Druk
PDF

Gebed vir besige mense

Geskryf deur Frederick on . Posted in Gebed - Gebede

'n Mooi gebed vir besige mense
Here, ons het 'n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.
Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, voel ons ons móét te alle tye:
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees.
Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!
Vandag wil ek sommer net by U kom rus
En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak
En die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is…
Maak asseblief huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.
In Jesus naam vra ek dit.
Amen

Gebed oorspronklik geplaas by Drakenstein Gemeente se webblad. Gaan kyk gerus na Drakenstein se mooi nuwe webblad Drakenstein is deel van die groeiende Communitas Webgemeenskap

AddThis Social Bookmark Button

Kommentaar  

 
#DsJimi le Roux2011-07-26 09:23
Gebed vir diegene wat nie groot bidders is nie
Jimi le Roux | 7 Nov 2010

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Romeine 8:26-27.

Vader
soos so dikwels voel ek leeg
sonder baie woorde om te bid
maar
ek het U lief
en geniet die stilte hier by U
O Gees
kom lees my hart
en ken my gedagtes
vind my gebede daar
my lof my lief
my leed my ly
my skuld en smet
my ekkigheid
en maak dit my gebed
en bid volmaak vir my
u eie woordelose sug
in u perfekte wil
in Jesus Naam
Amen
Reply| Reply with quote | Quote
 

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar