Wat is die barometer vir ’n suksesvolle gemeente?
Die regte barometer van ‘n gemeente se geestelike groei en funksionering is gelee is in die prioriteit wat die gemeente aan gebed gee. Die geestelike barometervan ’n gemeente is dus iets anders as waarmee die wêreld sukses meet. Die wêreld meet sukses aan getalle, finansiële sukses en projekte. Daarom hou ek nie van die term “suksesvolle gemeentes” nie – dit is ’n term wat te veel met wêreldse persepsies gelaai is.
So die vraag moet nie wees- Wanneer is die kerk suksesvol?nie. Ons moet eerder vra : Wanneer is ’n gemeente geseënd?
Anders gestel : Hoe weet die wêreld dat die kerk uniek is?As die kerk hom met sy uniekeroeping besig hou.
Gebedis die unieke roeping van die kerk op aarde. Die openbaring van die die kerk geskied wanneer lidmate saamkom om te bid. 1 Tess 5:17 roep gelowiges op om in alle omstandighede te bid. Rom 12 :12 roep die kerk om nie op te hou daarmee nie. Martin Luther het gebeddie Christen se werk en beroep genoem. Soos wat ’n tandarts met mense se tande besig is en die mielieboer met mielies besig is,so behoort die Christen met gebed besig te wees.
Die kerk se unieke taak begin by gebed. Hierdie gebed word dan omgesit in gebedsdade wat die lewenswandel met die Here in die gemeenskap demonstreer. Die kerk wat regtig sy unieke roeping uitleef, is besig om (as gestuurde wat in teenwoordigheid van God leef ) in die wêreld ’n verskil te maak. Gemeentes wat God se unieke roeping wil uitleef en wil groei, kan dit alleen doen as hulle die nodige prioriteit aan gebed en ’n lewenstyl in teenwoordigheid van God gee. ’n Biddende gemeente is ’n geseende gemeente wat sy unieke roeping in die samelewing uitleef !!
As ons dus ’n barometer vir seën wil aanlê, dink ek nie ons moet verder soek as gebed nie. As ons dus na modelgemeentes soek waarby ons iets kan leer: Soek dan na gemeentes wat ’n gebedskultuur het!
Attie Barnard stel dit so: “ Nêrens word die rypheidvan ons geloof en die diepte van ons geestelike lewe en omvang van ons geestelike groei so duidelik sigbaar as in ons gebedslewe nie. Daar bestaan ook geen ander moontlikheidom in ons geloof te groei of voluit vir die Here te werk of sterker te leer liefhê, as langs die weg van ’n intensiewe gebedslewe nie”
Die Nederlandse teoloog H Veldkamp het dit so verwoord: –“Die geskiedenis van die koninkryk van God is die geskiedenis van gebed. Oorwinnings en neerslae wissel mekaar af, al namate daar baie of min gebid word. Die vraag hoe dit met die kerk gaan, hang af van hoe dit met die gebed staan
As jy vandag ’n antwoord wil hê op die vraag: Wanneer is ’n jou gemeente geseend? Kyk na jou gemeente se gebedskultuur - dan sal jy weet!!!!
Quintus
| < Vorige |
|---|




