Nuusflitse

Draai na God en Bid / Turn 2 God in Prayer

Vroue in die Kaapse Skiereiland word opgeroep tot 'n spesiale interkerklike Gebedsgeleentheid wat deur die Sinodale Kommissie vir Vrouelidmate gereël word.  Dit vind plaas by die NG Kerk Kuilsrivier in Voortrekkerweg van 15h00 – 16h30 op Sondag 2 Augustus.  Dr Elna Mouton lewer ‘n kort boodskap.  Die fokus van die geleentheid is gebed en lofprysing. Gratis plakkate vir bekendstelling van die geleentheid kan by Esther aangevra word by 021-957 7190.

Lees meer...

Ringskommissies en die Luister-Seisoen

Ringskommissies het op Maandag 8 Junie saam met Communitas spanlede en Wilhelm Burger van die Seisoen van Luister koppe bymekaar gesit om die komende Ringsittings te beplan. 5 Ringskommissies was verteenwoordig (Wynberg s'n op foto hiernaas).  Idees is uitgeruil oor die beplanning van Ringsittings sodat dit ruimte maak vir die bou van onderlinge verhoudings, Wandel in die Woord, die bewegings van die Gees en 'n gerigtheid op die Koninkryk. Na afloop van die Ringsittings sal hulle evalueer en verder gesprek te voer oor die taak en rol van Ringe. Die Seisoen van Luister is as riglyn gebruik en daar is gekyk oor hoe die verskillende bewegings en stasies van die Luistersiklus Ringsittings kan verryk. Ringskommissies wat belangstel in die verslag of wat in die toekoms wil deelneem, kan vir Wilhelm Burger kontak by jwburger@overnet.co.za. of dit hier aflaai

Inspirerende Handelinge en Missionêre Gemeentes Konferensie

'n Aantal gemeentes het ons genader om 'n "40dae met Handelinge program" vir gemeentes te ontwikkel. Johann du Plessis johdup@netactive.co.za (021 9761185 & 084 2197903) van Kenridge gemeente in Durbanville is reeds besig om so 'n program te ontwikkel. Gemeentes wat hierin belangstel, kan hom kontak. Ons soek gemeentes wat die program in die derde kwartaal in die gemeente wil uittoets. Laat weet asb vir Johann.  Weltevredenpark gemeente in Roodepoort het al vir 'n hele jaar lank gewandel in die Handelinge boek as deel van hulle gestuurde proses.   Kontak vir Nelus Niemandt by nelus.niemandt@up.ac.za of Kobus Sandenberg kobus@ngweltevreden.co.za vir meer inligting. Indien daar ander gemeentes is wat reeds so 'n program ontwikkel het, laat asb. van julle weet, sodat ons ander by julle kan leer.

’n Oplossing vir Tiener byeenkomste : Fuel 1.1

Vir jare weet ons Tieners bly die moeilikste mark om materiaal voor te skep. Die Jeugkantoor het een produk wat kan help. Lifeway, ’n wonderlike reeks wat in SA kan werk.
"FUEL" ’n pakket met 3 CD's en 2 DVD's verskaf 12 byeenkomste elk met 3 verskillende produkte: 1."The spark", professionele video snit as inleiding. 2."Fanning the Flame" ‘n sessie wat tieners self aanbied. 3. "Combustion" - die Bybel storie deur ’n teoloog aangebied. ’n Stel bestaan uit 3 CD’s en 2 DVD’s. Aankoop prys $149.95, maar ons het die regte bekom om dit vir R300 (posgeld uitgesluit) te verkoop in Suid-Afrika.Reaksie: "Fuel = ‘n uitstekende produk! Is daar ‘n vooruitsig dat die res van die Fuel-reeks bekom kan word?"  Kontak Jeugkantoor 021/957 7199 of jeug@kaapkerk.co.za

NUUTSTE  NOUS  DVD - [uit] sien  Nous logo

Papiervliegtuig (Psalm 8) sê dit is in die teenwoordigheid van die Grootheid van God dat ons vlerke kry, dat ons nuut sal leer speel, omdat die Een voor wie ons speel, ons laat vlieg!

Wyn (Joh 2:1-11) - met die water wat in wyn verander het, het 'n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. God maak ons vry van verleentheid en neem ons in die rigting van vreugde.      Koste:  R30 plus posgeld en verpakking.  (Hoër dupliseringskoste noodsaak R5 styging in prys)

Bestel by die Jeugkantoor, 021/957 7199 of e-pos jeug@kaapkerk.co.za 

Herwin Hoop Re-cycle  Hope

Verantwoordelike Vernuwing 2009 Stellenberg 25-26 Augustus 2009 - Ons is besig om ons greep op Hoop te verloor in Suid-Afrika. Gemeentes kan hieraan 'n enorme verskil maak, maar dan moet ons bereid wees om reguit en eerlik met mekaar te praat. Ons gaan reguit praat oor geweld- slagoffers gaan hulle verhaal vertel en kenners gaan ons help om te verstaan hoekom ons in SA mense doodmaak vir 'n selfoon. Ons gaan reguit praat oor die onderwys en hoe gemeentes vennootskappe met skole kan vorm.  Ons gaan reguit praat oor die uitdagings van die ekonomie en hoe gemeentes mense kan help om hulle hoop uit armoede te herwin.  Bring gemeenteleiers, sakeleiers, onderwysers, vakbondlede, Stadsraadslede en lede van die polisieforum saam wat bereid is om uitgedaag te word om te kies vir HOOP.

Inskrywings besonderhede en meer detail oor die program volg binnekort

Die Lewenstransformerende Reeks  - ’n Reis in geloofsvorming

Die Lewenstransformerende Reeks is ’n interaktiewe proses wat gelowiges begelei tot die vorming van egte Christen gemeenskap, en doelbewus tyd en ruimte skep vir die werking van die Gees om die karakter van Christus in die lewe van gelowiges te vorm. Die proses behels die transformasie van die hele persoon i.t.v. gedagtes, gedrag en wyse van interaksie met God en andere. Die proses is bedoel om uit te loop op ’n lewe van diens aan andere en getuienis vir Jesus Christus. Johan Kotze is die skrywer hiervan wat tans in 'n hele aantal gemeentes uitgetoets word.  Indien julle gemeente belangstel om deel te neem hieraan kontak Johan gerus by jkotze@kingsley.co.za of Divine by 021-8083265 of dr@sun.ac.za Die bestelvorm kan hier afgelaai word

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Om hierdie maalpaal te vier beplan die Vennootskap in samewerking met Helderberg gemeente 'n konferensie van 9-11 November. Daar gaan aan die hand van die ervaring van gemeentes wat oor die afgelope 5 jaar toenemend begin fokus het op die uitleef van hulle gestuurde roeping gefokus word op Gestuurde Verhale, -patrone, - gewoontes en - innoverings.  Gemeentes wat deel is van die Vennootskap en ander wat dit oorweeg om deel te word of kan identifiseer met die gestuurde visie, is welkom om die konferensie by te woon. Dagboek gerus nou reeds die datum. Inskrywings inligting sal eersdaags bekendgemaak word.

Almal hou van “bargains”. Dis lekker om vir iemand te vertel dat jy iets gekry het teen goedkoper as die aanvanklike prys. Party mense ry selfs kilometers agter hulle bargains aan. ‘n Vriend merk eendag op: ’n Mens kan jou bankrot koop aan bargains!

’n Groot deel van ons rol as geestelike leiers is om mense te help met verandering. Ons wil immers mense help om te verstaan waarmee God besig is, en hulle help om daarby in te val. Ons wil hulle help met geestelike groei. Dis alles verandering. Waarmee ons nie altyd rekening hou nie, is die prys wat ons self moet betaal. In die proses om ander te help verander, gebeur daar verandering in onsself ook. Ook ons moet verander om by die nuwe werklikheid te pas. Ons moet groei in leierskap om die volgende vlak te hanteer. En dit het ’n prys. Jesus het gewaarsku:

“Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.” (Lukas 14:28-29)

Geestelike leiers moet waak om nie die verkeerde prys te betaal nie.

Lees meer...

Die geleentheid het opgeduik om met genadegeld iets te doen in die Ring. Ons dink toe aan alles wat in die onderskeie gemeentes aan die gang is en hoe ons iets saam kan aanpak. Dis toe dat die idee opduik om eerder iets saam met die VGK aan te pak. Maar wat? Ons is geografies nie so na aan mekaar dat ons saam in een of twee dorpe ‘n sopkombuis of iets dergliks kan aanpak nie. Tog is daar al soveel saam ervaar; die retreats, konferensie by Goudini, gesamentlike Ringsitting, ens. Met al die moratoruims en ander invloede in die lug besluit ons op ‘n toer. ‘n Toer wat sommer gaan oor gedeelte ervarings, kuier en gewoon net algemene tyd in mekaar se geselskap. Tyd anderkant agendas en onpersoonlike standpunte. Siedaar ‘n heerlike toer ontsluit!

Lees meer...

Hoe oordeel jy of jy en die geloofsgemeenskap met die regte goed besig is?

Vra die vraag: Sê nou maar ons het net een maand om te leef. Dertig dae.

Wat sal ons anders doen? Wat sal ons meer doen? Wat sal ons beter doen? Wat sal ons los?

Gedurende Pinkster het ek met hierdie vraag geloop. Dis die vraag waarmee Kerry Shook sy leierspan gehelp het om met die filter van dertig dae te worstel oor wat werklik belangrik is in hulle gemeente sowel as persoonlike lewe. Hulle moes joernaal hou oor watter keuses hulle maak.

Lees meer hier.

Ons het by Cedarberg 2009 verskeie gesprekke gehad oor plattelandse gemeentes en die unieke gawes van hierdie gemeentes wat gevier moet word. Te dikwels word daar net negatief oor plattelandse gemeentes gepraat. Dit skep 'n onnodige negatiewe selfbeeld en perspesie van hierdie gemeentes. In baie opsigte moes hulle die meeste aanpas in die transformasie wat ons land die afgelope 15 jaar deurgaan.  Hulle moes aanpas by baie uitdagende demografiese veranderinge. Van die armste en mees kwesbare mense in ons land leef in die platteland en word deur hierdie gemeentes bedien. Terselfdertyd moes sommige van hierdie gemeentes leer om sonder 'n voltydse leraar gemeente te wees, en het hulle dit reggekry.  Ons kan almal baie by hulle leer.

Dalk het jy grootgeword in 'n plattelandse gemeente en jou eerste geloofstree daar gegee. Dalk is jy 'n leier in 'n gemeente in die platteland of het jy as dominee in die platteland gedien.  Dalk het jy net 'n verhaal oor wat gemeentes in die platteland doen wat jy met ons wil deel?

Stuur asb jou bydrae van 'n paragraaf of twee aan Frederick Marais by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien om plaas dit graag op die webblad

Verantwoordelike Vernuwing 2009 se program is gefinaliseer

Lees meer...