Geloofwaardigheid

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

WAARDES HERWAARDEER – om herkenbaar kerk te wees

Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid

Waardes (selfs status soos eersug en hebsug) kan jou sin van reg en verkeerd bepaal en die stem van jou gewete word. Dit kan ’n dryfkrag tot onreg word, ’n mag wees wat enigiets sal doen, die wet oortree en lewens vertrap en vernietig solank die ideaal bereik word.

In Filippense 3:4b-14 getuig Paulus oor sy lewensverandering: die omkeer en herwaardeer van sy lewenswaardes. Hy verduidelik aan Christengelowiges iets oor waardes (en status); hy vertel van die status wat hom vroeër gemotiveer het en dié waardes wat hom nou dryf. Hy was eers fanaties en het die kerk vervolg, maar die heersende polities-godsdienstige en sosiale waardes van sy tyd het vir hom betekenislose drek (mis) geword. Hy het na Damaskus ’n totale omkering van waardes gemaak; ‘n nuwe waardestelsel aanvaar. ’n Mens sou ook van ’n metamorfose (μεταμορφόομαι – Romeine 12:2) kon praat; of van die “evangelie as geboorte van die nuwe lewe” (Heerden van  Niekerk).

Dit gaan nie oor ’n paar oppervlakkige gewoontes wat aangeleer word nie, dit gaan oor ’n “hartsvernuwing” (soos Esegiël 36:26 verwoord). Paulus het “dit nie teen Joodsheid en sosiale stand as sodanig nie, maar teen die feit dat hierdie dinge hom verhinder om Christus te ken en te dien. Hier sou ’n mens kreatief besin oor dié dinge wat die gelowige in selfgenoegsame gearriveerdheid laat beland. Baie van die dinge is nie noodwendig verkeerd nie, maar kan beslis groei en die kennis van Christus in die wiele ry. Dorothee Sölle se ‘Death by bread alone’ illustreer hierdie punt treffend – sukses, voorspoed, gemak, eer ensovoorts (‘brood” in sy breedste sin) kan jou verstik. Jy kan nie daarvan alleen leef nie!

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

ENKELE “ÉN-ÉN” RIGLYNE

Geskryf deur André van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid

“Wat behoort te wees én hoe kan ons bevry word om dit te doen?” - Klaus Nürnberger se definisie van Christelike Etiek.
1 “Ek behoort” én “Ons hoort” (identiteit én sosiale verantwoordelikheid).

As ons oor “sielsdinge” preek is dit ‘n sukses ; as ons oor konkrete sosiale verantwoordelikheid en leefstyl preek blykbaar ‘n mislukking – hoe kom ons dit te bowe?

2 Verandering deur imperatief (Tora ea), indikatief (Paulus en Gereformeerdes) én konjunktief/ optatief

In ons Christelike onderrig gee ons dikwels maklike antwoorde op vrae wat nie ter sake genoeg is nie. Ons beveel liefde en geregtigheid as oplossing vir alles aan maar beantwoord nie knellende vrae nie. Ons sê byvoorbeeld nie hoe die liefde kan werk nie, hoe ons kan vertrou nie ens.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

HOE WORD GEMEENTES INSTRUMENTE TOT MORELE VERANDERING?

Geskryf deur André van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid

Hoe sal ons byvoorbeeld mense se selfsugtige gedrag kan help verander na ‘n ekologies-vriendelik opofferende wyse van lewe en na ‘n saamleef met mense van ander rasse/ kulture/ ervaringe/ godsdienste?

Rugbywedstryd: “Een spanner maak nie ‘n toolbox nie!”. Maslow: As jy net ‘n hamer het sal jy alles in die lewe wil regm…aak”. Gebruik God se hele gereedskapkis.

1 Die luister-seisoen (en afskeid van die “ons weet”-ingesteldheid)

Luister stel ‘n groot uitdaging aan ons. Mense sukkel daarmee. Ons assosieer “luister” met die kwaai vinger van ‘n prekerige onderwyser en ‘n predikant wat geen kritiese vrae duld nie. Afgesien van hierdie negatiewe ervaringe is werklike luister, harde werk. Dit vereis bereidheid tot selfondersoek en ‘n gewilligheid om te leer.

Die persoon by wie mens dit duidelik verstaan, is M Scott Peck. In een van sy treffers, The Road Less Travelled, beweer Scott Peck dat ons basiese probleem - ons “erfsonde” - luiheid is. Adam en Eva volg eerder die slang as om na God se kant van die saak te luister. Dialoog, redevoering en die aanhoor van God - en ander - se mening stel jou bloot aan stryd en pyn.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

WAAROM RAAK GEMEENTES ONGEËRG OOR MORELE VERANDERING?

Geskryf deur André van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid

In watter gemeentes word gevra: “Watter soort mense moet ons in die kategese vorm? Maak ons ‘n verskil? Hoe help ons mense om by nuwe SA aan te pas op moreel-verantwoordelike wyse?” Indien ons dit nie vra nie, hoekom nie?

1 Redusering

Waarom sou die woorde van Jesus nie alle mense aangryp en verander nie?

Met dié bekende vraag worstel ‘n klein gemeentetjie al in die eerste eeu. Matteus skryf sy verhaal oor Jesus om hulle vrae te beantwoord. Vandag het sulke soort vrae al vermeerder: “Waarom sou ons Jesus se woorde steeds ernstig neem terwyl dit al so misbruik is?”

Omdat hulle ‘n gemeente van Joodse-Christene was, toon Matteus dat Jesus die beloofde Messias is. Hy verwys meer as die ander Evangeliste na die Ou Testament. Soos Moses het Jesus byna in ‘n kindermoord omgekom en moes hy in Egipte wegkruip. Jesus maak ook God se wil op ‘n berg soos Moses bekend…

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

DIE EVANGELIE VERANDER MENSE

Geskryf deur André van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Geloofwaardigheid

“Kan mense verander?” die bekende vraag van joernaliste aan Dorothee Sölle. Wat dink ons regtig hieroor?

-Die gevaar van idealisme. Dat ons verandering na godsdienstaal met hartsverandering verwar. Hoeveel keer is ons nie teleurgestel deur mense soos substansafhanklikes nie? Het sulke realiteite my afgestomp vir die potensiaal wat evangeliebemiddeling het?

-Die gevaar van pan-determinisme. Viktor Frankl (2007:159) vertel van die massamoordenaar van Steinhof, die enigste mens wat ‘n sataniese figuur is wat hy ontmoet het. Jare later moes hy hoor hoe die dr J voor sy dood die beste vriend vir ‘n kennis van hom geword het. Die mens kan keuses teen sy omstandighede en agtergrond maak.

1 Godsdiens het ‘n tweeërlei uitwerking: Dit legitimeer eie of groep se belange en behoeftes en/of dit transendeer eie belange en behoeftes.
AddThis Social Bookmark Button


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy