Vir dominees

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Dominees/Gemeenteleiers en Gebedsintegriteit?

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir dominees


In die begin van die jaar is ons so besig met beplanning en denke waar die gemeente en lidmate hierdie jaar ʼn verskil kan maak, dat ons as leiers/predikante maklik verby die essensiële kyk om aandag te gee aan ons eie geestelike versorging.

Vanaf 16 jaar het Daniël saam met sy 3 vriende Sadrag, Mesag en Abednego toegewyd teenoor die Here geleef en hulle gebedslewe was deel daarvan. Ons lees in Daniël 6:10 dat Daniël 3 keer op ʼn dag gebid het. Daarvoor was hy tot die dood veroordeel en in die leeukuil gegooi. Steeds was Daniël getrou en bid dat die Here die bekke van die leeus sal sluit. Daniël was iemand wat soveel integriteit gehad het dat hy nooit van sy goeie gewoonte om gereeld te bid wou afsien nie. Al het hy in ʼn vreemde land gewoon. Sy gebedslewe was vir hom te belangrik. Hy het hom in ʼn vreemde land waar ander gode aanbid is nie laat intimideer nie. Hy het getrou bly bid, maak nie saak wat die gevolge sou wees nie. Dit was nie vir hom belangrik of mense hom gesien het of nie. Hy het altyd geweet – sy verhouding met God was essensieel.

Toe ek weer die gedeelte lees, toe dink ek aan gemeenteleiers en dominees. As hulle maar geweet het hoe belangrike rol hulle gebedsintegriteit in hulle bediening speel. Gebed gaan oor jou verhouding en toegewydheid aan God, en jou lewe na buite is die bewys of jy gebed ernstig opneem. Lidmate en mense weet(sien/ervaar) of jy ʼn toegewyde gebedslewe het. Dit wys – jy kan dit nie wegsteek nie!!!! Die vrug van ʼn mens se gebedslewe is sigbaar in jou gesindheid, prediking en prioriteite. Die Gees van die Christus het ʼn manier om ons hele lewe, ons verhoudinge met ander en ons ingesteldheid teenoor die lewe deur gebed te verander.

By Daniël het die vrugte van sy gebedslewe duidelik vertoon. Dit het hom aan die een kant geestelik sterk gemaak sodat hy die swaar oomblikke toe sy lewe selfs bedreig was kon bly vertrou. As Daniël in die leeukuil gegooi word kry hy nie ʼn paniekaanval of ʼn gevoel van onsekerheid nie. Hy doen wat so deel van sy lewe is. Hy bid! Hierdie gebedsdissipline van hom help hom om die krisis oor sy pad te hanteer.
Andersyds was daar ook ʼn direkte verband aan Daniël se gebedslewe en sy openbare lewe. Sy getrouheid in sy gebedslewe kon deur almal gesien word. Hy kon dit nie wegsteek nie. Sy integriteit om God te dien was sigbaar. Die eer van God was vir hom belangrikker as om die guns van sy nuwe koning te wen. Dis ironies dat dit juis sy integriteit- om getrou te wees aan God, en om respek te hê vir mense om hom, wat hom die guns van die heidense koning laat wen het.

Miskien moet ons as volgelinge van Christus, leiers van gemeentes en predikante nie verby die eenvoudige boodskap kyk nie. Ons preek, en praat baie met lidmate oor hulle geloofslewe, maar miskien is dit nou die tyd om oor jou eie geloofslewe te dink. Het jy integriteit in jou gebedslewe. Veral in ʼn tyd van die jaar waar alle organisatoriese dinge jou kan opslurp?
As jy aan God getrou is, sal jy ook ʼn mens wees op wie ander op elke terrein van die samelewing peil kan trek. ʼn Lewenswyse van integriteit begin by getrouheid aan God.

ʼn Voorspoedige en toegewyde 2010 vir elkeen!!

Quintus
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Hoekom die Here hul gemeente geseën het!!

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir dominees

Met Communitas se onlangse ringstoer het ons verskeie ringe en gemeentes besoek  om te luister na die beweging van die Gees in die kerk. Ons wou die spore van die Here se werk in gemeentes probeer raaksien. Sonder om self  te praat en raad te gee,  het ons net gaan luister!  Geluister na gemeentes se stories, hul frustrasies en behoeftes.  Ons het op ongelooflike stories afgekom waar die Here gemeentes aan die beweeg gebring het.  Ons was elke keer verstom oor hoe die Here op ander maniere werk as wat ons normaal verwag het dat dit sou gebeur.  Met elke besoek was daar verskeie verteenwoordigers van ringe en gemeentelede. Een van die vrae wat ons gevra het was : Wat het die afgelope 3 jaar positief in jou gemeente gebeur?

Ons was natuurlik verstom oor al die stories, maar daar is een storie wat my ongesiens 'n knop in die keel gegee het en met dankbaarheid gevul het. Miskien was dit ook die aangrypende opregtheid en eenvoud waarmee die storie vertel is. 'n  Vrou  in my groep het vertel hoe die Here hulle gemeente seën en het verskeie stories vertel om dit te bevestig. Op my vraag wat die rede vir die geestelike oplewing in hul gemeente sou wees, het sy geantwoord:

" Ons het in ons gemeente 'n drastiese besluit geneem om vir die predikante te bid en het vir lank weekliks bymekaar gekom met die een doel : Ons bid net vir ons predikante . Daar het alles begin......."

Mag die Heilige Gees bidders vir jou gemeente stuur!

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Dominee en gebed

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Vir dominees

In my swerftogte deur ou stowwerige boekwinkels het ek op ’n stadium op die boekie “Power Through Prayer” van E M Bounds afgekom. Op daardie stadium het die naam Bounds niks vir my beteken nie en nog minder die titel – want het ek gedink – “die krag van gebed” is die titel van elke tweede boek oor gebed! ( Min het ek geweet dat ek later sou besef dat Bounds ( 1835-1913) vele geseënde boeke oor gebed geskryf het – daaroor op ’n ander stadium meer).

Wat my egtergetref het in die boekie en my genoop het om dit te koop was die ou skewe stukkie papier wat voor in geplak was met die volgende inskripsie :

“ Dear Gerrie

I am sending you a little book for Xmas. I hope you will get a great, deep blessing from its pages. I have always longed for you to be the preacher described in it. “The praying preacher” May God make you a power for His Church through Prayer.

Susan”

Die woorde het my skielik so geraak dat ek eers moes sit en daaroor dink. Kan dit wees dat ek ’n dominee is wat verwag dat die Here kragtig deur my moet werk – sonder dat ek werklik ‘n gebedslewe het ? Hoe behoort die gebedslewe van ’n dominee te lyk?

Ek onthou dat een van my dosentealtyd geweldig klem daarop gelê het dat ‘n predikant sonder gebed soos ’n motor sonder brandstof is. Hy word ’n motor genoem, hy het al die eienskappe van ’n motor , maar kan niemand iewers heen vervoer nie. Ek onthou dat hy altyd klem daarop gelê het dat gebeddie werk van ’n predikant is. Dit is sy opdrag om te bid. Hy moetvir elke lidmaat by die naam bid , nie net in hulle teenwoordigheid nie , maar ookin sy eie persoonlike gebedstyd. Toe het ek besef dat my motor nie baie vinnig beweeg nie en soms sommer heeltemal gaan staan!

Ja – vandag dink ek dat gebed te min aandag kry in die opleiding van predikante, want in die etiek van Geesinkis gebed as een van die asketiese dissiplines behandel . In Karl Barth se Dogmatiek word gebed as een van die loci hanteer.

Ek wonder soms wat het gemaak dat dit later nie meer gebeur het nie , dat dit verlore geraak het. Ek wonder ook of predikante weet watter krag en seën daar in gebed is.

.....Het Gerrie “the praying preacher” geword en God se volle krag deur sy gebedslewe ervaar?

 

Quintus

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar