Nuusflitse

My storie – Ons storie – Dié Storie / My Story – Our story – The Story

Ons nooi julle na die Winterskool  wat vanaf 5-7 Junie in Stellenbosch aangebied word. Hoewel die fokus in `n sekere sin op leraars val, glo ons dat baie van ons lidmate ook sal belangstel en baat vind by baie van die onderwerpe wat bespreek gaan word.
Die hooftema is: My storie – Ons storie – Dié Storie. Hoe verhaal van Jesus ons help om sin te maak van ons eie verhale en ons gemeenskaplike verhale. Ons drie hoofsprekers is:
• Vader Peter-John Pearson
• Dr Frank Chikane
• Prof Stephan Joubert

Lees meer...

Retraite

Gelei deur Willem Nicol

Tema: Die lewe in ’n nuwe kragveld - 11-13 Mei

Ons stel ons oop vir ’n dieper begrip en intenser ervaring van Paulus se boodskap oor die nuwe lewe. ’n Mate van stilte en ’n bietjie gesels. ’n Klompie aandag aan die liggaam. Luistermusiek en sang. Brood en wyn. En dan telkens weer Skrifgedeeltes wat aan ons harte raak.

Lees meer...

US Teologie: Gereformeerde Kerke in SA en Geregtigheid

Die US Fakulteit Teologie bied van 14 tot 16 Mei ’n konferensie aan oor die tema: Die gereformeerde kerke in Suid-Afrika en die stryd om geregtigheid: 1960-1990 onthou. Voorstelle word ingewag vir referate oor die tema. Referate kan handel oor die “onthou” van figure (insluitend apartheidsteoloë, hervormers en andersdenkendes), gebeure, kerklike en ekumeniese dokumente, praktyke en (teologiese) temas. Indien jy belangstel om ’n referaat te lewer, kan jy ’n kort abstrak van sowat 150 woorde stuur aan Robert Vosloo by voor 15 Februarie. Besoek http://academic.sun.ac.za/theology/1960-1990/ vir volledige inligting.

 

VBO_2012

Laai die VBO boekie vir 2012 in pdf formaat aan die onderkant van hierdie artikel af, of net die lys van kursusse in Word formaat.

Dit is ook in jpeg formaat gelaai om dit op die web self te lees.

Lees meer...
Druk

Boksies

Geskryf deur Fourie Rossouw. Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darem regtig nie soos ‘n dominee nie. Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het.

‘n Mens noem hierdie verwagtings: stereotipes. Prentjies klink egter beter. Boksies selfs nog meer.

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Verder geluister: Romeine 8:22-27

Geskryf deur Marius Nel. Posted in Preekstudies - Verder geluister

Ons diepste Hoop

In Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele en gelowiges oorbly.  As ons só begin glo en hoop het, moet ons uit Romeine ontdek dat ons Hoop groter is as wat ons gedink het!  God sal naamlik ook die skepping (vers 21) en ons liggame red en vernuwe (vers 23).

Die kern van ons hoop as Christene is geanker in die opstanding van Jesus.  Ons diepste hoop is dat wat God vir Jesus gedoen het, Hy ook vir ons én die kosmos sal doen.  Daarom bely ons na aanleiding van Jesus se liggaamlike opstanding en sy hemelvaart dat God nie net ons siele sal red nie, maar ook ons liggame, en dat Hy ons nie vanuit hierdie wêreld sal red nie.  Jesus het immers nie gevlug uit die wêreld nie, maar is eerder aangestel as regeerder daaroor deur sy Vader (Hy sit aan sy regterhand).  Christene se verwagting op grond van Christus se oorwinning is dat God die ganse skepping van die gebrokenheid en sterflikheid sal bevry (vers 21, 23).  God gaan die fisiese wêreld nuut maak en herstel - en nie vernietig nie.  Vers 23 verklaar byvoorbeeld dat ons ook wag om die redding van ons liggame (Grieks - sōmatos) deurdat ons liggame getransformeer sal word om soos die opstandingsliggaam van Jesus te wees.

Hoe leef ons met dié hoop volgens Romeine 8:18-30?  Die vreemde is dat dit 'n onverwagte ding aan ons doen.  Dit laat ons sug.  Ons sug nie omdat ons hoop verloor het nie, maar eerder omdat ons hoop het!  Juis ons ervaring van die verlossing in Christus laat ons méér sug.  Nie net ons alleen nie, maar ook die skepping en die Gees.  Romeine 8:22-27 bestaan uit 'n spreekkoor van versugtinge deur die Skepping, gelowiges en die Gees.  Die skepping sug om nuutgemaak te word (vers 22), en om bevry te word van die verganklikheid waaraan dit onderwerp is (vers 20-21).  Aardbewings, natuurrampe en storms is dus vir Paulus niks anders as die aarde se geboortepyne nie.

Gelowiges sug om die dag dat God aan die wêreld bekend sal maak dat ons sy kinders is, en dat ons finaal vrygemaak word van die (vers 23).  Ons sug innerlik - wat op 'n bepaalde lewenswyse dui van afwagting.  Waarom sug ons só?  Omdat ons 'n voorsmaak (letterlik aparche - Louw & Nida) gekry het van die heerlikheid wat God vir ons voorberei het.  Die voorsmaak maak ons ongeduldig om die voleinding.

Die gedagte van 'n voorsmaak of aparche stam uit die offerdiens van Israel waarvolgens die eerste vrugte (die aparche) van die oes aan die Here behoort het, en daarom ook as 'n offer aan die Here gegee moes word.  Die offer het gedien as teken dat die hele oes eintlik aan die Here behoort, asook dat die volle oes ingesamel sal word.  Die eerste vrug verteenwoordig dus die geheel.  In die nuwe era van die Heilige Gees is dit egter nie meer ons wat die offer aan God bring nie, maar God wat sy eerstelingoffer aan ons gee.  Die Gees is aan ons gegee as aparche (Rom. 8:23): as eerste vrug (voorsmaak) van die toekomstige eeu; en as die waarborg dat ons die volle erfenis saam met Christus sal beërwe.

Die Gees sug ook namens ons omdat ons nie weet hoe diep ons moet sug nie!  Hy staan ons by omdat ons nie werklik weet waarvoor en hoe om te bid nie.  Ons is woordloos.  Daarom sug die Gees saam met ons (vers 26).

Paulus herinner ons om te volhard in die hede in die hoop op God se toekoms (vers 25) en nie te dink dat ons reeds alles ontvang het nie - ons hoop immers nie bloot op dit wat ons reeds het nie (vers 24).

 


 

SEISOEN VAN LUISTER - 7 Mei 2012 – Pinksterfees – Romeine 8:22-27

Romeine8_22-27In Familietyd word gewerk met die hoop wat in die plant van appelsaad opgesluit lê. Dit gee ‘n brug na die Romeine teksgedeelte waar by die sug oor die lewe aangesluit word. Dié sug is egter een wat met ‘n ongeduldige hoop werk, ‘n verlange na ‘n nuwe toekoms wat die Gees met Pinkster in die seuns en dogters van God aansteek. Dit maak dat ons uit pas uit is met die wêreld se feesvierings wat meer werk met ontvlugting van die werklikheid as met die verandering daarvan. Ons wil in pas kom met God se werklikheid, God se beloftes, en God se toekoms wat alles nuut wil maak. Daarom vermy ons nie dié sug nie, want ons weet dat daar hoop en energie in is, dat waarmee God besig is, nuwe en ware lewe gaan bring. Dit laat ons soek na waar God rééds aan die werk is, eerder as dat ons ons eie planne maak. Inteendeel, ons toets doelbewus ons eie planne en idees om agter te kom of dit die sug en werk van God se Gees verteenwoordig, en of dit ons help om Jesus te volg en die Gees te gehoorsaam in die hoop van ‘n nuwe toekoms.

Romeine 8:22-27.ppt807 KBMay 12, 2012 10:19Download
Romeine 8:22-27.pptx649.91 KBMay 12, 2012 10:18Download
Romeine 8:22-27.doc123 KBMay 12, 2012 10:17Download

 


 

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean

Geskryf deur Webmeester Communitas. Posted in Jeug en familie - Algemeen

In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic Deism
AddThis Social Bookmark Button
Druk

Ouerskap of opvoeding?

Geskryf deur Gielie Loubser. Posted in Positiewe Ouerskap - Ouerskap

Ouerskap gaan oor goeie verhoudings.
Miskien is deel van ons probleem oor positiewe ouerskap juis die term “ouerskap”. Die term plaas al die interaksie wat daar is tussen ouer en kind outomaties as iets van die ouer na die kind. Ouerskap is daarom alleen die verantwoordelikheid van die ouer(s).
Ek wonder of ’n beter term nie “opvoeding” is nie.

AddThis Social Bookmark Button
Druk

Is Positiewe Ouerskap negatief?

Geskryf deur Gielie Loubser. Posted in Jeug en familie - Algemeen

Kommentaar op 'n artikel in een van ons Christelike tydskrifte?

In een van die nuutste Christelike tydskrifte op die rak skryf een van die voorste ouerskap-kenners se man die volgende paar sinne en ek haal aan: “Ek en (sy vrou se naam) is nie mal oor “positiewe ouerskap” nie. Dit is nou die skool van kinderopvoeding wat aanbeveel dat kinders nie vir verkeerde gedrag gestraf moet word nie en nooit die woord “nee” moet beleef nie. Ek weet dit klink onsinnig maar baie Christen-ouers volg hierdie benadering. ’n Mens sou reken Christene weet dat ons kinders (net soos ons) in sonde gebore is en dat verkeerde gedrag konsekwent gestraf moet word, terwyl regte gedrag soms beloon kan word. Die woord nee het nog nooit iemand se gees geknak nie en ’n rebelse kind behoort hom of haar teen ferm grense en ernstige gevolge vas te loop. Dit is hoe God met sy kinders werk.”

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar