Vir gemeentes

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Onthou jy daai gebedstyd in Pinkster?

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir gemeentes



Met Pinkster op hande gaan my gedagtes terug na al die jare se verskillende maniere om mense aan die bid te kry. Toe ek ʼn kind was, was daar altyd die “gemeenskaps-voorbidders”, wat tydens Pinkster gebid het. As kind het jy voor die tyd geweet watter oom (min tannies het toe gebid) gaan opstaan en baie ernstig bid. Dit was gewoonlik sulke lang gebede, wat van die politiek, droogte/reën tot die dorpsake ingesluit het. Gewoonlik het die gebede so 3-5 minute geduur. Maar ons dominee was ook taktvol strategies. Hy het gereeld vooraf met oom Hans afgespreek om nie so in die begin van elke gebedsgeleentheid te bid nie, want dan ontneem hy ander die vrymoedigheid. Hy moet so aan die einde bid. Dit het Oom Hans nie afgesit nie, maar eerder belangrik laat voel – so nadat ʼn paar mense hulle kort gebede gebid het en dominee nie gou genoeg amen gesê het nie, het oom Hans sy kans aangegryp en die vloer gevat. Dan, het hy gevoel – dis tyd vir afrond en vir alles gebid wat die ander uitgelaat het – en om sommer dit wat hulle nie goed genoeg genoem het nie – weer te beklemtoon.
Ek moet sê dit was in die tagtiger jare, toe ek my bediening begin het, ook nog so. Daar was minder “oom Hanse”, maar daar was tussen al die wonderlike voorbidders ook soms die wat die “vloer “ oorgeneem het as hulle in Pinksterbidure die kans gekry het.

As predikant het ek ook soms ervaar dat as die mense vurig en entoesiasties bid –  jy maklik die gevolgtrekking maak  dat jy ‘n goeie preek gelewer het, maar weë die aand as hulle sukkel om aan bidde te kom – dan wonder jy oor jou boodskap – het dit mense se harte gemis?( Dit het 'n ou dominee reguit vir my gesê- toe die mense die aand nie wil bid na my preek nie...) Ek het al gewonder of my Pinkster–broers, wat gedurig amen of halleluja tydens preke en gebede hoor – nie beter oor hulle preke voel na die “deurlopende terugvoering” nie.

Ek weet daar is verskeie metodes om gebede tydens Pinkster te hanteer. Sommige doen groepgebede, ander laat die mense na mekaar draai. Baie gemeentes het al baie kreatief geraak. Hoe dit ook al sy – Pinkster is ʼn tyd vir gebed, vir soeke na die Here. Al het mense deur die eeue op watter manier ook al gebid, weet ek dat daar vele opregte gebede was en dat die Here na elke opregte gebed luister.

Nou wonder ek of daar nie ʼn paar voorstelle hier gemaak kan word, wat gemeentes help om gebede tydens Pinkstertyd sinvol te maak nie. Dalk het jy voorstel.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Skep ‘n Gebedskultuur in die gemeente!

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir gemeentes

Skep ‘n Gebedskultuur in die gemeente!

Gemeenteleiers word dikwels oorval deur moedeloosheid, want na baie probeerslae met kursusse , preke , gaspredikers – sukkel sommige  lidmate en gemeentes steeds om gereelde gebedsaksies op die been te kry. Ek dink die oplossing is om  mense bewus te maak dat die belangrikheid van gebed in’’n  gesindheidsverandering van denke en hart geleë is. Ons moet ons energie fokus om ‘n volhoubare gebedskultuur in gemeentes te vestig. Om ‘n kultuur te vestig is iets anders as om programme aan te bied, nou en dan daaroor te preek en dink dat dit tot ‘n permanente verandering sal lei. Programme, kursusse en prediking oor gebed het defnitief ‘n plek in die strategie om ‘n gebedskultuur te vestig, maar moet deel vorm van die oofhoofse strategie, want daar is geen kitsoplossing, as jy die kultuur van ‘n gemeente wil verander nie. Hier volg slegs ‘n paar wenke, indien ‘n gemeente ‘n gebedskultuur wil vestig:

  • ‘n Gemeente moet beleef dat hulle leiers (veral ook leraars) ‘n opregte, Geesvervulde  en ryke  gebedslewe het;
  • Lidmate moet bewus wees daarvan dat hulle geestelike leiers gereeld vir hulle bid;
  • Dit moet bekend wees dat gebed in die gemeente prioriteit geniet. Indien iets ‘’n prioriteit is, sal dit heel eerste kom, as die aktiwiteite van die gemeente aangekondig word ;
  • Daar moet gereeld en baie positief oor gebed gepraat word;
  • Mense moet nie skaam gemaak word omdat hulle te min bid nie, hulle moet eerder deur vertellings van gebedsverhoring gemotiveer word. Negatiewe motivering bring maar min permanente veranderings in mense se lewe;
  • Doen baie moeite om in die erediens die aandag op gebed te vestig;
  • Dalk het sommige gemeentes te gou die weeklikse dissipline van ‘n gebedsbyeenkoms (in watter vorm ook al) afgeskaf, sonder om iets in die plek te plaas. Daar gaan altyd mense wees wat ‘n behoefte (en gawe) het om weekliks iewers saam te bid;
  • Gee gereelde erkenning aan die gebedsgeleenthede in die gemeente soos eredienste , kleingroepe, Bybelstudies, vergaderings, aksiegroepe en huisgodsdiens.
  • Stel ‘n weeklikse gemeentelike gebedsbrief op en stel dit beskikbaar aan al die groepe;
  • Gebruik die elektroniese media as herinneringsmedium;
  • Maak mense bewus dat gebed ‘n integrale deel van hulle lewe vorm – die asemhaling van hulle geestelike lewe is;
  • Herinner hulle daaraan dat ‘n geseende gebedslewe die gevolg van ‘n lewende verhouding met Jesus is;
  • ’n Volhoubare kultuur word oor jare geskep, maar jy moet iewers begin. Om ‘’n denkskuif teweeg te bring kan ’n projek of program(bv. 40 dae doelgerigte lewe of  gebedskursus )vir sommige gemeentes nuttig wees, maar die volhoubaarheid gaan afhang van goeie leierskap en harde werk. Volhoubaarheid word veral deur aktiwiteite soos die “Seisoen van Luister” bevorder, want dit is ‘’n omvattende projek met  ’n langdurige en deurlopende aanleer van nuwe lewenstyl.
  • Watter strategie julle ookal volg, sorg net dat al die geestelike leiers saamdink , saambid en saam eienaarskap vir vestiging van ‘’n gebedskultuur” aanvaar!

Die geheim om ’n gebedskultuur te vestig begin – daar waar jy self begin bid!!!!!!

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Wat is die barometer vir ’n suksesvolle gemeente?

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir gemeentes

Ons wil almal graag gemeentes se suksesverhale hoor om iets te leer. Daar is heelwat inligting (d.m.v. boeke en die internet beskikbaar) oor gemeentes wat baie aandag trek vanwee hulle nuwe manier van dinge doen, nuwe bedieningstrukture,ens.  “Gewone” gemeentes kyk soms met verlangende oë na al die oënskynlike “suksesvolle” gemeentes. As jy egter na die “suksesvolle” gemeentes se stories luister en met hulle predikante gesels kom jy gou agter dat hulle maar dieselfde probleme het as ander gemeentes ,dat daar maar dieselfde klakouse is en dat daar geestelik nie soveel verandering gekom het, soos wat hulle gehoop het nie. Verstaan asseblief –ek is ’n voorstander van verandering en vernuwing (van eredienste en bediening) en wil vir geen oomblik al die wonderlike nuwe uitdagings van gemeente verandering en-bestuur en alles wat daarmee saamgaan gering skat nie. Ek dink net sommige gemeentes begin by die verkeerde plek met gemeentevernuwing. Om slegs strukture te verander en konsultante in te kry – is in baie gevalle slegs ’n rondskuif van meubels en nie werklike vernuwing nie! Strukture waarborg nie regtig sukses nie!

Die regte barometer van ‘n gemeente se geestelike groei en funksionering is gelee is in die prioriteit wat die gemeente aan gebed gee. Die geestelike barometer van ’n gemeente is dus iets anders as waarmee die wêreld sukses meet. Die wêreld meet sukses aan getalle, finansiële sukses en projekte. Daarom hou ek nie van die term “suksesvolle gemeentes” nie – dit is ’n term wat te veel met wêreldse persepsies gelaai is.

So die vraag moet nie wees- Wanneer is die kerk suksesvol? nie. Ons moet eerder vra : Wanneer is ’n gemeente geseënd?

Anders gestel : Hoe weet die wêreld dat die kerk uniek is? As die kerk hom met sy unieke roeping besig hou.

Gebed is die unieke roeping van die kerk op aarde. Die openbaring van die die kerk geskied wanneer lidmate saamkom om te bid. 1 Tess 5:17 roep gelowiges op om in alle omstandighede te bid. Rom 12 :12 roep die kerk om nie op te hou daarmee nie. Martin Luther het gebed die Christen se werk en beroep genoem. Soos wat ’n tandarts met mense se tande besig is en die mielieboer met mielies besig is,so behoort die Christen met gebed besig te wees.

Die kerk se unieke taak begin by gebed. Hierdie gebed word dan omgesit in gebedsdade wat die lewenswandel met die Here in die gemeenskap demonstreer. Die kerk wat regtig sy unieke roeping uitleef, is besig om (as gestuurde wat in teenwoordigheid van God leef ) in die wêreld ’n verskil te maak. Gemeentes wat God se unieke roeping wil uitleef en wil groei, kan dit alleen doen as hulle die nodige prioriteit aan gebed en ’n lewenstyl in teenwoordigheid van God gee. ’n Biddende gemeente is ’n geseende gemeente wat sy unieke roeping in die samelewing uitleef !!

As ons dus ’n barometer vir seën wil aanlê, dink ek nie ons moet verder soek as gebed nie. As ons dus na modelgemeentes soek waarby ons iets kan leer: Soek dan na gemeentes wat ’n gebedskultuur het!

Attie Barnard stel dit so: “ Nêrens word die rypheid van ons geloof en die diepte van ons geestelike lewe en omvang van ons geestelike groei so duidelik sigbaar as in ons gebedslewe nie. Daar bestaan ook geen ander moontlikheid om in ons geloof te groei of voluit vir die Here te werk of sterker te leer liefhê, as langs die weg van ’n intensiewe gebedslewe nie”

Die Nederlandse teoloog H Veldkamp het dit so verwoord: –“Die geskiedenis van die koninkryk van God is die geskiedenis van gebed. Oorwinnings en neerslae wissel mekaar af, al namate daar baie of min gebid word. Die vraag hoe dit met die kerk gaan, hang af van hoe dit met die gebed staan

As jy vandag ’n antwoord wil hê op die vraag: Wanneer is ’n jou gemeente geseend? Kyk na jou gemeente se gebedskultuur - dan sal jy weet!!!!

Quintus

AddThis Social Bookmark Button


priligy online

tadalafil

http://sildenafilcitraten.com/

canadian pharmacyhttp://viagrapharmacy.info/
Levitramodafinilhttp://ircdsa.org/india/ambienhttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinecanadian pharmacy