'n Netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en die NGK Wes- en Suid-Kaapland
Missie:
Communitas begelei gemeentes in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes
Die doel van die netwerk is geleë in die missie van Comunitas:
Communitas is ’n netwerk van kommissies van die VGK Sinode Kaapland en die NG Sinodes Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap wat in lyn met die sinodes se missie, kapasiteit in gemeentes bou sodat gemeentes hulle roeping ontdek en hulle gawes ontsluit
Communitas bou kapasiteit deur begeleidingsdienste soos roepingsontdekking, bedieningsbeplanning ens in lyn met die Sinode en gemeentes se roeping.
Wat 'n lekker site om te browse ... voel regtig of ek met die site die groter prentjie van die kerk hier in die Wes-Kaap kry ... hoef nie te wag vir een of ander aankondiging van iemand nie ... lees sommer net ... Lekker!
www.communitas.co.za
is ‘n kuierplek vir gemeenteleiers wat glo dat gemeentes God se geskenk
aan die wêreld is. Ons ontmoet mekaar hier om ons verhale, drome, vrae
en insigte met mekaar deel. Hier is nie kopiereg nie, ons deel gratis
met mekaar- dit is 'n oop bron wat daagliks groei soos wat ons saam
kuier. Laai na hartelus af en sit met vrymoedigheid by. www.communitas.co.za
is vir mense sonder titels, want is ons almal leerders, dissipels, wat
probeer verstaan wat dit beteken om die roeping wat ons van God ontvang
het, in ons konteks te kan uitleef en die gawes wat Hy aan ons gegee
het te ontsluit.
Ons nooi jou uit: word
deel van hierdie gemeenskap van leerders, maak ‘n bydrae, vertel vir
ons van ‘n boek wat jy gelees het, deel ‘n program wat jy ontwerp het,
of vra die vrae wat jy nie alleen kan antwoord nie.
Det Teologiske Fakultet ved Københavns Universitet, Købmagergade 44-46, København
3 November 2008
Abstract:In this lecture/workshop I would like to start with a short overview of the history and the context in which we have develop facilitative leadership capacity over the past 20 years at Communitas (formerly known as Buvton). Then I will proceed with important practical questions that we should address when we want to develop facilitative capacity in churches and conclude with an overview on the theological and theoretical understandings that we found to be helpful in the development of facilitative leadership.1. Introduction:
I want to thank prof Harald Hagsted and Sabine Steinbeck for the invitation to share some of our experience in South Africa with you. I will do this with humility of someone that knows that we are always learners and never own the truth.
But, when we have the privilege to share our experience with others, we become learners anew. The reality is, when you teach you learn. I will therefore learn more than you, so thank you for the opportunity. My challenge will be to share our experience with you in a very different context. My context is turbulent Southern Africa of the last 2 decades, while your context is the late modern post-Christendom context in the affluent Nordic countries of which I have very limited knowledge. In my preparation I was confronted with these vast differences and will therefore restrain myself to advice you on how you should built facilitative leadership capacity. That is your privilege.
What I will do is to show you from our experience how important it is to build facilitative leadership capacity. I believe this capacity is every important for our churches today as we navigate our way into the realities of the ever changing cultures in which we are called to lead local congregations.
Key questions?
Before I start I would first like to listen to you. What would be the most important question(s) you would like to be addressed (not necessary answered) on the topic of building facilitative leadership capacity. Let me stress that we are all communicating in a second or third language- so please feel free to ask your question in the language you feel comfortable.
In ‘n bekende uitspraak beskryf Lesslie Newbigin gemeentes as die hermeneutic of the gospel (The Gospel in a pluralist society, pp 222vv). Die wyse waarop geloofsgemeenskappe aanwesig is in die wêreld, verklaar en demonstreer van die waarheid van die evangelie.
Dit is die moeite werd om hierdie boek van Newbigin te lees. Daar is ‘n paar van ons aannames wat hy behoorlik onder die loep neem, en wat ons help om die rol van gemeentes in die publieke lewe te verstaan. Ek lig twee uit:
Wat is waarheid? Westerse Christene kan waarheid maklik sien as iets wat rasioneel afgelees kan word uit die Bybel en uit God se openbaring in die skepping. Waarheid word dan iets wat sistematies gelys en opgeskryf kan word. Newbigin wys daarop dat die Christelike geloof sy oorsprong het in die verkondiging van ‘n gesagvolle, geopenbaarde feit. Paulus, byvoorbeeld, is nie die leermeester van ‘n nuwe teologie nie, maar leer ‘n geopenbaarde feit: dat God deur die bediening, sterwe en dood van Jesus Christus gehandel het om Sy doel met die verlossing van die wêreld te verwesenlik. Die kern van ons geloof is die “feit” van Christus - dit wat Jesus publiek gedoen hét.
Die woordjie “publiek” is belangrik. Die gesagvolle evangelie is nie afgestem op ons harte, ons geestelike lewe as die privaat domein van ons lewe nie. Die evangelie is ‘n publieke feit wat vir die hele wêreld, alles, belangrik is. Ons is deel van ‘n historiese, kosmiese drama: God is met hierdie wêreld op pad iewers heen. Ons ontvang die openbaring dat God in Jesus Christus op ‘n beslissende manier met die wêreld handel. Die waarheid in Jesus raak almal, en verskaf aan ons almal die inligting oor die ontknoping van die drama waarvan ons deel is, en in terme waarvan ons ons kompas moet instel.
Dogma is dus nie ‘n stel tydlose waarhede nie, maar ‘n gesagvolle storie, ‘n drama wat om Jesus Christus wentel, en wat nog nie afgehandel is nie.
Boodskap aan die Algemene Diensgroep Gemeente-ontwikkeling
Deur Neels Jackson
21 Oktober 2008
Goeienaand en dankie vir die geleentheid. Ek dink daar is party lidmate wat wens hulle het die geleentheid gehad om ‘n slag vir die dominees te preek.
Ek is vanjaar genooi om by twee geleenthede oor die kerk te praat, en albei kere het die uitnodiging via André Barlow gekom. Die eerste geleentheid was die konferensie oor verantwoordelike vernuwing in Bloemfontein, en hierdie is nou die tweede.
“Kom splash net jou hart oor die kerk,” was sy woorde aan my. En die gedagte, soos ek dit verstaan het, was dat ek maar dieselfde goed by albei geleenthede moet sê. En toe kry ek twee verskillende onderwerpe om oor te praat.
In Bloemfontein was die oorkoepelende tema Jesus en die mall, en my opdrag was om iets oor Die mening van die mall te gaan sê. Dit was ‘n lekker uitdaging, want die mall was so ‘n lekker metafoor wat ek kon uitbou en waardeur ek my gedagtes kon oordra.
Hierdie slag is dit moeiliker. Die tema wat ek gekry het, is Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?
Die eerste ding wat ek gewonder het, is wat word bedoel met die term “kerk”? Is dit die breë Christendom, van die Ortodokse tot die Sioniste, van die Katolieke tot die Charismate? Of is die die NG Kerk? En as dit die NG Kerk is, is dit die sinodale strukture? Is dit dalk spesifiek die algemene diensgroep vir gemeenteontwikkeling, of is dit die gemeentes? Is dit die dominees, of is dit die lidmate?
Maar omdat André vir my gesê het “Kom splash net jou hart oor die kerk”, het ek besluit ek kan dit seker interpreteer soos ek wil. So, verdra my asseblief daarvoor. Ek hoop julle vind in die resultaat iets wat julle kan help.
Ek het baie gewonder oor ‘n teksvers vir my preek. Ek het gedink aan die titel van Jean Goosen se boek “Ons is nie almal so nie”, dalk ‘n bietjie gewysig tot “Ons is nie almal eenders nie”. Ek het gewonder oor die leuse onder ons nuwe landswapen “!ke e: /xarra //ke” (diverse mense verenig). Ek het selfs gedink aan iets uit die Bybel, miskien daardie teks waar die Here Jesus sê: “In die huis van my Vader is daar baie wonings”.
Miskien lê die kern van wat ek wil sê iewers tussen hierdie gedagtes.