Oor Quintus
Ek is baie betrokke by Communitas en veral by die Sinodale Kommissie vir Gemeentebegeleiding. Die daaglikse nuwe perspektiewe oor gemeentewees en lidmaatwees is ʼn ontdekkingstog wat my gefassineerd besig hou. Om in hierdie tyd deel van die kerk te kan wees, is ʼn voorreg en avontuur !!!
My gawes is o.a. navorsing; organisering; toerusting en motivering van mense. My passie is die kerk van Christus in ʼn verskeidenheid van fasette: Die gelowige in sy wandel met God – sy gebedslewe, die gemeentebediening en die kerkreg. Ek het my bediening in Pionierspark, Windhoek begin, daarna het ek die gemeentes Falcon Ridge(Sonlandpark) en Prince Alfred’s Hamlet bedien. Vir die afgelope 7.5 jaar bedien ek Parke Gemeente.
Met hierdie Gebed – en Spiritualiteitssblog, probeer ek nadenke oor die gelowige se gebedslewe en sy wandel voor God aanmoedig. As daar een saak is waar sonder geen kind van die Here kan leef nie, is dit gebed. Gebed en spiritualiteit omvat jou hele lewenswandel voor die Here. Ek bid dat die blog mense sal motiveer om nie net na te dink oor hulle gebedswandel voor die Here nie, maar dat dit sal bydrae om ʼn lewende gebedskultuur in gemeentes en in gelowiges se lewens te vestig!
Die kroon van my lewe is natuurlik my gesin, wat my daagliks die waarde van omgee en liefde leer. Ek is getroud met Riélle en het twee dogters Gardielle en Karli. My belangstellings is om na interessante en onbekende plekke te reis, navorsing oor enige denkbare saak wat my fassineer te doen, gereeld die teater te besoek, verskeie genres van musiek te waardeer en om in ons tent uit te kamp!! En die lekkerste is dat my gesin die meeste van my passies deel!
Quintus Heine kan gekontak word by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
| < Vorige |
|---|




