Inspirasie

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Luister soos dirigente

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Inspirasie

Leierskap, veral geestelike leierskap, is om oop en sensitief te wees vir die Stem van God. Leierskap is 'n akoestiese kuns, herinner Leonard Sweet. Daarom is geestelike leiers eerder dirigente as afrigters, reken ek.

Geestelike leiers is heilige dirigente, ingestel om eers in hulleself die harmonie van God se roeping en wil op te tel, en dan ander te begelei om in harmonie saam te speel. Daarvoor het ons 'n ander manier van kyk na ons sisteme nodig wat anders werk as sekulêre leierskapsbeoordelings. Hoewel ons baie te leer het by ander modelle, werk ons met die vermoëns van die Gees en gees, en dis op sekere punte anders as algemene leierskap.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VEG VIR JOUSELF!

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Inspirasie

'n Kollega vertel hoe hy sukkel om effektief af te vat. Dis nie 'n nuwe storie nie. Dis alle geestelike leiers se storie.

Maar daar is 'n verskil tussen 'n dag of tydjie af hê waarin jy net rus, en hoe om jouself te verruim met nuwe energie en drome en passie.

As jy net die dinge doen wat jou help om jou moegheid te oorwin, is dit nog nie genoeg nie. Jy begin net weer waar jy gister was, en die week voor dit... Kort voor lank kruip daar 'n anderste moegheid in jou wat jy nie oorwin kry met afvat nie. Dis die moegheid wat in jou siel en gees kom lê. By sommige wys dit die eerste in geïrriteerdheid, by ander in uitstel, by nog ander in minder liefde en gevoel en 'n taakgerigtheid.

Om vervullend en verruim te leef, moet jy hierdie jaar vir jou tye inbou waarin jy jou pas, jou plek, jou posisie, jou plan en jou passie verander. Doen wat jóú gaan laat voel soos 'n nuwe mens. Verander jou pas deur iets heel anders te beleef. Verander jou roetine sodat jy op 'n ander manier leef. Verander jou plek deur op 'n ander plek stiltetyd te hou en in jou joernaal te skryf. Verander jou posisie deur te kies om vanjaar sekere verwagtings nie te doen nie.  Sê jy sal dit in die volgende fase weer doen, maar vanjaar gaan jy dit of dat doen. Hou op om sekere dinge te doen.Trek jou grense 'n slag duidelik. En as jy iemand teleurstel? Soos Bill Hybels eendag sê: Daar is so 'n lang ry mense wat hy deur die jare teleurgestel het, dié persoon moet maar agter inval. Verander jou plan deur op die Here te wag en te luister... en in Jesus tree vir tree op die water te loop.

Verander jou passie. Ons het nie net een passie nie. Ons het 'n portfolio van die goed. Dis vanjaar 'n ander passie se beurt. Doen wat jy nog altyd wou doen, maar net bly uitstel vir eendag as die tyd ryp is. Vra jouself: En wat volgende? Doen dan net daardie een ding. Wat van Stephen Covey se "Begin with the end in mind"? Die "end in mind" is om weer passie vir Jesus op te vlam. Doen wat ook al jou passie sal nuut maak - woon VBO by, gaan bly vir 'n week tussen armes, vas vir 'n week, bid elke nag tussen 3 en 4...

Die punt is: veg vir jouself! Selfleierskap was nog altyd die kern van leierskap. Daarom het Jesus gereeld uit die skares onttrek om te bid.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Nog lief vir wat jy doen?

Geskryf deur Webmeester Communitas on . Posted in Leierskap - Inspirasie

Is jy nog lief vir wat jy doen?

Geestelike leiers wat hulle liefde en passie vir die gemeente verloor, is besig om te ontspoor.

Dan Reiland skryf in The Pastor’s Coach (www.INJOY.com):

“So do you still love what you do? Church work can be rough. You serve people who think you work one day a week and have no idea you work 60 or more hours every week! The same people who fuss at you to take a day off, fuss at you if you try to take a day off on the day they want you for something. Living out those tensions isn’t easy, especially in smaller churches. You’ve got to love what you do to stay in the game.

You must also know where you are going to love what you do. I don’t think I’ve ever met a leader who is spinning their wheels without direction who loves what they do. On the other hand, I know many leaders in difficult and stressful situations who absolutely love what they do because they know where they want to go. It makes such a big difference. There are moments when you may not love what you do, but you can always be doing what you love. “

Is jy nog lief vir wat jy doen? En hoekom jy dit doen?
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Seisoene in leierskap

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Inspirasie

Omdat geestelike leiers tans heelwat langer in hulle gemeenskappe bly, sien medegelowiges jou seisoene raak. Jy kan dit nie werklik wegsteek nie. Daniel Goleman het gesê dat ons emosies ons verklap. Selfs op onbewuste vlak tel mense jou emosionele seine op.

Die implikasie is dat mense gaan ervaar jy is "af" - en hoe langer jy "af' voel, hoe meer val dit op. Kerkraadslede kom en gaan volgens hulle termyn, maar jy is daar vir 'n langer termyn. Dit beteken gemeentes sal moet leer om saam te leef met die feit dat hulle geestelike leier dalk in 'n herfs- of winterseisoen is.

Hier is 'n paar gedagtes om jou seisoene te gebruik vir groei:

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

GEESTELIKE LEIERS... bely, beleef en bly in Jesus!

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Inspirasie

Waar roeping, spiritualiteit en leierskap van predikante en geestelike leiers ontmagtig word, is een van die hoofredes dat hulle verhouding met Jesus êrens langs die pad verflou. Verskillende redes kan hiervoor aangevoer word:
  • ek bestee nie genoeg tyd in my verhouding met Hom nie
  • die groeiende aansprake op my tyd omrede ek by te veel goed betrokke raak
  • onduidelike gemeenteroeping sodat ek vir alles moet "ja" sê
  • onduidelike persoonlike roeping sodat ek voel ek moet by alles uitkom
  • onduidelike identiteit as geestelike leier sodat ek in al hoe meer bestuursfunksies opgesuig word
  • onbehoorlike bestuur van my energie sodat ek nie krag het as ek die tyd het nie
  • onvoldoende refleksie-tyd sodat ek nie in wysheid optree nie

Onlangs sien ek Leonard Sweet en Frank Viola skryf dat ons as Christene die evangelie oor so baie goed gemaak het - behalwe Jesus. In hulle JESUS MANIFESTO for the 21st Century Church skryf hulle "Jesus Christ is the gravitational pull that brings everything together and gives them significance, reality and meaning."

Lees meer in hierdie Magna Carta for Restoring the Supremacy of Jesus Christ
AddThis Social Bookmark Button


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy