek dink maar net aan die preek/of storie van die Barmhartige Samaritaan – Hier word die leser blootgestel aan storievertel:

-          ’n Storie wat gaan oor geloofsverskille – oor geweld – naastediens, oor barmhartigheid, gasvryheid en morele verantwoordelikheid – Lukas Hstk. 10:30 -37 verhaal die storie  - ’n man was vanaf Jerusalem opppad na Jerigo. Hy word deur rowers oorval en half dood gelaat. ’n Priester en ’n Leviet wat daar langs moes gaan, het, toe hulle die man sien, ver langs verby gegaan.

-          ‘n Derde man, ’n reisiger, ‘n Samaritaan het, toe hy die beseerde man sien, hom innig jammer gekry, sy wonde verbind, hom op sy rydier gehelp en hom na ’n herberg geneem. Hy het die onkoste betaal en was bereid om enige verdere onkostes te dra.

Hartroerend, maar ook hartonstellend, bewonderingswaardig, maar ook teleurstellend. So word die leser se eie emosies losgewikkel, sy eie waardestelsel beoordeel, sy eie morele ingesteldheid ondersoek. En dit is hoe stories meewerk in die opbou van ons moraliteit wat noual vir baie lank onder verdenking is.

Stories help om ons karakter te vorm, ons moreel te oriënteer. Stories beweeg en transformeer ons om te word soos die storie. Jesus beveel die wetgeleerde om heen te gaan en NET SO TE GAAN DOEN. Maar Jesus daag ook vir ons uit – gaan en doen jy net so.

Hauerwas herinner ons nie net aan die transformerende krag van stories nie, maar help ons onthou dat die Christen-geloofsgemeenskap eintlik ’n storie-gemeenskap is – ons die opdrag en verantwoordelikheid het om die storie  - die storie dat God, Jesus na die wêreld gestuur het om te red, en te verlos – dat ons die storie deur ons geloofs-en-morele lewe oor en oor moet vertel – so oor-vertel, dat ander ook die storie sal liefkry en daarvolgens sal leef.

Gebed: Here vorm ons deur U storie van liefde, genade en vergifnis. Amen.

Donald Katts

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

modafinilCialischeap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacyCialis