Ontwikkeling

Kreatief

Inspirasie

52

LEIERSKAP - blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Luister soos dirigente

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Inspirasie

Leierskap, veral geestelike leierskap, is om oop en sensitief te wees vir die Stem van God. Leierskap is 'n akoestiese kuns, herinner Leonard Sweet. Daarom is geestelike leiers eerder dirigente as afrigters, reken ek.

Geestelike leiers is heilige dirigente, ingestel om eers in hulleself die harmonie van God se roeping en wil op te tel, en dan ander te begelei om in harmonie saam te speel. Daarvoor het ons 'n ander manier van kyk na ons sisteme nodig wat anders werk as sekulêre leierskapsbeoordelings. Hoewel ons baie te leer het by ander modelle, werk ons met die vermoëns van die Gees en gees, en dis op sekere punte anders as algemene leierskap.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

2010 Leadership Books Awards

Geskryf deur Johan Kotze on . Posted in Leierskap - Ontwikkeling

2010 Leadership Book Awards

Posted 1/17/2011

 One of the tasks that no leader can delegate is to make sure he or she continues learning, continues growing spiritually and professionally. That is why   Leadership created The Golden Canon, the year's books of most value to church leaders. The winners were selected by a diverse group, our contributing editors, who selected the best in two categories: The Leader's Inner Life and The Leader's Outer Life. We commend this list to you as you continue to develop your leadership, inside and out.

 

The Leader's Inner life

BEST OF THE BEST:
Bonhoeffer
Pastor, Martyr, Prophet, Spy
by Eric Metaxas (Thomas Nelson)

"Like all good Christian biography ought to, this book breathes new life into you as you encounter a powerful example of a life given over to Christ."—David Swanson

ON OUR VERY SHORT LIST:
Giving Church Another Chance
Finding New Meaning in Spiritual Practices
by Todd D. Hunter (IVP)

"No matter how messy it can be, the church is central in God's ongoing mission to the world. We work out our salvation in the context of the church. The spiritual practices of the community of faith are essential to our formation."—Mike Lueken

Rescuing Ambition
by Dave Harvey (Crossway)

"I'm grateful for this book that helps us gain a healthy and biblical understanding of how ambition can and cannot fit in a godly life."—Kathryn Callahan-Howell

Whole Life Transformation
Becoming the Change Your Church Needs
by Keith Meyer (IVP)

"Like the author, I suffered my own 'transformation gap,' that chasm between what we know and teach and what we actually live. Most ministers—and Christians—have one too. This is a great guide to identify your gaps and start closing them."—Matt Woodley

The Power of a Whisper
Hearing God and Having the Guts to Respond
by Bill Hybels (Zondervan)

"How dare anyone claim to have heard from God? How dare we not when God speaks through Scripture, events, people, and the Holy Spirit? Hybels helps us listen, discern, and hear fresh the power of a Whisper."—Charles Kyker

The Leader's Outer life


BEST OF THE BEST:
Sticky Teams
Keeping Your Leadership Team and Staff on the Same Page
by Larry Osborne (Zondervan)

"Sharing from his mistakes and his wisdom, Larry Osborne offers a helpful tool for creating a culture of both leadership and unity."—Paul Atwater

ON OUR VERY SHORT LIST:
Untamed
Reactivating a Missional Form of Discipleship
by Alan Hirsch and Debra Hirsch (Baker)

"Alan and Debra Hirsch are prophets to a church imprisoned by domesticated, consumer values. Untamed is a vision of life with Jesus that goes beyond what other authors have covered."—Skye Jethani

The Strategically Small Church
Intimate, Nimble, Authentic, and Effective
by Brandon O'Brien (Bethany House)

"As pastor of a small church, this was very apropos and gave me clear direction on how to leverage our strengths."—Lee Eclov

Transformational Church
Creating a New Scorecard for Congregations
by Ed Stetzer and Thom Rainer (B&H Books)

"Based on research, the book offers some good indicators and clues for missionality." —Alan Hirsch

TOP RECENT RELEASES:

One Life
Jesus Calls, We Follow
by Scot McKnight (Zondervan)

The Next Christians
The Good News about the End of Christian America
by Gabe Lyons (Doubleday Religion)

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

WAAR IS ONS NOU?

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - 52

Terwyl ons in Europa ry, het die busbestuurder telkens voor ons vertrek vir my gevra wat ons volgende bestemming is (ek was die toerleier). Nadat hy dit in sy GPS ingesleutel het, het ‘n vroulike stem hom gereeld in Duits herinner wat hy volgende moes doen om die regte roete te vind.

Nico Nel, bekende grapjas, vertel ‘n tydjie gelede dat hy baie laat was vir ‘n afspraak, want toe hy moes afdraai, het die GPS-vrou aan die  hoes gegaan... en hulle ry toe die hele afdraai mis...

Die ongemak waarmee leierskap moet saamleef, is dat ons nie altyd heeltemal seker is van die roete nie. Ons het ‘n moontlike prentjie of idee of plan waarmee ons op pad is, maar die roete daarheen is uniek vir jou situasie. Dis hoekom leierskap nodig is, anders het almal vanself daarheen gegaan!

Wat wel seker is en bepaal kan word, en dis waarmee die GPS eintlik werk, is waar jy nou is. Net soos die GPS sekere koördinate gebruik om te bepaal waar jy tans is, is dit nodig dat jy en jou leierspan moet seker maak waar julle tans is. Moet asseblief nie verval in die verlamming van wag vir te veel detail nie. “Analysis-paralysis” noem die mense hierdie toestand. Leierskap is nie om te bly in die detail van waar jy is nie, maar te wéét waar jy is.

Max de Pree, invloedryke besigheidsleier, sê: “The first responsibility of a leader is to define reality.” Dis om eerlik die situasie waarin julle is in die oë te kyk, sonder om mekaar te ontmoedig, blameer, of te verontskuldig. Sê dit soos dit is. Natuurlik is dit ongemaklik, maar werk daardeur. Die sleutelwoorde is: Dis waar ons IN HIERDIE FASE is. Om vir mense aan te dui dis slegs ‘n fase, help om te verstaan leierskap is ‘n proses en reis.

Geestelike leiers kyk nie net na die realiteit van die omgewing nie. Hulle kyk dieper. Hulle kyk na hulle diepste verhoudings. Waar is ons nou in ons gesprek en verhouding met God? Vir ons opsoekende God is dit uiters belangrik (vgl Gen 3:9). Dit herinner my aan die familie wat ‘n wilde 5-jarige het, en sy ouers is bang dat hy per ongeluk sy nuwe bababoetie sal seermaak. Een aand loer hulle by die kamer in om seker te maak baba is veilig, net om te hoor hoe hulle oudste enetjie vir sy bababoetie vra: “Sal jy asseblief vir my vertel hoe God regtig is? Ek dink ek begin vergeet.”

MOONTLIKE AKSIE: Nooi die gemeente en belanghebbendes om saam te bid en te dink waar julle nou is. Skep 'n "muur" waarteen mense papiertjies kan opplak waar hulle dink julle nou is.

WENK: Begin 'n Facebook-bladsy waarop mense foto's kan plaas van wat hulle waarneem waar julle nou is.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

72 LEIERS TEEN SONDAG!

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - 52

Hoe kry 'n mens nuwe leiers? Of nog eerder: hoe kry jy enige leiers?

Na ons roepingsoeke het ons in Gordonsbaai oorbeweeg na 'n ander struktuur van gemeentewees. Die struktuur moet immers die roeping volg. Deel van hierdie verandering was dat ons nie meer met wyke wou werk nie. Dus is daar nie meer ouderlinge en diakens volgens wyke nie. Eintlik het ons net formeel gemaak waarmee ons toe al vir jare sukkel, en dis dat wyksgefundeerde leierskap nie meer effektief in ons opset is nie. As 'n mens telkens sukkel om mense vir sekere leierskapsrolle te kry, moet jy darem seker begin om die werklikheid in die oë te kyk.

Toe haak ons vas...

Ons het gehoop ons lidmate sou die Handelinge 2 model van omgeegroepe meer aangryp. Hoewel die begrip vir omgeegroepe daar is, k on ons om die een of ander rede die grootste deel van ons mense nie beweeg kry om aan te sluit nie. O ja, ons het Rick Warren se 40 dae Purpose Driven Life met groot sukses aangebied. En met groot sukses baie groepe gehad. En met groot sukses baie groepe verloor...

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

MISSIONÊRE KLEINGROEPE - wat is fout met kleingroepe?

Geskryf deur Jannie le Roux on . Posted in Leierskap - Ontwikkeling

Ek wonder al 'n paar jaar hoekom kleingroepe oftewel omgeegroepe nie in ons gemeente so lekker van die grond kom nie. Na die bekende 40-dae storie van Rick Warren se doelgerigte lewe, was die groepe vir daardie tydperk meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Ons is deur die fase van die struktuurgedrewe model van "Die Selgemeente" wat ons daar by George geleer het, en ek moet bieg ek is nie so struktuurgedrewe nie. Toe volg die fase wat ons by die Jetro-model en die G-wat-ook-al geleer het, wat baie mooi op papier klink, maar my nog meer laat besef hoe vrot ek organisatories met hierdie goed is. Die goed laat net die skuldgevoelens vermeerder. Daarna het ons begin fokus op die 40-dae veldtog van Rick Warren se doelgerigte lewe. Vir daardie tyd was almal wonderlik doelgerig, om daarna aan te gaan met die res van hulle lewe. Vir daardie tydperk was die groepe baie meer, maar krimp toe weer drasties. Ek troos myself soos Rick en die ander dat daar darem meer is as waarmee ons begin het.

Regdeur het ons agtergekom dat vermenigvuldiging nie by ons mense so maklik is nie. Hulle hou nie van afskeid neem van mekaar nie. Uit elke drie groepe wat vermenigvuldig, bly een of hoogstens twee oor. Ook is die dilemme met Rick se "gasheer" gedagte dat niemand regtig leierskap neem waaruit dissipels kan ontwikkel nie. Niemand sê "Volg my" nie,  en ons leer al hoe meer by die mense wat die DVD's maak, maar neem steeds nie eie verantwoordelikheid nie. Omdat ons as 'n bestaande gemeente transformeer, is ons ook nie soos gemeentes waar mense van dag een af moet inskakel by kleingroepe nie. Ons is eintlik besig om die hele kultuur van ons gemeentewees te verander. En ek lees op die internet dat die bekende transformasiekundige prof John Kotter in sy onlangse boek A Sense of Urgency beweer 70% van die organisasies slaag nie met verandering nie. Wat 'n soberende gedagte! Die goeie nuus is dat 10% wel slaag, en dan met verrassend goeie resultate. Blykbaar is dit die groep wat voortdurend sy eerste beginsel bly toepas, en dis om voortdurend 'n besef van dringendheid in die hele organisasie te handhaaf.

PARADIGMASKUIF. Verlede jaar het ek begin om anders te begin dink oor ons kleingroepe. Ek dink steeds dis een van die beste maniere om saam te groei as dissipels, maar ek het begin dink aan die kleingroep as 'n sturende groep. En gemotiveer dat elkeen van ons kleingroepe moet begin bid en vra dat een van hulle as 'n "sendeling" afvaardig moet word om 'n nuwe groep te begin. Wel, dit het in vanuit van ons groepe begin!

Ek dink nie dis net een metode of verstaan wat help nie, maar 'n verskeidenheid. Vandag het ek nog 'n tree verder geskuif. Dis om die kleingroepe as missionêre gemeenskappe te verstaan.

Omdat ons die gemeente in 'n nuwe fase lei, het ek gewonder of daar nog mense soos ek is wat wonder oor die kleingroepe. Toe google ek. In Februarie skryf Geoff Surratt Why small groups don't work. Sy argument in kort is dat baie beweer dit moet werk, maar sukkel daarmee WANT ONS MIS DIE PUNT. Die punt van kleingroepe is nie om relasioneel te wees, of dissipels te maak, of diens te lewer nie, dis alles 'n effek daarvan. DIE PUNT IS:

The point of small groups should be to rally around a cause, a purpose, a mission and to change the world. Our normal expectations for small groups is tragically anemic. Your small group shouldn't just change you, or change your friends; your small group should rock the world. "They have turned the world upside down, and now they have come to our town."

Daarom dink ek: MISSIONÊRE KLEINGROEPE... Ons kleingroepe is missionêre gemeenskappe BINNE die gemeenskap wat lankal nie meer aan die kerk behoort nie. ONS GEMEENSKAPPE IS ONS SENDINGVELD. Lokaal. Rondom ons.

Hoe verander dit jou persepsie? En waarmee kan jy leiers help? Laat weet asb.

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy