Die Christen en kuns
‘n Refleksie op vryheid en mag






Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darem regtig nie soos ‘n dominee nie. Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het.
‘n Mens noem hierdie verwagtings: stereotipes. Prentjies klink egter beter. Boksies selfs nog meer.
Suid-Afrikaners, woon in 'n land met 'n dominante Westerse kultuur, ons is as 't ware vasgespin in vry-liberale ekonomiese drade. En dis 'n bittere ironie. Die wonder van ons nuwe demokrasie word ondermyn deur wêreldwye ekonomiese kragte wat ook ons ekonomie tot nadeel van die massas beïnvloed.
1. "Die armes het julle altyd by julle" – Jesus
Tydens een van die colloquium sessies wat die Kraaifontein konferensie vooraf gegaan het, was 'n bekende professor in ekonomie en 'n sakeman-predikant van die sprekers. Die voorheen benadeelde predikant het aandele in 'n wynkelder en maak die opmerking "Die armes het julle altyd by julle". Na die vergadering ry die professor in 'n ou-geroeste bakkie en die predikant in 'n nuwe Duitse spogmotor. Iets is fout as daar steeds in teologiese kringe toegelaat word dat Jesus se woorde uit konteks aangehaal en misbruik word. Die welvaart en sukses geloofspore lê diep, die regstellende aksie trek skeef en die soustrein snel voort.