Druk
PDF

Verhoudings is die sleutel

on . Posted in Gemeenteprosesse - Advent

20ste Adventverhaal van Hoop - 18 Desember 2008
Die Here het vanjaar nuwe passie gegee vir die bediening van kinders. Nuwe energie en passie het na vore gekom en kinders het byna hulle ouers begin smeek om  saam met hulle kerk toe te kom in ons klein boerdery gemeenskap. Toe ontstaan daar ‘n konflik oor die tye van eredienste en die kategese wat dreig om die inisiatiewe te kelder.

In ‘n gesprek een aand, noem iemand dat verhoudingsgerigte bediening aan kinders nie verstaan moet word as ‘n middel tot ‘n doel nie, maar as die doel self. Ons moet eintlik maar net een ding doen en dit is om verhoudings te bou met die kinders in ons gemeente.

Skielik het alles in plek begin val toe ons met hierdie eenvoudige waarheid begin werk het. Dit is nou ‘n paar maande later en ons het ‘n wonderlike reëling wat in alle opsigte beter werk as die verlede.

AddThis Social Bookmark Button

Kommentaar  

 
#KURSUSSE IN PERSOONLIKE- / HUWELIKSVERRYKING IN PRETORIA OMGEWING OF GRATIS OP INTERNET??Besoeker2009-04-12 17:52
Ek is sopas, na 'n mislukte huwelik van bykans 28 jaar en 'n kortstondige verhouding wat weens verskeie interpersoonlike probleme skipbreuk gelei het, uit laaste verhouding.

Ek het iemand werklik spesiaals ontmoed - iemand wat werklik blyk om my ideale lewensmaat te wees; sy voeldoen aan verskeie kriteria wat ek in 'n Christen lewensmaat stel - iets wat beide vorige maats nie aan voldoen het nie.

Ek wil baie graag ons verhouding, in die hoop om eendag met die eg aan haar verbind te wees, bou. Beide ons is baie skrikkerig; ek weens my vorige verhoudings wat skikbreuk gelei het en sy as weduwee wat haar man 16 maande gelede aan die dood moes afstaan (sy was baie lief vir hom - beide wedergebore Christene).

Is daar iewers 'n gemeente wat kursusse aanbied of is daar moontlik e-kursusse op internet wat ons kan gebruik?

En, is daar iewers Bybelstudie materiaal (boeke of e-materiaal) wat spesifiek gebruik kan word wat handel oor God in 'n ernstige verhouding/huweliksverhoudings?

Baie dankie

Johann
Reply| Reply with quote | Quote
 
 
#Probleem met negatiewe eggenootBesoeker2009-05-04 11:59
Vir die afgelope drie weke baklei ek en my man verskriklik oor die simpelste dinge. Mxit is een van die groot oorsake van die hele gedoen.

Hy slaap in die tyd op die bank en my seun (13) moet langs my op die bed slaap wat verkeerd is.

Ek het gister tot die besef gekom om my probleme na God te gee, en God het my rustig gemaak binne myself.

Nou gaan hy nogsteeds aan en se aanhoudend dat hy my haat en bitter spyt is dat ons 5 jaar terug getroud is. Hy haat almal en alles inkluis homself en se dat die duiwel bestaan en nie God nie.

Ek het dringend hulp nodig aangesien ek nie my huwelik wil opgee nie, want ek is tog lief vir Albert en hy wil niks weet nie.

Enige hulp sal waardeer word.

Baie dankie

Marne
Reply| Reply with quote | Quote
 

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar